Sonstraal Tehuis

Sonstraal Tehuis Sonstraal Tehuis is 'n tehuis met 24 uur versorging vir volwasse gestremdes. Ons het huidiglik nog plek vir 4 inwoners. Dagbesoekers is welkom!

Verskeie aktiwiteite (o.a swem, perdry, sang, opvoedkundige speletjies) word daagliks aangebied. Sonstraal Tehuis het ontstaan uit Sonstraal Skool wat al meer as 25 jaar buitengewone onderwys bied aan leerders wat nie in die hoofstroom byhou nie. Volwasse leerders het 'n permanente tuiste nodig gehad waar hul 24 uur versorg kan word. Daar was toe die tehuis begin is in Febr 2021 geen tehuis beskikbaar van Pretoria tot Polokwane nie. Daar is met die tehuis begin in 'n huurhuis maar van Mei 2021 is hul in hul eie huis. Daar is huidiglik nog plek vir 4 inwoners. Die inwoners word elkeen versorg volgens sy spesifieke behoeftes. Stimulerende aktiwiteite (swem, perdry, sing, opvoedkundige speletjies) en oefeninge is van die daaglikse aktiwiteite. Die tehuis se finansies word beheer deur 'n Beheerliggaam van die Sonstraal Maatskappy. Verdere inligting en kontakbesonderhede is beskikbaar op die webwerf www.sonstralers.co.za

22/04/2025
07/10/2024
Ons hoof, Hantie van Aardt,  was een van die sprekers by die Kongres. Ons is dankbaar vir die geleentheid wat Sonstraal ...
23/07/2024

Ons hoof, Hantie van Aardt, was een van die sprekers by die Kongres. Ons is dankbaar vir die geleentheid wat Sonstraal Tehuis gekry het om deel te neem aan so 'n puik, verrykende geleentheid. Baie dankie aan Solidariteit Helpende Hand vir die aanbied van die Helpende Kerke Kongres!

20/07/2024
17/07/2024

Bestuur ‘n tehuis vir persone met spesiale behoeftes só...

Die Solidariteit Helpende Hand Forum vir Persone met Gestremdhede bied aan 'n verrykingsoggend vir die bestuur van sentrums vir persone met spesiale behoeftes.
Kom geniet die oggend saam ons fantastiese sprekers; Marietha Malan (Departemensthoof: Alma Skool), Constanze van der Walt (Nasionale Operasionele Bestuurder: Fedsas) en Dr. Gustav Gous (Lewensafrigter en Internasionale Motiveringspreker).

Bespreek vandag nog jou sitplek: https://helpendehand.co.za/verrykingsoggend/
Besprekings sluit Woensdag, 24 Julie.

14/06/2024

Sluit by ons aan vir 'n Verrykingsoggend vir hoofde en bestuurders van sentrums vir persone met spesiale behoeftes. Saterdag, 22 Junie, by Bethanië Gemeente. Bespreek jou sitplek by amandak@helpendehand.co.za

Address

Bassonstraat 32
Modimolle
0510

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sonstraal Tehuis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Sonstraal Tehuis:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram