12/09/2025
AANKONDIGING!!
Liewe vriende en kliënte,
Na 10 jaar in privaat praktyk is dit tyd om afskeid te neem van hierdie deel van my reis. Ek het ’n pos by die Departement van Gesondheid aanvaar en gaan dus my praktyk sluit die 26ste September 2025
Dit was vir my ’n ongelooflike voorreg om saam met soveel kinders en gesinne te werk en deel te kon wees van julle stories. Ek is regtig dankbaar vir elke vertrouensverhouding en mooi herinnering wat saam opgebou is. 💛
Al verander die vorm van my werk, bly my passie dieselfde – om steeds ’n verskil te maak in kinders en gesinne se lewens.
My Therapy Centre bly oop vir ander professionele mense wat hier werk, dit is net ek, Christelle Fouche, wat uittree. Navrae sal steeds beantwoord word op 064 503 1518.
Dankie vir julle ondersteuning oor die jare. 🌿
Vriendelike groete,
Christelle Fouche