27/06/2016
Ek sien vanoggend hier wonderlike wysheid weereens raak
Pro 3:1 My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar;
Pro 3:2 want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.
Pro 3:3 Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart,
Pro 3:4 dan sal jy genade vind en ‘n goeie insig in die oë van God en die mense.
Pro 3:5 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
Pro 3:6 Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.
Pro 3:7 Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad;
Pro 3:8 dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente
Hierdie is die kruks van genesing, ons hart. Die woord hart word drie keer in die verse hierbo genoem
Lees ook Pro 4:20 My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde,
Pro 4:21 laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart.
Pro 4:22 Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en ‘n genesing vir hulle hele liggaam.
Pro 4:23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.
Ons doen almal verwonding van die hart op langs die pad. 'n Verwonde hart is 'n hart wat net deur die Heilige Gees en Sy Woord, gesond gemaak kan word.
Siekte in die liggaam se oorsprong kom uit n verwonde hart.
'n Heel hart lei ook tot 'n heel liggaam en siel.
Gebed Here kom ondersoek my hart en heel dit verbind dit met die Balsem van Giliad (die Heilige Gees Olie) Besprinkel my hart met U kosbare bloed en heel dit deur U wonde. Jes 61 :1