Yade Uitreik Aksie - Welsynsorganisasie vir Bejaardes

Yade Uitreik Aksie - Welsynsorganisasie vir Bejaardes Thank you friends.

Yăde Caring Action Christian enough to trust God reckessly NPO 068-445 Yăde Uitreik Aksie Christen genoeg om God roekeloos te vertrou At the moment our notes are Afrikaans, but English Translated notes on the way. BELANGRIKE KENNISGEWING: Yade Uitreik Aksie se webtuiste het verander na http://yade.co.za so ook die e-posse van bestuurslede hettie@yade.co.za ; anilda@yade.co.za ;

29/12/2023

Dit is met hartseer dat ons die afgelope Kersseisoen afskeid moes neem van ‘n paar inwoners agv sterftes.

Dit het veroorsaak dat ons ‘n paar plekke beskikbaar het in die volle-versorgings huise. Kontak ons asb indien u verblyf benodig.

Michelle - 0842174178
Hettie - 0827854404

03/11/2022

Yade se nuwe inwoners (en oues) begin wortel skiet in ons nuwe huis. Ons het egter nog behoefte aan enkelbeddens om ‘n paar van die kamers volledig in te rig. Kontak ons gerus indien u of ‘n familielid ordentlike, goeie versorging benodig. Ons het nog ‘n paar plekke beskikbaar.

15/04/2021

Ons nuwe huis is nou heeltemal gereed en pragtig, dus is daar 5 volle-versorgingsplekke beskikbaar. Kontak asb Michelle op 0842174178 om teleurstelling te voorkom.

08/02/2021

Yade het tans ‘n paar plekke beskikbaar in ons gewone huise (verswakte inwoners is geskuif na versorgings-huise) en nog 2 plekke in volle versorgingshuis wat pas geopen is. Kontak asb Michelle op 0842174178 vir meer inligting.

Baie dankie ook vir al die donasies wat ons ontvang het om te verseker dat ons gehalte verblyf kan voorsien aan ons inwoners. Dit word opreg waardeer.

28/01/2021

Ons nuwe volle-versorgingshuis open op 1 Februarie. Baie dankie vir al die meubels, kombuis-toebehore, beddens ens. ens. wat ons ontvang het. Die kamers is pragtig gemeubileer en gereed vir ons nuwe inwoners (al die kamers is gevul). Ons benodig egter nog ‘n sitkamerstel en wasmasjien. Ons sal dit baie waardeer indien u moontlik kan help om te verseker dat alles gereed is vir ons nuwe inwoners. Kontak asseblief Michelle op 0842174178 of Hettie op 0827854404

30/12/2020

Ons het ‘n paar plekke beskikbaar vir semi-versorging inwoners, noudat ons nog ‘n volle-versorging huis open gedurende Februarie. Vir meer inligting kontak asb vir Michelle op 0842174178.

05/12/2020

Yade open nog ‘n volle-versorginghuis op 1 Februarie DV. Ons sal 20 inwoners kan akkomodeer (die behoefte is massief!) Ons benodig meubels, enkelbeddens, kombuis benodigdhede, sitkamerstel, wasmasjien ens, ens. .... basies alles wat in ‘n gewone huis gebruik word.

Indien u behulpsaam kan wees met bogenoemde, wat nog in ‘n goeie bruikbare toestand is, sal ons dit baie waardeer. Kontak asb Michelle op 0842174178 of myself op 0827854404. Baie dankie vir u ondersteuning.

24/01/2017
28/08/2014

Goeie dag, ek kan sien n boodskap het ingekom maar kan dit nie oopmaak of sien wie dit gepost het nie, add my Anilda Blom of Yade Uitreik Aksie Bloemfontein op FB of Whatsapp/SMS my by 084 550 1316 en ek kom terug na julle

Groete
Anilda

09/08/2012

http://t.co/jMe8fveC Please who can help us with the correct procedure how to apply for international funds for our Charity....

18/07/2012

Baie dankie aan elke persoon wat vandag betrokke was by Yade en hul "67 Madiba minute" by ons spandeer het. Yade is oorstroom met liefde en omgee!

11/07/2012

Vanoggend is Yade toegegooi met God se seen!! Het sopas gehoor dat een van ons huise heeltemal oorgedoen gaan word - teels, gordyne, vloere, tuine ens ens. Baie duisende dankies aan ons donateurs en beskermvrou, Magda Crous wat dit gereel het. Die grootste dankie aan ons Skepper wat Yade so seen dat 180+ bejaardes met menswaardigheid kan leef!!

06/07/2012

Dankie, dankie Jesus vir die wonderlike donasie. Ons loof en prys U grote naam!!

28/06/2012

NUUSBRIEF JUNIE 2012:

DIE VERSKIL:

Wat maak die verskil tussen ‘n wenner en ‘n verloorder? Hoe is dit moontlik dat ‘n persoon wat gediagnoseer word met ‘n terminale siekte, steeds positief kan bly? Wat maak die verskil dat ‘n persoon wat in ‘n rystoel sit, steeds ‘n lus vir die lewe het? Waarom kan ‘n ou omie wat sy dae omsit in die son, met geen familie, steeds tandloos glimlag wanneer jy nader stap, vra “Waarmee kan ek jou help my nooientjie?”

‘n Dierbare vriendin van Yăde het die afgelope paar weke gehoor dat kanker weer haar liggaam probeer vernietig, maar steeds is sy ‘n voorbeeld vir almal wat haar pad kruis. By Yăde het ons ‘n inwoner, Michael Botha, wat die afgelope naweek deelgeneem het aan ‘n rugby toernooi in Oos London. Wat noemenswaardig is van Michael, is dat hy al 12 jaar in ‘n rystoel is. Hy is ook besig om ander persone in rystoele te werf om deel te vorm van sy span. En dan dierbare Oom “S”, wat ons uit ‘n klein, donker kamertjie gaan haal het, wat so bly was oor ‘n paar skoene, ‘n ou horlosie, se gesig vertel die storie van sy lewe. Dit weerhou hom egter nie om blymoedig te wees nie en al kan hy beswaarlik beweeg, altyd bereid is om ‘n helpende hand uit te steek.

Dit is met skaamte wat ek my kop moet laat sak en maar net kan bid: “Here, vergewe my asseblief” Hierdie is slegs 3 voorbeelde van aardse engele wat berus in God se wil en hul lewenspad blymoedig stap. En toe kry ek die antwoord Sondag in die kerk.

"In this life you are either busy living or busy dying. The difference is hope" - Onbekend

Om hoop te hē, maak die verskil. Om selfs in die slegste omstandighede steeds te soek na die positiewe en net daarop te fokus. Om hoopvol te wees is om godsdiens prakties te leef.

Dit gaan goed by Yăde en daarvoor kan ons slegs God, elke donateur, vriend en ondersteuner bedank. Ons het komberse ontvang waarvoor ons baie dankbaar is. Ons het ook 2 anomieme kontant skenkings ontvang. U weet wie u is. Baie dankie daarvoor. Die fondse is aangewend om ons munisipale rekenings op datum te probeer bring. Dit is egter onmoontlik om elke donateur se naam te noem, maar weet verseker dat u bydrae ‘n groot verskil maak.

Die afgelope naweek was Yăde ook deel van die Can-Can projek by die Windmill Casino. Baie dankie vir elke persoon wat die reën aangedurf het en u bydrae gelewer het. Baie dankie ook aan Johan Gunter van Radio Rosestad vir al sy harde werk.

Yăde reik ook soms uit na ander instansie indien dit moontlik is. Die afgelope maand het ons uitgereik na die volgende organisasies:
Oranje Selfhelp, Amore tehuis, Torings van Hoop, Kids Heaven, Kinderhuis, Bloemwes kerk asook 7 gesinne. Hierdie organisasies reik op hulle b***t uit na Yăde indien hul oorvloed het. Huidiglik huisves ons ook ‘n sendeling en sy gesin gratis. Dit is egter hartverskeurend indien ons nie in ‘n posisie is om te help nie, maar ons eerste prioriteit bly steeds ons 183 inwoners. Hierdie aksie sal nie moontlik wees sonder u bydraes nie.

