06/02/2026
Waterbergers wees paraat
Uit die pen van Jumas-operasionele bestuurder, Fanie Pretorius, kom wyse raad hoe om jouself en jou gesin te beveilig.
Onthou jou veiligheid begin by jouself. Jy is die eerste persoon wat die verantwoorde- likheid moet neem om seker te maak jy en jou familie oorleef 'n inbraak of selfs 'n aanslag op jou lewe. Wat is jou eerste en belangrikste stap van beveiliging?
Jy moet 'n veiligheidsvertrek in jou huis inrig.
Dit kan 'n spaarkamer of selfs jou hoofslaapkamer wees.
Maak seker jou veiligheidskamer het sterk diefwering voor die vensters en 'n sterk veiligheidshek voor die deur sodat die oortreders nie maklik toegang tot jou en jou familie kan kry nie.
Jou veiligheidsvertrek moet die oortreders buite hou totdat hulp van buite by jou kan uitkom.
Ken jou bure en hou alle noodnommers in jou veiligheidskamer.
Indien moontlik moet jy aansluit by 'n plaas- like sekuriteitsmaatskappy wat dadelik ge- wapende reaksiespanne na jou kan ontplooi.
Die volgende basiese artikels moet in jou veiligheidsvertrek wees:
Enige vorm van 'n wapen wat jy kan ge- bruik om die oortreders uit te hou sou hulle die vensters of deur van jou veiligheidsver- trek wil oopbreek.
Komunikasie middels. Selfoon en laaier is nodig. Indien moontlik kan 'n tweerigting radio wat met bure verbind is, ekstra seku- riteit bied. Sorg dat daar 'n kragpunt is om toestelle te kan herlaai.
Eerste hulptoerusting is noodsaaklik vir eni-
ge beserings aan familie tydens die voorval. Hou 'n klein voorraad van kroniese medi- kasie gestoor in die veiligheidsvertrek. Hou 'n kannetjie met skoon drinkwater altyd byderhand.
Hou ten minste twee brandblussers binne bereik in geval waar 'n brand gestig word.
Gasmaskers vir elke lid yan die in geval van gasse of rook wat by enige hardewarewinkel bekombaar is. Linne wat natgemaak is, kan ook voor die neus en mond gehou word om jou te beskerm teen inaseming van rook en gasse, in tye van
nood.
Komberse wat natgemaak is kan jou lig-
gaam beskerm teen hitte en brandwonde. Indien jy oor 'n geslote kamerastelsel beskik, sorg dat dit vanuit jou veiligheids- vertrek gemoniteer kan word. Waardevolle inligting kan aan die reaksiespanne verskaf word. Dit is ook belangrik om indien moont- lik 'n kamera aan die buitekant van jou veiligheidsvertrek bo die deur te installeer.
Dit is baie belangrik om jou familie voor te berei vir nood. Bespreek jul gebeurlikheids- planne met hulle. Hou hul ten alle tye kalm.
Gee vir elke lid van jou gesin 'n taak om te verrig en oefen die prosedure gereeld sodat daar nie wanorde is die dag wat julle in 'n noodsituasie is nie.
Stel 'n kodewoord vas wat die gesin kan gebruik as iemand onraad vermoed. Dit sal
die gesin in staat stel om sonder huiwering na die veiligheidsvertrek te beweeg. Ongelukkig leef ons in 'n tyd van oorlewing en hoe gouer ons by ons omstandighede aanpas hoe beter is ons kanse op oorlewing. Geen geld of besittings is ons en ons families se lewe werd nie.
Ons moet ons self beskerm teen aanranding, verkragting en moord totdat ons hulp van buite opdaag.
Voorsorg is beter as nasorg, wat gepaard gaan met sielkundige letsels, liggaamlike gebreke en 'n onsekere toekoms.
Kontak Jumas Security vir enige advies of kwotasie met betrekking tot u veiligheidsbe- hoeftes.
Fanie Pretorius: operasionele bestuurder by tel. 071 005 6617 of Francois Pretorius: tegniese bestuurder by tel. 074 714 6453 of vir Julius Weideman: direkteur by tel. 082 778 9213. Gaan loer gerus op hul webtuiste by: www. jumas-security.co.za (.)