VitalCure Nurse-led Private Clinic

VitalCure Nurse-led Private Clinic A private clinic delivering essential healthcare services to the community, by a passionate professional nurse.

PHELOPHEPA TRAIN IN KLERKSDORP ON 14-18 JULY and 21-25 JULY.Take note of specifics on poster
07/07/2025

PHELOPHEPA TRAIN IN KLERKSDORP ON 14-18 JULY and 21-25 JULY.
Take note of specifics on poster

Dankie Dr. Dr Elri du Preez! 💊ANTIBIOTIKA 💊’n Woord wat ons so sinoniem assosieer met die mediese wêreld, en tog, is die...
08/06/2025

Dankie Dr. Dr Elri du Preez!

💊ANTIBIOTIKA 💊

’n Woord wat ons so sinoniem assosieer met die mediese wêreld, en tog, is die ontdekking daarvan nog nie eers 100 jaar oud nie. 🫢Dit word beraam dat in die 80 jaar van antibiotika se bestaan - dat tussen 400 en 800 miljoen lewens gered is as gevolg daarvan. 🤩

Sedert antibiotika se ontdekking, het mortaliteit van longontsteking met 90% gedaal. Volgens ’n 2010 kliniese studie, het antibiotika ongeveer 2-10 jaar bygevoeg tot lewensverwagting wêreld wyd. Jou lewensverwagting het verbeter die oomblik toe Fleming se brood in die verkeerde bakkie val!🤭

Moet nooit d**k dat een mens nie ’n verskil kan maak nie - ons het al hierdie wonderlike statistieke te danke aan een man - Alexander Fleming!🏆

Winter staan bekend as antibiotika seisoen - vir al die verkeerde redes. Dis nie eintlik logies dat hierdie koue weer seisoen ’n piek behoort te veroorsaak in antibiotika nie - maar tog sien ons dit jaarliks. ❄️Dit maak nie logies sin nie - omdat winter eintlik ’n tyd van virus-piek is. Ek skryf eintlik baie minder antibiotika voor in die winter as die res vd jaar!

🦠Wat maak mense siek?🦠

Mikroörganismes of “kieme” sluit bakterieë, virusse, swamme en protozoa en prions in.

🦠Bakterieë is klein lewende organismes wat in grond, water en selfs ons liggaam voorkom. Bakterieë kan nuttig en goed wees vir ons en help ons om ons kos te verteer, baie antibiotika word deur bakterieë geproduseer!

Daar is sommige wat patogenies en kan siektes veroorsaak, en selfs goeie bakterieë op die verkeerde plek kan probleme veroorsaak. Voorbeelde sluit in Strep pneumonia, syphilis, staphylococcus, Klebsiella, Pseudomonas en E.coli.

🦠Virusse is veels kleiner ‒ dit is mikroskopiese pakkies nie-lewende genetiese materiaal en proteiene wat as parasiete optree - dit kort lewendige selle om te repliseer - en dus kort dit ’n gasheer om voort te spruit. ’n Virus is helemal onaktief op die oppervlak van ’n handvatsel, en aktiveer en repliseer eers in jou liggaam. Griep en varkgriep, verkoue,herpes simplex, masels, HIV is alles voorbeelde van virusse.Antibiotika werk glad nie teen virusse nie.

🦠Swamme is ’n aparte groep mikroörganismes; sommige swamspesies produseer gifstowwe en kan ernstige infeksies veroorsaak. Candida en omlope is ’n voorbeeld.

🦠 kan protozoë (bv. parasiete soos wat malaria veroorsaak) en wurms ook menslike siektes veroorsaak - sekere antibiotika het wel ’n werking hier ook. Daar is ook protein produkte genaamd prions soos eenders gevind in malkoei-siekte (Creutzfeldt-Jacob siekte) wat siekte kan veroorsaak.

💊Wat is ‘n antibiotika?💊
Antibiotika is medisyne wat bakteriële infeksies teiken.

Dit is middels – dikwels deur bakterieë of swamme in die natuur geproduseer – wat ander bakterieë óf doodmaak óf hul groei kelder.

