Imvuza-Med

Imvuza-Med This page is. Dedicated to all EMS (Emergency Medical Services) personnel. The aim is to support, le

Our goal for this site is to build an ongoing relationship between uniformed personnel (Paramedics, Fire Fighters, Police and Military) and help them to grow spiritual. Our aim is to help traumatized friends "cope" with the effects of trauma in their lives. All money that is raised within this organization goes towards programs that help people deal with trauma (PSTD).

08/11/2025

Review: The Landra Cruzer MN82S — affectionately known as the KalahariWaThere’s something magical about taking a brand-new vehicle, still smelling like facto...

“Die Stil Groet”Dis Woensdagoggend. Die week het al weer sy eie spoed gekry, e-posse, vergaderings, geraas, en die gewon...
28/10/2025

“Die Stil Groet”

Dis Woensdagoggend. Die week het al weer sy eie spoed gekry, e-posse, vergaderings, geraas, en die gewone druk van dinge wat moet gebeur. Voor die supermark staan twee mense stil by die ingang. Nie naby genoeg om te praat nie, maar ook nie ver genoeg om mekaar te ignoreer nie. Hulle was eens vriende, toe gebeur daar iets wat hulle laat ophou praat het.
Woorde het seer gemaak, en stilte het die res gedoen. Maar toe hulle mekaar dié oggend raaksien, het iets in die lig verander. Een van hulle glimlag, nie groot nie, net genoeg om erkenning te gee: “Ek sien jou.” Die ander knik, nie uit trots nie, maar uit vrede.

Dis al. Geen groot gesprek nie. Geen verskoning nie. Net ’n stil groet, en iets van herstel het begin gebeur.

Dis hoe God se liefde werk. Nie altyd in groot gebare nie, maar dikwels in die klein oomblikke waarin mense weer anders kyk. Want Johannes 3:16–17 sê vir ons:

God se liefde oordeel nie, dit red en elke keer as ons weer kies om met liefde te kyk, begin daar iets genees, in ons, en in die wêreld rondom ons.

Refleksievraag vir die week: Wie is daardie een mens in jou lewe na wie jy dalk net weer moet anders kyk, nie met oordeel nie, maar met die oë van God se liefde?

04/09/2024
16/08/2024

Die Kalahari seun moet nou die nat wêreld agterlaat. Ek wag vir my ystervoël om sy verskyning te maak..

Nat, koel aande. Warm bed. Lekker koffie, soet rooi wyn, warm drukkies, vars vrugte en sterk middag etes. Lang gesprekke, koppe bymekaarsit, saam d**k, lag en vrons. Dit is hoe ek, Kalariseun, die twee dae opsom.

Was mooi en lekker, maar dit is nou tyd om die Kaapse "krip" te los en terug te gaan na my stofduin. Dit is tog waar my wortels lê. Ek het bietjie werk wat voorlê.. Al die kennis en nuwe inligting maak 'n mens gewig optel. Dit beteken die pens is groter. Dan moet ons mos natuurlik die stofduin aanpas om dié nuwe, ronde, en gegeurde stofbaber te akkommodeer. Daar is tog voordeel vir die hele Kalahari om die nuwe kennis te ontvang.

Ek hoop dat dit wat die Kalahariseun huis toe bring sal groei en vrugte werp in die Kalahari. Dit sal wonderlik wees om te sien hoe God se Koninkryk groei met die nuwe saad wat geplant gaan word.

Dankie Kaapstad en Wellington. Dit was lekker. Hou maar gerus julle Tiger Sharks vir julle self. Daai goed se tande is wild en maak 'n stofbaber senuagtig as sy visstokke by die huis is. Dankie wel vir die rooivleis, rooiwyn, groente en slaai (hoender is mosi vir ons kalarimanne en maninne vleis nie, dit is slaai). Ons laaik dit. Mag die bietjie rooistof wat ek agterlaat jou nags wakker hou, ja wakker hou sodat jy 'n behoefte sal ontwikkel om vir ons te wil kom kuier. Dan wys ek jou on "Berigte Groot G*t" (wat natuurlik Tafelberg kan insluk) en voer jou regte Skaap tjops. Lief julle almal en dankie vir 'n veilig krip. Shalom!!!!

14/08/2024

05:30 opstaan, stort, vinnige koffie, klim kar voor sussa my wegry. Laai die tweeling by skool af. Tweeling nommer twee gee my 'n pakkie tjips, want sy sien haar pa is HONGER!!! . Ry lughawe toe. Kuier so bietjie by ousus en dan die yster voël klim na Kaapstad.

Terwyl ons wag om te "Board", wat eintlik net beteken ons klim die yster voël, maak ons eers grappies. Iets te doen met 'n p**p en ventelasie in die "cockpit" (wat eintlik die groot yster voël se kop is) en dan 'n vinnige gesprek met 'n regte Engelsman van Engeland. My "Ingels" kort werk. Ons gebruik mosi daai taal ini Kalahari nie.

In die yster voël se maak is daar baie mense, van jonk tot horing oud. Almal gesels tot die voël sulke rukkings maak. Gelukkig kan sy maag nie werk nie. O nee!! , net die blote gedagte maak my kop skud. Ontvang 'n woord van seën van 'n baie gawe man. Ek voel sommer vervris.

Die voël spoeg ons uit in die kaap, amper soos Jona en die vis. Dit is vrek koud, kouer as die Kalahari en baie nat. Vêr stap na Uber toe. Verdwaal, maar word gehelp deur sekuriteit. Seker gesien die stofbaber gaan nie regkom nie.

Ontmoet vir John, my Uber driver. Hy is van Melawi.. Smart ou. Sy kar ruik lekker en is baie skoon. Gesels sommer lekker. Ek is moeg, oë wil toeval, maar ek moet kyk of John weet waar my krip vir die aand is.

By my krip aangekom. Lekker warm koffie. Moedersmelk. Koop medisyne, die boer is siek. Sluk 'n pil en raak sleg op my krip.

Tyd om op te staan. Ontmoet my kolegas. Lekker gekuier. My hart slaap nog, bors brand nog, stem klink soos 'n John deer trekker, maar ons gesels. Kapel en aanbid. Gebruik nagmaal saam met vriende. Eet en terug lokaal toe, nou gaan ons werk.

Dan die vraag. "Waar het jy vandag God beleef". Ek d**k, krap kop, raak stil, praat met my Vader. Kry 'n antwoord.... "Waar was God nie?" God staan sentraal in alles wat ek doen. Daar is nie een enkele oomblik waar GOD nie sigbaar was in my dag nie. Van oë oopmaak tot oë toemaak, GOD is daar.

Vandag is verby, môre is oppad, en ek is opgewonde om te sien hoe God my lewe more gaan verhelder.

Lekker slaap julle uile. Mag jy die sagtheid van God vanaand tasbaar beleef.

Time to fly. Dit is genade van God vir geleenthede soos die. Met dankbaarheid sit ek hier met die wete dat GOD voorsien....
14/08/2024

Time to fly. Dit is genade van God vir geleenthede soos die. Met dankbaarheid sit ek hier met die wete dat GOD voorsien. Aan God alle eer..

Corien Kruger se getuienis. Aangrypend.
04/07/2024

Corien Kruger se getuienis. Aangrypend.

At Cloud Ministries, we believe that sharing our stories is the first step towards bringing people closer together. "What’s Your Story?" is our special progr...

Address

Howie Road
Kimberley
8301

Opening Hours

Monday 19:30 - 20:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Imvuza-Med posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Imvuza-Med:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram