26/04/2026
SPORT ◾ Pikkie Loots van Klerksdorp Rolbalklub het tydens die pas afgelope SA Nasionale Rolbal Kampioenskap, vir spelers met ‘n fisiese gestremdheid, met die goue medalje weggestap in die B14 Pare kategorie.
Pikkie en sy spanmaat, Hannes Horn van Noord-Vrystaat, het vir die finaal gekwalifiseer deur ‘n sterk span in die semi finale uit te skakel.
Die finaal was ‘n taai stryd maar Pikkie-hulle het die nodige gedoen om die goue medaljes te verower. Klerksdorp Rolbalklub is trots op Pikkie met die uitsonderlike prestasie van ywer en deursettingsvermoë.