Anders gestel, ‘n antibiotika neutraliseer spesifiek bakterieë. Voorbeelde sluit in penicillien, amoksisillien, kefalosporiene, tetrasikliene, kinolone, ensovoorts.

Belangrik om te weet: antibiotika werk NIE teen virusse nie. Hulle sal verkoue, griep of ander virusinfeksies nie genees nie.

💊Hoe gebruik ons bakterieë vandag?💊

Bakterieë is alles behalwe ‘net sleg’. Ons gebruik bakterieë op verskeie innoverende maniere.

1. Produksie van medisyne en vaksienes: insulien, groei hormone, vaksienes en stol faktore word als deur gemodifiseerde bakterieë vervaardig.
2. Probiotika word geformuleer om dermgesondheid te ondersteun en verskeie derm siektes soos IBS, diarree, antibiotika diarree en IBS te behandel.
3. Bakterioterapie en fekale oorplantings: vir behandeling van C.Diff
4. Genetiese terapie: Bakterieë word gebruik in CRISPR om genetiese ‘editing’ te doen vir genetiese oordraagbare siektes
5. Geteikende kanker behandeling: nuwe studies toon belowende resultate om bakteriee te gebruik om tumor-geteikende behandeling toe te dien.
6. Diagnostiese tools: bakteriële biosensors word gebruik as siekte merkers, identifikasie van gifstowwe.

🔬Ontdekking en geskiedenis🔬

97 jaar gelede het Alexander Fleming ‘n petri-bakkie oop vergeet, en sy broodjie se skimmel het die bakkie gekontamineer. Die volgende oggend het hy gemerk dat die bakterieë in die bakkie aansienlik verminder het. En net so, is antibiotika ontdek!🧫

Die wêreld het vir 10 jaar sy werk uitgelag, tot Chain&Florey in die laat 1930s sy werk begin bestudeer het en massa produksie van broodskimmel geloods het met mieliestroop en spanspekke - dit het pen*sillien in 1941 beskikbaar gemaak. Een jaar later, in 1942, is die eerste weerstandigheid van pen*sillien opgemerk.

Wonderlik genoeg is dit om te weet dat Fleming nooit patentreg geregistreer het op penicillin nie, weens etiese redes het hy gevoel lewensreddende medikasie moet vrylik beskikbaar wees. Geen royalties vir hom of sy gesin nie!

Die afgelope paar jaar het daar nog ’n paar antibiotika en selfs hele klasse bygekom – byvoorbeeld die lassopeptied lariokidien, bekendgestel in 2025, wat bakterieë op ‘n heel nuwe wyse aanval. In 2015 is ‘n antibiotika ontdek wat nog geen bakterieë teen immuun gemerk is nie. 👩‍🔬🥼🧪🧫

🤨Hoe werk antibiotika?🤨

Antibiotika onderbreek belangrike prosesse in bakterieë - byvoorbeeld, baie β-laktam-antibiotika (soos pen*silliene) blok die opbou van die bakteriële selwand. Sonder ‘n sterk selwand bars die bakterieë oop en sterf.

Ander antibiotika mag inmeng met bakterieë se proteïensintese (bv. makroliede, tetrasykliene) of DNA-replikasie (bv. kinolone), wat die bakteriële groei stop.🛑

🌈Klassifikasie en spektrum🌈

Antibiotika word geklassifiseer volgens hul chemiese struktuur en meganisme.

Belangrike groepe sluit in:

* Beta-lactams: Pen*silliene (bv. amoksisillien, penicilin G, augmentin), kefalosporiene (orelox/dynacef, zinnat) en karbapenems. As mens allergies is vir pen*sillien, kan mens kruis-sensitief wees vir die ander ook. ⚠️
* Makroliede: (bv. erytromisien, azitromisien (zithromax)). Word gereeld in gevalle van pen*siliien allergie gebruik - veral vir respiratoriese infeksies en lewer infeksie spesies.
* Tetrasykliene: (bv. doksisiklien) - vermy by kinders jonger as ~8 jaar
* Aminoglikosiede: (bv. gentamisiën). Sterk teen sommige Gram-negatiewe bakterieë; gebruik selde by kinders weens newe-effekte.
* Kinolone (fluorokinolone): (bv. siprofloksasien). Baie breë spektrum; dikwels nie eerste keuse by kinders weens moontlike tendonskade!
* Ander: Sulfonamiede/trimetoprim (Purbac), glikopetiede ens.

