Healing Hearts (Renee Buscop)

Healing Hearts (Renee Buscop) Ek werk Aanlyn en op kantoor om vroue, kinders en gesinne na groei en heelheid te begelei. Die volgende dienste word gelewer:
1.

Terapie met kinders (Play Therapy) met ouerleiding.
2. DISC Persoonlikheidsprofiele - vir beter begrip van mekaar en verhoudingsbou.
3. Emosionele Intelligensie - om lewensvaardighede uit te bou.
4. Gebedsterapie vir geestelike groei in jou verhouding met God.

Ouerskap is onselfsugtig, pynlik, genotvol, opofferend, ongewaardeer, liefdevol, vergewend, prettig, slapeloos …. Soveel...
02/06/2025

Ouerskap is onselfsugtig, pynlik, genotvol, opofferend, ongewaardeer, liefdevol, vergewend, prettig, slapeloos …. Soveel emosies deurmekaar - tog verruil ons dit vir niks.

Soms is die ware rede nie die eerste een nie… dit is die vyfde.Sakichi Toyoda, stigter van Toyota, het 'n gewoonte gehad...
30/04/2025

Soms is die ware rede nie die eerste een nie… dit is die vyfde.

Sakichi Toyoda, stigter van Toyota, het 'n gewoonte gehad. Wanneer iets nie sin gemaak het nie, het hy 'n eenvoudige hulpmiddel gebruik — nie uit 'n gereedskapskis nie, maar uit sy gedagtes: Die "5 Hoekom" reël.

Dit is presies soos dit klink. Jy vra “Hoekom?” — nie net een keer nie, maar vyf keer.

Kom ons sê jy wil 'n pelsjas hê. Jy vra jouself:

• Hoekom wil ek 'n pelsjas hê?
Omdat ek mense wil beïndruk.

• Hoekom wil ek mense beïndruk?
Omdat ek aandag wil hê.

• Hoekom wil ek aandag hê?
Omdat ek onseker voel.

• Hoekom voel ek onseker?
Omdat ek vas voel — soos of ek nie groei nie.

• Hoekom groei ek nie?
Omdat ek iets doen wat ek nie liefhet nie.

En skielik het die jas niks te doen met warmte of styl nie. Dit gaan oor doel. Oor identiteit.
En daardie vyfde “hoekom”? Dis die een wat die waarheid vertel. Dit is waar jy wegkruip. En soms, daar is waar genesing begin.

Sakichi Toyoda het die wêreld meer gegee as net motors.
Hy het ons 'n metode gegee om die lae af te skil — totdat ons onsself uiteindelik duidelik sien.

Dus volgende keer wanneer jy onseker is — moenie net op die oppervlak stop nie.
Vra hoekom. Vra dan weer. Totdat jy by die lig van jou siel uitkom

Geluk ...                                                 Ons denke oor wat ons gelukkig maak pootjie ons - as ek net kl...
05/12/2024

Geluk ... Ons denke oor wat ons gelukkig maak pootjie ons - as ek net klaar maak met skool, as ek net ‘n huweliksmaat kry, as ek net ‘n mooi huis kan hê, as my kinders net gelukkig is, as … Geluk lê binne onsself. Niemand kan ons gelukkig maak nie en niemand kan ons geluk steel nie. Geluk vloei op en af. Hoe meer ons aan geluk van die verlede vasklou of hoop op geluk in die toekoms, hoe meer sukkel ons om geluk in die oomblik te geniet. Wanneer ons die hede omhels en sien hoe dit betekenis en geleenthede bied raak moeilike omstandighede makliker. So dikwels stel ons geluk uit omdat ons onsself verwyt of kasty omdat ons nog nie doelwitte bereik het nie - dan wag ons vir eksterne toestemming om gelukkig te wees. Omarm die gelukkige oomblike wanneer hulle langs jou stap en gee ander geleentheid om hul eie geluk te vind. En onthou jou innerlike vreugde kom van God af en vul jou met vrede.

Verhouding met Vader, Seun en Heilige Gees is iets wat ons dring tot verheerliking van HOM en die ervaring van genot uit...
20/10/2024

Verhouding met Vader, Seun en Heilige Gees is iets wat ons dring tot verheerliking van HOM en die ervaring van genot uit Sy oorvloedige liefde wat uit ons oorvloei na elke mens wat ons pad kruis. Geniet die kunstenaar se pragtige kuns.

Wat God van ons d**k is al wat saak maak💞
09/08/2024

Wat God van ons d**k is al wat saak maak💞

Ons lewens bestaan uit prosesse. Elke proses kom op sy eie tyd en ons het kans om daardeur te werk tot dit voltooi is … ...
24/07/2024

Ons lewens bestaan uit prosesse. Elke proses kom op sy eie tyd en ons het kans om daardeur te werk tot dit voltooi is … dan kom daar weer ‘n proses om deur te werk. Die beste van alles is dat die eerste ons gereed maak vir die volgende, en die volgende … totdat ons God se karakter begin weerspieël.

