23/04/2026
Vandag ontmoet ek ñ vrou by ñ verjaarsdag "koek-en-tee" en sy het gehoor ek is ñ Dieetkundige. Daar sit ek ewe gesellig met ñ stukkie koek voor my. Haar eerste vraag aan my is of ek eet soos wat ek mense vertel hul moet eet.
My eerlike antwoord is toe, "Ja". Eet ek elke dag verfynde koolhodrate, Nee. Ek maak seker ek eet meeste van my maaltye per dag, week maand gesond en per geleentheid eet ek ook ietsie soet en nie so ideaal nie.
Hier is ek tans besig om groente te sny vir aandete, meerderheid vars uit die tuin :)