Wat beteken ’n nouer en breër spektrum❓

Breëspektrum antibiotika teiken baie verskillende bakterieë. Byvoorbeeld, amoksisillien is breëspektrum – dit vernietig ʼn breër reeks bakterieë as pen*sillien.

Nouer spektrum middels werk net teen sekere spesies bakterieë.

🧐🦠Watter infeksies benodig antibiotika?🦠🧐

Slegs bakteriële infeksies verdien antibiotiese behandeling, plus metronidazole wat sommige protozoal infeksies ook teiken.

Voorbeelde van infeksies wáár antibiotika gewoonlik nodig is, sluit in:

- Streptokokkus-keelinfeksie of bakteriële mangelontsteking
- Kinkhoes (whooping cough)
- Sommige gevalle van longontsteking, langdurige bronchitis of meningitis
- Ernstige vel- of sagteweefselinfeksies soos absesse
- Bakteriële breinvliesontsteking
- Voedselvergifteging
- Pelviese infeksies
- Purulente eensydige middeloorontsteking
- Urienweg infeksie

Daarteenoor is vírusinfeksies soos verkoue, griep en COVID-19 nie vir antibiotika geskik nie - ander voorbeelde sluit in:

- Virale keelinfeksie: laryngitis, pharyngitis, kroep
- Bilaterale Middeloorontsteking (ja… jy het reg gehoor!)
- gewone sinusitis (in eerste week)
- nie-gekompliseerde bronchitis
- …. en die meeste maag- en verkoue virusse verbeter nie met antibiotika nie.

👩🏻‍⚕️🩺So hoe weet my huisdokter of dit ’n virus of ’n bakterie is?👩🏻‍⚕️🩺

Sooooo… meeste van enige diagnose kom uit ’n ordentlike geskiedenis.📝 Praat as jy by jou dokter kom sit, gee al die info wat jy het. 🗣️Mense d**k soms ons moet weet hoekom hulle dokter toe gekom het - en swyg dan soos die graf. Dan gaan my diagnose heeeeel waarskynlik verkeerd wees, al mag ek paar gedagtes hê rondom jou sielkundige toestand!🙊

🤧So, koors en sleg voel plus groen snot beteken nie automaties bakterieë nie.

Op geskiedenis:

1. ’n Baie langdurige siekte proses wat lank aanhou (meer as 7-10 dae)
2. Verergering na aanvanklike verbetering
3. Baie hoë, skielike koors en koue koors is meer algemeen by bakterieë
4. Gelokaliseerde pyn en ongemak + koors = bakterieë. Bv. eensydige oorinfeksie, longe en bors is baie seer en die ander lugweë okay, ’n gelokaliseerde abses of cellulitis, BLAASINFEKSIE!🦠
5. Risiko faktore soos immuunkompromie, onalngse hospitalisasie, bytwonde dra hoë index vir verdagtheid
6. Purulente mucus en sputum (verduideliking volg).

Op kliniese ondersoek:

1. Etter of wit kolle is hoogs verdag vir bakterieë: agter die oordrom, in die keel of mangels, uit die longe, uit ’n abses, vaginale of pe**le afskeiding
2. Baie hoë koors >38.5 of koue koors: baie warm koorse is eenvoudig net meer likely om bakterieël van aard te wees. Daar is uitsonderings, soos Influenza A wat viraal is maar astronomiese hoë koors veroorsaak. Koue koors is ’n teken van sistemiese infeksie!
3. Gelokaliseerd: Infeksie wat veral in een deel val en nie ander nie: geïsoleerde mangelontsteking, geïsoleerde long lob wat krap op stetoskoop, eensydige oor infeksie, ’n gelokaliseerde abses, regter maagpyn van blindedermontsteking.
4. Voedselvergifteging: Verdagte kos + braking binne 4 ure na ete +- diarree met slym of bloed = bakterieë tot anders bewys
5. Vitale tekens - hoë hartspoed en lae bloeddruk is tekens van bakterieële infeksie, asook urienmonster wat infeksie dui

Cheat code: bloede, xstrale

Okay, ek was bederf in die hospitaal setting, must admit. 🙊👩🏻‍⚕️In jou kamers het jy nie die luxury van elke pasient stuur vir bloedtoetse nie - so jy moet maar jou Dokter game bietjie opskerp. 🩺

As jy wel die luxury het, is dit flippen maklik. 🤭🩸

Witseltelling wys neutrophilia
Verhoogde PCT tellings, erg verhoogde CRP
Urien of bloedkwekings kweek bakterieë
Keel of wond swabs kweek bakterieë
Sputum kweek bakterieë

Scans of x-strale wat blindedermontsteking, absesse, ensovoorts wys.

…. en dan sê daardie kwekings nog vir jou watse antibiotika om te gebruik ook. Easy man!🩸🔬

Dit is maar net moeilik om die balans tussen bloedtoetse vir almal en kostes vir bloedtoetse te balanseer, dus probeer GPs luister en kyk wat dit is - sonder bloedtoetse vir elke pasient.

Ongevalle trek bloed in meeste gevalle - dus kom hulle blitsvinnig tot ‘n conclusion. 🩸

🤧🦠🟢So kom ons praat snot. 🤧🦠🟢

Groen snot. Geel snot. Deurskynende snot. Snot. Drip snot, dik snot.
Snotsiekte.

⭕️Deurskynende snot beteken allergie of virale infeksie.
⚪️Wit snot beteken die begin van sinus verstopping.
🟡Geel snot beteken jou immuunstelsel begin veg, gewoonlik viraal, mag bakterieël wees.
🟢Groen snot is ’n gevorderde infeksie, kan ewe waarskynlik viraal of bakterieel wees.

❓So wat is rerig belangrik met snot wat ons ’n indikasie gee?

- Purulente, sleg ruikende snot en mukus.
- Eensydig dreinerende snot of mukus.
- Langdurige 7-10 dae van geelgroen snot.
- Geassossieerde gesig teerheid, swelling van die oë, tandpyn, koors

🦹💊🦠Wat is antimikrobiese weerstand (AMR) in SA?🦹🦠💊

Antimikrobiese weerstand is wanneer bakterieë (of ander mikroörganismes) hulleself verander (byvoorbeeld muteer) sodat hulle nie meer deur sekere antibiotika doodgemaak kan word nie.

👉🏻Eenvoudig gestel: antibiotika word minder doeltreffend weens oorlewing van weerstandige bakterieë. Verkeerde gebruik, wanpraktyk en oormatige toediening van antibiotika is die hoofdrywers van AMR.

🇿🇦In Suid-Afrika dra verskeie faktore by: daar is wydverspreide selfmedikasie en onnodige voorskrifte in die gemeenskap, en kinders en pasiënte voltooi dikwels nie die volle kursus nie. Ons deal ook mos in pille: almal ruil uit onder mekaar 🫢🫩

🐮Ook is antibiotika lank in die landbou sektor gruwelik misbruik: antibitiotika is in voerkrale en veebou gebruik om groei te bevorder (wat ekstra weerstand bevorder), aangesien daar nie ‘n streng verbod op groeipromoveerders in veevoerdery is nie. Voorkoming in die veebou sektor dra ook by tot weerstand.

🧬Verder lei Suid-Afrika se hoë voorkoms van TB en HIV tot gereelde antibiotika- en antimikrobiese gebruik (bv. voorkomend opportunistiese infeksies), wat die druk verhoog dat bakterieë weerstand ontwikkel.