Liewe Vriendin, die leef van ons lewens laat ons dikwels nie toe om diep binne-in die koel kuil van God se rus in te sak...
30/04/2024

Liewe Vriendin, die leef van ons lewens laat ons dikwels nie toe om diep binne-in die koel kuil van God se rus in te sak en vrede te vind nie. Ons kuier van Saterdag 25 Mei 2024 verander om dit meer bekostigbaar te maak vir almal wat wil kom. Tyd: 9h00 tot 11h00. Plek: Le-Pari by Kantoormeubels in Lichtenburg. Ons gaan gesels oor hoe om by daardie rusplek uit te kom en daagliks daaruit te leef. ‘n Donasie om die venue te betaal sal waardeer word. Laat weet my asb as jy kom per WhatsApp 0839677110 Liefde Reneé

Wanneer laas het jy sorgeloos saam met jou kind/ers gespeel.  Hierdie speeltyd is vir hulle baie kosbaarder as enige spe...
06/04/2024

Wanneer laas het jy sorgeloos saam met jou kind/ers gespeel. Hierdie speeltyd is vir hulle baie kosbaarder as enige speelding wat jy vir hulle kan koop. Doen dit elke dag net vir 20 min en kyk bietjie hoe jou kind se gedrag positief beïnvloed word daardeur en hoe jyself ook sommer ligter voel. Soms sê kinders in terapie vir my "my Pappa/Mamma kan nie meer speel nie".

Begin aandag gee aan die glinsters in jou lewe. Dit is die teenoorgestelde van snellers (triggers). Dit is daardie klein...
03/01/2024

Begin aandag gee aan die glinsters in jou lewe. Dit is die teenoorgestelde van snellers (triggers). Dit is daardie klein oomblikke van vrede of vreugde wat jou senuweestelsel toelaat om veilig en gebonde te voel. As jy begin oplet sal jy glinsters oral vind.

Uitgesorteer?🫣 Wie van ons kan eerlik sê daar is niks wat aan my krap, my soms omdop of in my kop bly vashaak nie. Ja, s...
23/11/2023

Uitgesorteer?🫣 Wie van ons kan eerlik sê daar is niks wat aan my krap, my soms omdop of in my kop bly vashaak nie. Ja, selfs ek wat ander help het ook ‘n coach🥳 Dit is maklik om te betaal vir ‘n facial, botox, haarkapster of biokinetikus, maar o wee as dit by die hart kom hou ons alles toe. Om my beursie oop te maak sodat ek my masker kan afhaal en vry kom is die moeilikste ding om te doen. Tog - as jy al jou moed daarvoor bymekaar skraap is die eindresultaat meer werd as enige botox, want jy raak vry en ervaar soveel vrede daarin om die regte jy te ken en vir ander te wys.

10/07/2023
Mense om my verwonder hulle dat ek vir die grootste deel van my lewe gesukkel het om van myself te hou. My selfspraak wa...
10/07/2023

Mense om my verwonder hulle dat ek vir die grootste deel van my lewe gesukkel het om van myself te hou. My selfspraak was meestal negatief en ek het minderwaardig gevoel. My kunsjoernaal het my lewe heeltemal verander en nou wil ek graag vroue wat vasgeval voel in hulself help om ook oorwinning te kry. Jy het dalk ‘n nuwe lewensfase betree – ‘n baba in die huis, verlies, ‘n leë nes en nou wonder jy waar jy jouself verloor het.

Ek bied ‘n 6 weke kunsjoernaal-groep vir vroue aan om saam te ontdek waar ons vasgeval het en weer die lewe met energie en lewenslus aan te pak. Jy hoef nie kunstig te wees om dit te doen nie, al wat nodig is is net ‘n wil om saam te groei na die ware jy.

Wanneer: Weekliks 26 Julie
31 Julie
7 Augustus
14 Augustus
21 Augustus
28 Augustus

Waar: 10 Charlweg, Lichtenburg
Tyd: 10h00 tot 12h00
Koste: R150 met elke sessie
of R850 eenmalige vooruitbetaling vir 12 sessies
Koste sluit materiaal en verversings in (jy bring net jou eie flipfile)
RSVP asseblief voor 19 Julie 2023 hier 083 967 7110

Address

10 Charl Road And Online Sessions
Lichtenburg
2740

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 13:00

Telephone

0839677110

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Healing Hearts (Renee Buscop) posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Healing Hearts (Renee Buscop):

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram