22/06/2025
💅 NAEL BYT OOMBLIKKE 💅🏼
’n Gewoonte begin met ragfyn spinnerak webbe, en eindig op met drievoudige dik kabels” … - Onbekend
🤘🏼Naels Byt 🤘🏼
Sjoe is hierdie nou ’n post wat close-to-home hit.🎯
⛔️“Hou op kou - naels is vir vyl, nie vir vreet nie!”
⛔️“’n Pragtige jong dame soos jyself moenie jouself versies nie!”
⛔️“ Kou is vir kougom, nie naels nie”
⛔️” Sjoe, jy is seker baie honger as jou naels so lyk” - 🙄😂 ag julle.
Ek het as kind baie erg naels gebyt. Dis ‘n algemene gewoonte, ek het ongeveer 23 jaar gevat om die gewoonte te kon breek - so ek weet wat ek sê as ek sê dis ongelooflik moeilik om die patroon te breek. Van bitter cutex tot vakansie-akriele, ek kon beter knaag as ’n hamster in ’n hok. 🐰
Ander strategieë wat nooit in my geval gewerk het nie, en waarskynlik meer sleg as goed gedoen het:
- Naellak bitters en cuticle oil
- My klavierjuffrou wat graag my oor die vingers getik het met die liniaal - ek het wel ophou klavier speel. (thanks…)
- Om my allerhande lelike goed toe te snou oor dit: toe het ek net dit begin wegsteek - en ek het vir etlike jare uit gewoonte op my hande gaan sit sodat niemand mag sien nie.
❓So, hoe het ek gestop?
Ek het op universiteit besef dat my hande sterk deel van van my beroep gaan vorm. My hande het gebewe as mense kyk, en ek moes dit uitsorteer.
Ek het gel/akriel op my naels begin sit. Ek moes, moet nogsteeds - permanent sorg vir iets op my naels - al is die gewoonte al 7 jaar gebreek. (Tip: Physical Barrier ) ☺️
💡Een ding om vandag te leer: wanneer al die tips en tricks wat ek onder gaan deel nie werk nie - is dit omdat die naelbytery nie net ’n *slegte gewoonte* is nie, maar ’n emosionele hanteringsmeganisme. Mens moet die stressor uitsorteer.
Behandeling moet holisties wees – gedrag, emosies, en ondersteuning. 🟡🟢🔵
❓Wat is naelbyt?
Naelbyt, of onychophagia, is wat dokters noem ’n mondelingse parafunctional habit – met ander woorde, jy gebruik jou mond vir iets anders as eet, drink of praat. Dis in dieselfde kategorie as tandekners (bruxism), potloodkou of duim suig.
Dis ’n vorm van body repetitive behaviours, wat basies is wanneer ’n gewoonte so gereeld herhaal word dat dit actually skadelik raak. ⛔️Ander BRB’s sluit in hare uittrek, vel stukkend krap, tong/wang/lip byt en duimsuig.
🧑🦳Ouderdom 🧑🦳
Naelsbyt begin meestal in kleuterjare, raak erger in die tienerjare (veral in stresvolle of onseker tye), en verbeter dikwels met ouderdom…
Sommige volwassenes kom nooit heeltemal verby die gewoonte nie. Ek het my gewoonte onder beheer, maar dit kom defnitief terug wanneer spanning hoog loop. ⚡️
⚠️ Wat verhoog jou kans om jou naels te byt?
Sommige mense is bloot meer geneig daartoe as ander – hier’s ’n paar risikofaktore:
* Jy het ’n ouer of familielid wat ook hul naels byt of gebyt het - selfs al het hulle gestop nog voor jou geboorte. Iets geneties?
* Jy het hoë vlakke van stres of angs (temperament, beroep, switch task stress)
* Jy voel verveeld of emosioneel uitgeput (burnout is ’n groot trigger vir groot mense)
* Jy ly aan ’n ander geestesgesondheidstoestand soos ADHD, OCD, of 'n angsversteuring
* Jy sukkel met ‘n lae selfbeeld: imposture syndrome
* Jy was as kind 'n duimsuiger of fopspeen gebruiker – naelbyt is dikwels ’n opvolggedrag.