🧼🚽Swak sanitasiestandaarde en onvoldoende infeksiebeheer in hospitale en huise bevorder die verspreiding van weerstandige kieme. Kortom, AMR gebeur wanneer “ou” antibiotika nie meer werk nie en in SA is dit versnel deur oormatige/misbruikte gebruik in gesondheid en landbou.

⚠️Ek het al telkemale in praktyk gesien watse enorme probleem hierdie weerstand kan oplewer, en dit gebeur actually hoor. Sommer met gewone mense! Ons moes al planne beraam in Brits om “kluis-antibiotika” te source vir pasiente wat weerstandig is vir als - behalwe daai laaste linie antibiotika wat erens deur die pous weggesteek word in sy chamber of secrets.🔐🏴‍☠️🪄

Ek maak nou lig daarvan - maar dis een van die vreesaanjaendste goed wat met jou pasiënt kan gebeur - en mens voel magteloos as daardie resistant “R”’e op die kweekresultaat een na die ander te voorskyn kom en jy weet jou pasient se skrif is teen die muur. ✍️

Daar is in 2015 ’n antibiotikum ontwikkel wat blyk om nog nie enige super-bug teë te kom wat hy nie kon kaf draf nie - maar I mean - daardie sal nou gestoor word vir worst case end of the world scenarios. 🧟‍♂️🏚️��By the way - antibiotika weerstand word verwag om die volgende groot kans tot uitwissing van die mensdom te wees. Eye opener né!☠️

EN nog belangriker - dis nie iets wat moontlik eendag dalk kan gebeur nie. 🥱Ons is reeds in die vroeë fases van die antibiotika apocalypse - ons verwag reeds om in 2040-2050 ’n massiewe globale crisis te ervaar rondom die misbruik van antibiotika en weerstandigheid. 🌍

☠️Die voorspelling is dat, teen 2050, daar 10 miljoen mense per jaar sal sterf a.g.v. antibiotika weerstand. Om jou ’n idee te gee van die skaal daarvan:

Covid 19, van begin 2021 tot einde 2024, was verantwoordelik (officially) vir 7 miljoen sterftes in totaal. 🫢

🙋🏽‍♀️🙋🏽So, hoe kan ek en jy ‘n verskil maak in antibiotika weerstand?

🫵🏻Jou rol, as pasiënt:

- Pas flippen goeie basiese higiëne en sanitasie toe. Hoe skoner jy is, hoe minder antibiotika benodig jy en jou gesin - obviously.
- Inentings!!!! Asseblief. Groooot asseblief.
- Maak jou kos ordentlik gaar, met skoon toerusting, moenie kruis-kontamineer nie.
- Moenie net d**k aan hande was, en tandeborsel nie. Onthou ook dinge soos: waterfilters wat vervang moet word, tandeborsels gereeld ruil, skoon badkamers, skoon matrasse, hou troeteldiere uit die huis
- Moenie aandring op antibiotika nie - as jy d**k jou dokter weet niks, kry vir jou ’n dokter wat jy vertrou - maar vertrou jou dokter as hulle sê dis nie nodig vir antibiotika nie.
- Moenie antibiotika deel nie (ja… ons weet mense doen dit)
- Moenie pille uitruil onder mekaar nie (julle, rerig? Soos drugdealers partykeer hier in Suid-Afrika - ek ruil jou ’n waterpil vir ’n urbanol….tsk!)
- Drink jou kursus antibiotika asseblief klaar…….. moenie spaar vir ’n ander dag nie. Flippet. 🫩
- Ondersteun voerkrale soos Beefmaster, De Heus, Trouw Nutrition/Selko, and Elanco wat streng beleide het teen die gebruik van antibiotika voorkomend en as groei stimulant. 🐄🐄🐄
�👩🏻‍⚕️My rol, as dokter:

- Moenie onnodig antibiotika voorskryf nie, al sien jy daai twyfel in die pasient se oë: chat maar die moeilike chat gou.
- Kweek ’n goeie verhouding met jou pasiënte sodat hulle die vrymoedigheid het om terug te keer, as jou virus diagnose dalk verkeerd was.
- Skryf die regte antibiotika, teen die regte dosis voor: julle, weeg maar gou die kind en werk die dosis uit. Pasiënte sal nie d**k jys dom nie, hulle d**k jy’s deeglik. ✍️
- Skryf ‘n nouer spektrum voor waar moontlik.
- Indien weerstand wel opgemerk word: stuur vroeg formele kwekings vir weerstandstudies
- Educate patients: hallo! Dis wat hierdie post probeer doen. Please educate yourself. ✍️

🐄🐄🐄So antibiotika weerstand en voerkrale: wat is die onwaarskynlike konneksie?

