25/01/2026
Verlede week het ek baie 'overwhelmed' gevoel, my kop werk oortyd soms en omdat ek so van die huis af werk en altyd hier is, voel ek soms net alleen en asof ek net moet uitkom. Ek het n oulike post van gesien en sy sê jy is jou eie celebration. Jy kan jou eie 'wins' vier. So toe vat ek n dag net vir myself.. wel n halwe dag, trek vir my ietsie mooi aan en gebruik my handsakkie wat ek hou vir n 'geleentheid' en gaan winkels toe in potch. Ek het vir my n kaaskoek en cappuccino bestel by mug en bean en buite gesit en na die wilgerbome gekyk. Ek werk hard, hou alles in stand en gee 120% van myself in alles wat ek doen. So die was sommer net vir myself. So doen dit..dit is great. Vier jouself. Koop daai bubblebath, trek mooi aan net wanneer jy wil, en drink daai glasie wyn.
My hele uitrusting is van Mr Price.. nie een op dieselfde tyd gekoop nie. Maar hoe cute is daai handsakkie. 🥰