Interessant genoeg:
Naelsbyt word gekoppel aan sekere temperamente:
🟡 Perfeksionisme
🟡 Impulsiwiteit
🟡 Neurotisisme
🟡 Introversie
🟡 OCD /tendencies/: dra paar kenmerke van OCD: beplanner, wil beheer neem, en herhaal graag patrone
Sekere beroepe sien dit meer na vore kom:
🟢 Dokters 😂🫣veral GPs/ mediese studente
🟢Prokureurs
🟢 Entrepeneurs
🟢 Execs
🟢 Stock traders
🟢 Pilots/sjirurge (vroeg in training - later raak pilots se hande besig en sjirurge se hande seker gross 🤷🏻♀️🫣)
🟢 Sagteware ontwikkelaars
🟢 Goed presteerende studente en skoliere
As ons oor die persoonlikheidstipes of temperamente praat, is choleries-melancholies mees geneig om te kou. 🔴🔵
Kom ons praat vinnig oor die grootste ooreenkoms in die beroepe, want dit is die klein goedjies wat jy dalk jouself of jou kind mee kan help:
🔛Task-switching stress🔛
Multitasking is ons generasie se “it-word”. So overrated - studies wys dat multitasking mense 40% meer tyd laat mors, en dit maak mens 15-30% minder effektief. Dit veroorsaak brain fog, mental fatigue, geirriteerdheid, depressie en burnout.
❓Hoekom?
Elke keer wat jy rat verander in jou brein, brand jy energie in jou prefrontale korteks. (Besluitneming, emosionele regulasie). As jy al jou energie gebruik aan ratte verander is daar minder energie oor vir besluite en emosies.
Nou stel jou voor:
🎯Fokus op onderwerp A: beslaan sy eie reëls en konteks. (Bv. skryf ‘n verwysingsbrief).
*oproep kom in van labaratorium*
🛑Ontkoppeling van onderwerp A: brand energie 🔥
🔎Identifiseer en Herfokus op onderwerp B: herskep konteks en reëls. Brand energie. 🔥
⚡️Reageer op onderwerp B, brand energie. 🔥
🛑Ontkoppel van onderwerp B.
🔎Herbelyn en fokus op Onderwerp A: skep reëls en konteks.
Doen dit nou elke 2 minute, soos ‘n trader of ‘n dokter, of prokureur, en dan verstaan mens hoekom vlug mense uit ‘n professionele beroepslui. ✈️
Hoe meer turnover-intense dit is, hoe groter die task switching stress en hoe vinniger die mental fatigue, mental fog, emosionele disregulasie en eindelik die burnout. Imagine elke 1,3,5min elke dag, elke 15min elke dag, elke uur elke dag ens. Herman beleef elke dag hoe ek in die aand gewone woorde nie kan oproep nie, soos die brainfog oorvat. 🙄
Dis soos wanneer jy by ‘n kinder partytjie was en jy helemal oorweldig en gedisreguleerd en geiriteerd voel, maar elke dag. 🫣
🟰 hoe leer mens die regte patrone aan?
Hierdie tipe temperamente wil nie gewoonlik geskeduleer word nie: werk tot die werk klaar is.
Leer jouself en jou kind vroeg al:
💡Wees streng op onderbrekings en dedicated-fokus ure
💡Batch tipe take saam (konteks bly dieselfde)
💡Buffer zones deur die dag (15min breathers) (reboot🔋)
💡Baie, baie streng boundaries tussen werk/speel, baie streng werksure (respekteer hul werkstyd, sodat hulle die down time kan respekteer)
💡 eksternaliseer stress - doen iets met die frustrasie
🧬 Wat gaan aan in jou brein?
Jou amygdala aktiveer stress
Jou prefrontale korteks toon effense swak impulsbeheer
Jy byt
Jy kry ‘n vinnige dopamine hit: en jy voel beter omdat jy gebyt het
Patroon herhaal.
🩹 Wat kan verkeerd gaan?
Dis nie altyd net ’n “lelike” of “slegte” gewoonte nie. Wanneer dit erg raak, kan dit:
* Die naelbed permanent beskadig
* Lei tot infeksies (soos paronychia, absesse, weefselontsteking)
* Swam infeksies van die naels
* Tand slyttasie beskadig of pyn in die kake veroorsaak
* Kaakvorm aantas en lei tot ander gebit probleme
* Parasitiese Infeksies soos lintwurms of giardia help versprei – ja, van onder jou naels af tot in jou maag!
* Herhaaldelike infeksies weens hande wat vuil oppervlakke aangeraak het, in jou mond te sit.
* Tandvleis, tong, mondontsteking
* Sosiale probleme soos skaamte, angs of ’n lae selfbeeld veroorsaak (dis vrek algemeen)
💡 Hoe stop jy dit?
Julle, vat dit van iemand wat wéét, dis ’n ongelooflike moeilike gewoonte om te breek. Want dit is nie altyd ’n gewoonte nie!