* In voerkrale word antibiotika soms onnodig of oorvloedig gebruik, bv. vir voorkoming of groeibevordering, nie net vir siektebehandeling nie.Dit verander die dermflora om voeding doeltreffender te benut.
* Dit dra by tot weerstandige bakterieë wat na mense kan oorspoel via vleis, water of omgewingsblootstelling.
* Dit word
* Gemeng in voer (mees algemeen).
* In drinkwater
* Lek
* Soms via inspuitings as deel van profilaktiese programme, bv. by aankoms op voerkraal..

⚖️ Wat sê die wet in Suid-Afrika?

* Die Wet op Dieregeneesmiddels, Wet 36 van 1947, laat steeds oor-die-toonbank verkoop van antibiotika vir diere toe.🫩
* Geen verbod op gebruik as groeistimulant in wetgewing nie,🫩 maar die bedryf self het vrywillig begin om sulke gebruike af te skaf. (soveel respek hier vir die groot voerkrale in die game.)
* Die Suid-Afrikaanse Dieregesondheidvereniging (SAAHA) het sedert ~2020 alle verwysings na groei en profilakse van etikette verwyder.

🧍‍♂️ Hoe kan die publiek help?
Koop vleis van produsente met antibiotika-beleid of sertifikate van goeie praktyk.Voerkraalprodusente soos Beefmaster, De Heus en Trouw Nutrition volg antibiotika-bestuursplanne. Die Natural Power-program van De Heus mik om teen 2030 heeltemal van antibiotika in voer ontslae te raak.

💊👶🏼Is antibiotika sleg vir kinders/jou liggaam?👶🏼💊

As hulle volgens voorskrif gebruik word, is meeste antibiotika redelik veilig. Die voordeel om ‘n bakteriële-infeksie te behandel, weeg gewoonlik die risiko’s op. Daar is wel ’n paar met ’n rooi tag wat melding vereis:

Tetrasikliene (bv. tetrasyklien) kan permanente verkleuring van kinders se groeiende tande veroorsaak, en word daarom vermy onder ~8 jaar. Moenie stress nie - dis nie een van die algemenes vir kinders inelkgeval nie. Nuwer tetrasykliene, soos doksisiklien, lyk veilig as hulle net vir ‘n kort kursus geneem word.

Fluorokinolone (bv. Ciprobay) het ‘n FDA “swart boks”-waarskuwing omdat hulle by sommige pasiënte ligamente en tendons kan beseer en die gewrigte van beentjies kan affekteer. In werklikheid is ernstige tendonskade dikwels net by ouer volwassenes (oor 60) aangeteken; daar is geen gerapporteerde Achilles-senuwee-ruptuur in kinders deur fluorokinolone nie. So as jy ’n blaasinfeksie, derminfeksie of pelviese infeksie het moet jy mooi uitvind of jy mag oefen of nie!🏃🏽‍♀️

Ander newe-effekte sluit spysverteringsirritasie en antibiotika geassosieerde diarrree en skade aan normaalflora in. Behandeling sluit in om probiotika te drink en diarree te bind met iets soos tasectan.

🦠💊Maak dit ‘n verskil of my kind of ek onlangs antibiotika gebruik het?🦠💊

Dit maak beslis ‘n verskil - dit verander jou dokter se denkproses oor wat aangaan in jou liggaam.

? Is dit weerstand
? Is dit ‘n nuwe proses a.g.v. Antibiotika? Diarree / dermprobleme
? Is dit ‘n opportunistiese infeksie: C Diff?

