11/05/2026
Belangrike Kennisgewing vanuit Huis van Liefde. Weens die erge stormtoestande en in belang van ons personeel se veiligheid, sal ons administratiewe personeel voorlopig van die huis af werk totdat die weerstoestande verbeter.
Ons bly steeds beskikbaar om almal so spoedig moontlik te help via e-pos by:
📧 Ds Farren Cloete – admin@huisvl.co.za
📧 Alicia Boyce – cbs@huisvl.co.za
📧 Esmeralda – bestellings@huisvl.co.za
Ons vra asseblief geduld indien daar klein vertragings is met terugvoer gedurende hierdie tyd. Baie dankie vir u begrip, ondersteuning en omgee. Ons bid veiligheid toe oor elke huis en familie gedurende hierdie storm🙏