Hier’s wat werk volgens navorsing:
🔁 1. Gewoonte-omkeringsterapie (Habit Reversal Training – HRT)
Hierdie is een van die mees effektiewe gedragsbenaderings om naelbyt te help afleer, en bestaan uit drie hoofstappe:
🔹 Bewusmaking van die gewoonte:
Die eerste stap is om jouself te leer wanneer en waar jy naels byt.
My kind assosieer groen met vuil: so ons het sy byt-vingers in groen voedselkleursel gedip terwyl hy slaap. Toe hy wakker word het ek verduidelik dat die kieme nou so baie is, dat sy vingers groen geword het, en nou glo hy groen goggas en kieme gaan in sy mond kom. Die idee is nie om hom te traumatiseer nie, dit doen ook nie, dit maak hom wel bewus van sy habit en wat hy eintlik in sy mond sit: vuil hande. Dit werk sover baie goed.
Die bitter-naellak dien ook as ‘n bewusmaking tegniek: issue is, as jyou brein reeds die dopamine-pathway gevorm het van byt, gaan die bewusmaking alleen nie keer dat jy verder byt nie.
🔹 Vervangende gedrag:
Wanneer jy voel jy wil byt, verrig ’n alternatiewe aksie wat fisies onversoenbaar is met naelbyt, soos:
* Jou vuiste styf te bal in ’n vuis vir 30 sekondes
* Op jou hande sit
* ’n Stress bal of “fidget toy” vas te hou
* Met beide hande te werk: tik op ‘n keyboard, brei, ens.
🔹 Bystand van ander:
Dit klink airy fairy - maar eintlik is dit so prakties. Vra vir die persoon wat hulle naels kou, hoe kan jy help en wat het hulle nodig. Hulle antwoord sal jou soms verstom:
“Ek wil net kan werk in werksure.”
“ Ek wil nie oor werk praat, na werksure.”
“ As jy sien ek is besig met ‘n taak en jou versoek is nie dringend nie, sal jy wag tot ek klaar is voor jy my vra?”
VIr kinders ter aanmoediging:
1. Positiewe gedrag: star charts en rewards charts. Shame, dis die eerste ding wat Wihan vir my sê as ek by die huis kom. Mamma, ek het nie my naels gebyt nie. Kan ek ‘n sterretjie kry? 🥹
2. As my kinders histeries huil, probeer ek eers net ‘n drukkie, om hulle te herinner om asem te haal (coping tegniek, kalmeer hul senuwee stelsel) en dan praat ons oor wat gebeur het. Leer stress vroeg hanteer.
3. Leer hulle vroeg die kuns van uni-task (fokus) en respekteer jou kind se boundaries en “nee’s” wanneer gepas. Mense wat naelbyt is people pleasers, moenie jou kind een maak nie. ⛔️
✋ 2. Fisieke barriers om byt te voorkom
Die tegniek het vir my gehelp. (Gel/Akriel)
* Bitter-naellak wat onaangenaam proe: gewoonlik skilfer ’n kind so iets gougou af. Apply daily, twice daily. Kyk net dat dit non-toxic bestandele bevat.
* ’n Natuurlike remedy wat blykbaar goed werk sluit in aloe vera bitter gel: dis blykbaar baie bitter en trek in die naels en velletjies in. So ook cuticle olie. Maak net seker dis nie toxic nie.
* Pleisters om die vingers plak - dik taai pleisters.
* Handskoene by die huis te dra, of voor TV, of selfs heeldag
* Akrielnaels of gel-naels – veral effektief vir tieners en volwassenes, vir my het dit op die ou einde die knoop deur gehak. Wat baie sleg is, is dat meeste skole dit nie toelaat nie vir voor die hand liggende redes, so ek het 18 jaar geleef met naelsbyt voor ek die patroon kon breek.
🧠 3. Kognitiewe Gedragsterapie (CBT)
Hierdie is nuttig wanneer naelbyt verband hou met emosionele spanning, angs, of perfeksionisme. Nie almal wat naelsbyt het ’n emosionele of psigiatriese toestand nie.
’n Gekwalifiseerde terapeut kan help om:
* Negatiewe denkpatrone te identifiseer
* Gesonder hanteringsmeganismes aan te leer
* Ontspanningstegnieke te integreer vir task switch stress
* Behandeling voor te stel vir meer ernstige gedragstoestande soos OCD, ADHD, Anxiety disorder ensovoorts.
📱 4. Apps
Daar is verskeie apps wat help om vordering aan te spoor:
* HabitBull, Quitzilla, of Streaks
Hiermee kan jy jou vordering visueel monitor en gemotiveerd bly.