Jy hoef nie doelbewus te wag tussen kursusse nie - as jy siek is is jy siek. Dit vat ongeveer 2-3 maande na ‘n kursus antibiotika vir jou normale flora om weer te herstel.

👧🏽🤢Kinder Antibiotika is sooooo sleg. Hoekom?👧🏽🤢

Moenie dokters blameer nie - ons is nie die drugdealer nie - Aptekers?🥹😅

Blykbaar is antibiotika op molekulere vlak bitter - en ongelukkig kan hulle niks daaraan doen nie. Dit is bitter in pil vorm ook - maar jy kou nooit jou tablet stukkend nie. Met ’n pil kan ons die probleem wrap - met stroop kan jy nie. Dit is ook gewoonlik nodig om hoër konsentrasies in stroop te gebruik, en dan is hy eers bitter.

🫩So hoe maak ek met my medisyne-averse spoegertjie?

1. Flavour dit - apteke reg oor die land geur antibiotika al vir lank. FlavorX van Nel 2 is so ’n voorbeeld!
2. Plak jou kind se gunsteling barbie-sticker op die bottel en noem dit barbie-juice. Of iets. 🎀
3. Gooi voedselkleursel of edible glitter by om dit interessant te maak.
4. Maak jou kind betrokke - laat hulle die spuit kies, of die sticker wat hulle na die tyd mag kry
5. Medicine reward charts is ’n ding!
6. Check jou eie gesigsuitdrukking, kinders hou jou dop. 🙄
7. As dit koud mag wees, sit dit in die yskas! Dit gaan gewoonlik dan beter af. As dit nie mag koud wees nie, hou dit buite - anders word dit dik en bitter in die yskas.
8. Chaser! Sit ’n jellytot op die spuit en laat jou kind die medisyne chase met die tot. Of ’n sappie of water. 🍬🍯
9. Meng dit met iets: NIE ideaal nie, maar eerlik - soms moet jy dit eenvoudig net meng met iets om in te kry. Probeer wegbly van suiwel af om die roete te volg omdat kalsium die absorpsie van sekere antibiotika beinvloed. Maak ook seker die sappie is min sodat jy kan verseker wees al die meds kom in.
10. Doen wat ek doen: tackle hulle (liefdevol…) en dien toe per spuit-in-kies. Obviously is die een laaste vir ’n rede - maar hy is ook eerlik. Soms is dit ’n walk in the park, soms is dit ’n run in Jurassic Park. Kry dit in of gaan hospitaal toe - dit maak my keuse baie maklik!💉

💊🚑Antibiotika-allergie🚑💊

Sommige mense is allergies vir sekere antibiotika – die mees algemene is pen*sillien-allergie.

Wat is nie ware allergie nie: naarheid en braking, hoofpyn en swaminfeksies na antibiotika

Wat is tekens van ware allergie: galbulte, lippe of tong wat swel, keel wat toe trek, asemnood, anafilakse, SJS

Sekere genetiese faktore kan voorspel of ‘n persoon hoër risiko vir penicillien-allergie het. As jy vermoed jy is allergies, kan ‘n dokter ‘n antibiotika igE bloedtoetse of velprik toetse aanvra.

Min mense weet: 90% van pen*sillien allergieë verval helemal oor 10 jaar. Jy kan dus jou allergie teen dit verloor!

❌Interaksies ❌

Sekere medikasie beïnvloed hoe goed antibiotika werk.

