22/09/2022
Jy het vandag by my kom speel. Dis vir my lekker om jou hier te hê, want hier kan ons droom, ontdek, bou en afbreek. Ons kan kyk hoe Lego mannetjies monsters aanvat en wen, n pop skool skool speel en n moeilik dag by die skool
oorleef.
Jy kan kies en keuses maak en die baas wees van die spel - en jy kan voel hoe voel dit as ek soms ook n b***t kry om te kies en vir jou Dankie sê dat jy my toelaat.
Dis gee en neem - n kosbare en pret verhouding. Soms moet ons moeilike dinge aanpak maar ons kan - ons kan moeilike goed doen. Saam probeer ons verstaan wat maak jou - jy. En hoe ons die jy help wanneer kwaad of hartseer of bang soms … net soms … kom kuier.
Nie net jy nie Maar ons altwee ontvang vandag so baie -
ons ontvang mekaar in opwinding by die voordeur en is bly vir ons tydjie saam. Ons ontvang mekaar as gelykes - altwee lief vir die spel wat voorlê. Ons ontvang geen oordeel oomblikke waar selfs woorde wat op ons geplaas word soos ‘stout’ en ‘sukkel’ uitgevee word en vervang word met ‘nuwe vaardighede’ en ‘nognie maar ek gaan nog eendag’….
Wanneer ons groet is ons al twee propvol JOY want vir n kort tyd was daar oogkontak, aanvaarding, uitspeel sonder uitkomste - speel sonder n konstante boodskap oor reg en verkeerd, daar is teenwoordigheid(regtige teennwoordigheid Sonder afleiding), daar is geen toets om te slaag nie - net saamwees met ons verbeelding … die speelgoed en ons stemme wat aanhoudend klets en lag en leef
Jy het vandag kom speel. En ek is bly dit was jy.