Sommige mense gebruik selfs smart armbande of ringe wat vibreer wanneer jou hande by jou gesig kom (bv. Pavlok) - dis basically soos ’n shock collar vir jou arm. Asb moenie dit op kinders gebruik nie - jy sal toe gesluit word.
🧴 5. Sensoriese vervanging
Gee jou hande of mond iets anders om te doen:
* Suikerlose kougom te kou
* Taktiele sensoriese speelgoed, brei, hekel, twee-hand take
* Naelvyl of cuticle sker – gebruik dit om jou naels bewustelik te versorg in plaas van te byt: dit kan ook weer nie werk nie, sodra mens begin over-care vernietig jy dit weer op ’n ander manier.
🧘 6. Spanning en emosionele bestuur
Baie mense byt naels as ’n reaksie op stres of spanning. As jy weet van ’n foolproof plan vir elke mens met stress, deel dit asseblief! Want vrek dit is moeilik.
Dit begin by leefstyl aanpassings. Wat kan help:
* Kyk hard na jou werk-leef balans. Baie hard - dis gewoonlik daar waar die probleme opduik. Ja ons moet hard werk, ja jou balans gaan op ’n tyd meer 60-40 wees as 50-50, maar dit kan nie 90-10 wees nie. Jou mense gooi jou koppie vol.
* Gereelde oefening vir die dopamine hit: enige fisiese aktiwiteit: oefen, dans, visvang, ski, iets wat jou spiere bietjie bloed gee.
* Slaaphigiëne en gesonde leefstyl
* Spandeer tyd saam vriende, vriendinne, familie en jou kinders en CHAT! Praat hulle ore af oor al die goeie en slegte dinge. Laat hulle namens jou stress oor jou!
* Stokperdjies: ons generasie se forgotten treasure. Ons sal eerder ons af tyd op sosiale media spandeer - maar as die ouer garde my iets geleer het is dit om jou af tyd te gebruik om iets te doen wat jou verryk, en nie jou dreineer nie. Dis toevallig ook gewoonlik bietjie kreatiewe uitlaatkleppe, of fisiese aktiwiteite: stap, visvang, draf, messe maak, patrone herlaai, verf, hekel, brei, fotos neem, sudoku, lees, drone vlieg, you name it. Hou jou hande besig - anders reik mens dadelik weer vir jou foon.
*. As jy ‘n turnover-intense werk beoefen, moet mens eenvoudig jou dag schedule.
Groepeer take saam en spandeer tyd daaraan, werk buffer-zones in vir 15-min oggend en middag vir opvang en reset, en vra personneel en familie en vriende om dit te respekteer.
👨⚕️ 7. Professionele hulp
Wanneer selfhulp nie voldoende is nie:
* ’n Kliniese sielkundige kan formele HRT of CBT fasiliteer
* By kinders kan tandheelkundige apparate of thumbguards soms aanbeveel word
* In ernstige gevalle, veral waar infeksie ’n risiko is, moet mediese hulp ingeroep word en kan medikasie gebruik word.
💊 NAC 💊
ACC. Amuco. N-Acetylcysteine. Die een vir slym dun maak? Daai een.
Dis ‘n aminosuur en antioksidant wat help met impulsbeheer en kompulsiewe gedrag (het navorsers nou begin agterkom). Dit reguleer glutamaat in ons “reward centre”. Dit verminder die “reward” effek wat dopamine het, wanneer mens naelsbyt. Hoë dosisse, vat lank om te werk, baie effektief.
🧾 Laaste gedagte:
Om dit af te leer verg geduld, selfinsig, en konstante ondersteuning – eerder as straf of skaamte. Vat my advies - moenie ’n kind oor dit laat sleg voel nie, ek is kopsterk - maar daardie gewoonte-breek het my nederig gemaak.
📌 Naelsbyt is nie net ’n slegte gewoonte nie – dis dikwels ’n emosionele uitlaatklep. Die geheim lê in begrip, geduld, en klein stappe vorentoe. Moenie skaam wees nie – miljoene mense doen dit. En daar is maniere om dit te breek.
Ek hoop die help iemand daar buite!
Groete en guns,
👩🏻⚕️🩺🎀Dr Elri
🚨 Disclaimer: Important Notice🚨
The information provided in this post is for general informational purposes only. It should not be considered as medical advice, diagnosis, or a substitute for consultation with your designated healthcare professional. Always seek the advice of your physician with any questions you may have regarding a medical condition
📚 Verwysings beskikbaar op versoek 🎯(Medscape Family Medicine, DSM-5, en internasionale navorsing oor BRBs).