1. Byvoorbeeld, sooibrand medikasie en kos met baie kalsium (melk, yoghurt, room.) binding met tetrasykliene en fluorokinolone, wat hul absorpsie van die antibiotika aansienlik kan verminder.
2. As mens probenesied saam met ‘n pen*sillien neem, styg die antibiotiese effek. Dit is ewe insiggewend dat geneesmiddels soos rifampisien (vir TB) ander medisyne afbreek deur lewersisteme te kickstart; dit sal dus baie antibiotika vinniger uit die stelsel elimineer.
3. Voorbehoed: Die algemene reël is: alle gewone antibiotika (behalwe rifampisien) beïnvloed nie voorbehoed dramaties nie. Die uitsondering is die rifampin-groep wat voorbehoed minder effektief maak.
4. Voorbehoed: soos bogenoem weet ons nou dis eintlik net rifampin MAAR - in hoofletters - MAAR: As jy diarree kry van antibiotika, loop lig vir jou voorbehoed effektiwiteit. Dit maak sin dat as jy diarree het, dat die pil nie lank genoeg in jou derm bly om volle absorpsie toe te laat nie. (amoksil babas…)
5. Voorbehoed: Ander kategorieë soos sekere anti-epilepsie meds, anti-HIV medisyne of kruie (bv. St Johns wort) kan ook kontraseptiewe effek verminder.

🫣🥵Wanneer verwag ek verbetering?🥵🫣

Gewoonlik werk die antibiotika dadelik teen die bakterieë, maar jy sal dalk dit nie onmiddellik voel nie. Meestal voel jy binne 2 tot 3 dae al baie beter.

Dit beteken simptome (koors, pyn, swelling) begin opklaar - As jy na ‘n paar dae geen beduidende verbetering sien nie, is dit slim om jou dokter weer te sien: Dit kan beteken die verkeerde antibiotika is gekies, of dat iets anders (bv. virus) aan die gang is. Weerstandigheid is ook ’n moontlikheid.

Voltooi in elk geval altyd die volle voorgeskrewe kursus, selfs al voel jy voor die tyd beter. Dit verseker dat alle bakterieë uitgeroei word en verminder weerstand.

🧪🔬Nuwe navorsing en statistiek (SA)🔬🧪

Antibiotika-navorsing vorder voortdurend. ’n Onlangse voorbeeld is die ontdekking van lariokidien, ’n nuwe klas “lassopeptied”-antibiotikum met ‘n unieke werkwyse. Dit is in 2025 in Nature gepubliseer: lariokidien bind ‘n bakterie se ribosoom op ‘n heel nuwe plek, wat bakterieë doodmaak wat teen bestaande antibiotika immuun is.

Nog ‘n voorbeeld uit 2024 is ‘n gemanipuleerde variant van die natuurlike antibiotika darobactin (genoem D22), wat in diermodelle kritiese Gram-negatiewe infeksies (bv. E. coli, Acinetobacter baumanniien Pseudomonas aeruginosa) uitgewis het.

Wat Suid-Afrika betref, is antibiotika gebruik en -weerstand steeds ‘n uitdaging.

Volgens data van die Global Burden of Disease het ongeveer 9 500 mense in 2019 in SA gesterf weens antibiotika-weerstand (en omtrent 39 000 méégerekende sterftes). Hierdie syfers beklemtoon hoe ernstig AMR in SA reeds is.

🔑🦠Ten Slotte 🦠🔑

Antibiotika is een van die grootste wetenskaplike deurbraak van die afgelope eeu — maar hul krag is nie onbeperk nie. Elke dosis wat ons neem, elke voorskrif wat ons uitskryf, dra by tot die toekoms van medisyne.

Ons almal — dokters, boere, voerkraal maatskappye én pasiënte — dra die verantwoordelikheid om hierdie hulpmiddel met wysheid te gebruik. Nie uit vrees nie, maar uit begrip. Nie uit gewoonte nie, maar uit oortuiging.💯

Laat ons saam werk om antibiotika te beskerm — sodat dit steeds lewens kan red, vir geslagte wat ná ons kom. 🩺🌍

Groete en guns,
Dr. Elri👩🏻‍⚕️🎀🩺

🚨 Disclaimer: Important Notice🚨

The information provided in this post is for general informational purposes only. It should not be considered as medical advice, diagnosis, or a substitute for consultation with your designated healthcare professional. Always seek the advice of your physician with any questions you may have regarding a medical condition.

Address

Klerksdorp

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27740892670

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VitalCure Nurse-led Private Clinic posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to VitalCure Nurse-led Private Clinic:

Share