Yăde se persoonlike behoefte op die oomblik is:
Rys, Mieliemeel, Vleis, Koffie, Suiker, Olie , Volwasse doeke, Pleisters (Perforated tape ) en enige grote gaas (wond versorging). Ons het ‘n donateur, Onsdorp, wat op ‘n maandelikse basis vir ons R1000 se doeke aankoop, waarvoor ons ongelooflik dankbaar is. Ons het ook 3 donateurs wat direkte inbetalings maak by Kwik-P. Indien u hierdie roete volg, sal ons dit waardeer indien u ons asb net in kennis kan stel daarvan.

Ons het dit goed gedink om ‘n opsomming van die uitgawes vir doeke te verskaf, indien ons geen donasies sou ontvang nie:

12 inwoners x 6 doeke per dag =
72 doeke per dag x 30 dae per maand = 2160 doeke .
In ‘n pak is 14 doeke wat R98,00 per pak kos.

R15 119,00 per maand slegs vir doeke. Ons het meer as 12 inwoners wat doeke gebruik, maar hulle voorsien hul eie doeke.

Yade ondersteun egter 12 inwoners ten volle teen ‘n koste van R15 119,00 per maand.

LIEF EN LEED:

Oorlede:
• Veronica Smidt
• Curry Smit
• Cielie Du Plessis

Verjaarsdae:
• Ina Brand
• Koekie Cordier
• Leon Barends
• Hendrik vd Westhuizen
• Mina Gouws
• Gerhard Marx
• Burt v Jaarsveld
• Hannah v Jaarsveld
• Lindie J v Nuwenhuizen
• Jan Penz
• Emmie Bezuidenhoudt
• Lenie Fourie

Dit het onder ons aandag gekom dat ‘n storie versprei word dat Yăde se kantoor verskuif het. Dit is nie die waarheid nie. Ons kantoor is steeds by Haldonweg 10, Willows
Die kantoor nommers: 051-5222800 of 051-5226089

Yăde gaan met volle geloof ons 5de bestaansjaar binne. Ons glo dat ons in hierdie nuwe jaar die verskil sal kan uitleef tussen moedeloosheid en blymoedigheid. Dat ons sal leer by die aardse engele en dit toepas op ons persoonlike lewens en dat daar weer hoop geskep kan word vir ‘n bejaarde. Terwyl die winterkoue aan ons vel byt, bid ons dat u ook Jesus se warm liefde in u lewe sal ervaar.

There are two ways to live your life. One is as though nothing is a miracle. The other is as though everything is a miracle
-Albert Einstein

FONDSINSAMELINGS TEN BATE VAN YADE:
Prowlers Black Jack Run
1 September 2012
Kom geniet ‘n pret dag by Ramblers Klub
Stalletjies, speletjies, Springkasteel vir die kinders en nog baie meer
Begin 10:00 tot laat
Groot Pryse te wen

Vir enige verdere navraag kontak:
Peter Konig 0834517010
Shriley Matthee 0826983850

Ek is `n Sterprojek/Yade golfdag
2 November 2012 – Bloemfontein Golfklub

BBS-formaat
R150 per persoon
Goodybag ingesluit
Pryse vir:
LONGEST DRIVE
LONGEST DAY
NEAREST TO PIN
Middagete van R50

Navrae: Marlene Jooste
Van Rensburg Patoloë

051-4104081 of 0833814009

Indien u sou belangstel om betrokke te wees of ‘n bydrae wil lewer, skakel asseblief die genoemde kontak persone

23/06/2012

Ons is vandag deel van die Can-Can projek. Baie dankie aan Johan Gunter vir sy bydrae. Onderstreun asb die projek by die Windmill Casino. Alle nie-bederfbare voedsel sal so waardeer word.

17/06/2012

Mag elke omie wat by Yade woon, vandag 'n wonderlike Vadersdag he. Dit wat ons daagliks van u leer, verryk ons lewens.

Address

Mangaung

Opening Hours

Monday 08:00 - 18:00
Tuesday 08:00 - 18:00
Wednesday 08:00 - 18:00
Thursday 08:00 - 18:00
Friday 08:00 - 18:00
Saturday 08:00 - 18:00
Sunday 08:00 - 18:00

Telephone

0842174178

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Yade Uitreik Aksie - Welsynsorganisasie vir Bejaardes posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share