Die Oog Aftree-Landgoed

Die Oog Aftree-Landgoed Die ideale Bosveld-aftrede met mediese gemoedsrus, ’n aktiewe leefstyl en veilige, asemrowende natuurskoon. Besoek www.dieoog.co.za

Die Oog Aftree-landgoed word ontwikkel deur die omskakeling van die gewilde Die Oog Warmbron vakansie-oord. Dit is geleë by ‘n natuurlike mineraalbron, in ‘n idilliese omgewing aan die voet van die Waterberg, net buite die dorpie Naboomspruit in die Limpopo Provinsie. Met sy natuurlike Bosveldomgewing, warm klimaat en wye verskeidenheid fasiliteite is Die Oog die ideale plek om af te tree. Die lan

dgoed bied uitstekende waarde vir geld. Al die vakansie-oord fasiliteite word behou en addisionele fasiliteite en dienste word ook gebou. Dit hou die voordeel in dat die aftree-landgoed van dag een af operasioneel kan wees en in die leefstylbehoeftes van sy inwoners kan voldoen.

Oor die 200 gaste bemagtig met fenoménale kennis by "In Gesprek Met" ☕✨Meer as 200 mense wat gretig was om te leer en hu...
28/05/2026

Oor die 200 gaste bemagtig met fenoménale kennis by "In Gesprek Met" ☕✨

Meer as 200 mense wat gretig was om te leer en hulself te bemagtig, het die besonderse "In Gesprek Met" middag bygewoon. Hierdie geleentheid by Die Oog Aftree-Landgoed is moontlik gemaak deur SAVF National Office 001-446 NPO

Terwyl gaste die heerlike sop en sjerrie geniet het, was die terugvoer oor die twee top-gassprekers oorweldigend positief:

Dawie Roodt oor die ekonomie:
"Hy praat so gemaklik," "sy kennis is fenomenaal" en "dit was so insiggewend." Gaste het die geleentheid deeglik benut om skerp vrae oor die ekonomie en beleggingsomgewing te vra.

Johlene Wasserman oor eiendomsreg en bestuur:
Haar aanbieding was gevul met energie en passie. Sy het die belangrikheid van proaktiewe optrede beklemtoon met die woorde: "Goeie bestuur begin lank voor die eerste dispute." Gaste het genoem dat dit ’n wonderlike geleentheid was om hulself te bemagtig, en baie het na die tyd nog entoesiasties met haar bly gesels om sake verder te bespreek.

Dit was ’n middag van uitstaande gehalte. Baie dankie aan SAVF vir die inisiatief en aan elke gas wat deel was van hierdie groot sukses.

Die inwoners se opgradering van Apiesdoring Park. 🌿✨Nog ’n mooi ruimte by Die Oog Aftree-Landgoed waar inwoners saam kan...
28/05/2026

Die inwoners se opgradering van Apiesdoring Park. 🌿✨

Nog ’n mooi ruimte by Die Oog Aftree-Landgoed waar inwoners saam kan ontspan en kuier.

Dankie aan elkeen wat deel was van die projek.

By Die Oog Aftree-Landgoed is daar ’n groot verskeidenheid fasiliteite en aktiwiteite wat inwoners se leefstyl verryk, e...
27/05/2026

By Die Oog Aftree-Landgoed is daar ’n groot verskeidenheid fasiliteite en aktiwiteite wat inwoners se leefstyl verryk, en een van die geliefde ruimtes is beslis die biblioteek.📚✨

Met ongeveer 13 000 boeke bied die biblioteek ’n indrukwekkende verskeidenheid Afrikaanse en Engelse fiksie, grootdrukboeke, topverkopers en nie-fiksie oor talle interessante onderwerpe.

Dit is ’n rustige ruimte waar inwoners kan ontspan, lees, nuwe stories ontdek en deel word van ’n ware skatkis van kennis en herinneringe. Baie van die boeke is oor die jare geskenk, wat die biblioteek nog meer karakter en hart gee.

By Die Oog is daar werklik iets vir elke inwoner om te geniet, van ontspanning en sosiale aktiwiteite tot ruimtes waar passie, kennis en gemeenskap saamleef.








Het jy al jou bywoning bevestig?SAVF National Office 001-446 NPO nooi u om saam te kom luister na twee uitstekende gassp...
25/05/2026

Het jy al jou bywoning bevestig?

SAVF National Office 001-446 NPO nooi u om saam te kom luister na twee uitstekende gassprekers wat waardevolle insigte oor die ekonomie, eiendomsreg en gemeenskapsontwikkeling gaan deel:

• Dawie Roodt – Stigter en Hoofekonoom van die Efficient Groep en welbekend op ontbytSAKE.

• Johlene Wasserman – Direkteur en Aktevervaardiger wat spesialiseer in gemeenskapskemas en eiendomsreg.

📅 Donderdag, 28 Mei 2026
🕐 13:00 – 15:00
📍 Die Oog Aftree-Landgoed, Limpopo

’n Middag van insiggewende gesprekke, nuwe perspektiewe en betekenisvolle netwerkgeleenthede wag op u.

Indien u in die omgewing is en graag saam wil kuier, bevestig asseblief u bywoning teen Dinsdag, 26 Mei 2026 deur ’n e-pos te stuur na:

dieoog.info@savf.co.za

Woensdagaand se Stoep Stories was iets besonders en het beslis ’n nuwe standaard gestel. Dit was vermaak uit die boonste...
23/05/2026

Woensdagaand se Stoep Stories was iets besonders en het beslis ’n nuwe standaard gestel. Dit was vermaak uit die boonste rakke van begin tot einde. 🤠

Baie geluk aan al die lekkerbek onthoustories-vertellers. Julle was absoluut briljant en het Woensdagaand onvergeetlik gemaak. 👏

’n Groot dankie ook aan die organiseerders vir ’n uitstekend gereëlde Woensdagaand vol lag, stories en lekker saamkuier.

Vroegoggend en laatmiddag by Die Oog Aftree-Landgoed … daar is net iets besonders aan die Bosveld se natuurskoon en rust...
21/05/2026

Vroegoggend en laatmiddag by Die Oog Aftree-Landgoed … daar is net iets besonders aan die Bosveld se natuurskoon en rustigheid. Dit bly een van die mooiste aftreeleefstyl-landgoedere waar inwoners elke dag die natuur, vrede en unieke Bosveld-atmosfeer opnuut kan waardeer.

SAVF National Office 001-446 NPO nooi almal by Die Oog Aftree-Landgoed om saam te kom luister na twee uitstekende gasspr...
20/05/2026

SAVF National Office 001-446 NPO nooi almal by Die Oog Aftree-Landgoed om saam te kom luister na twee uitstekende gassprekers:

Dawie Roodt – Stigter en Hoofekonoom van die Efficient Groep en welbekend op ontbytSAKE

Johlene Wasserman – Direkteur en Aktevervaardiger wat spesialiseer in gemeenskapskemas en eiendomsreg.

Donderdag, 28 Mei 2026
13:00 tot 15:00

‘n Geleentheid vol insiggewende gesprekke, waardevolle perspektiewe en praktiese raad oor die ekonomie, eiendomsreg en gemeenskapsontwikkeling.

Indien u in die omgewing is en saam wil kom kuier - kan u voor Dinsdag, 26 Mei 2026 vir ons 'n epos stuur na dieoog.info@savf.co.za om u bywoning te bevestig.

19/05/2026
🚧 𝗩𝗼𝗿𝗱𝗲𝗿𝗶𝗻𝗴 𝗯𝘆 𝗱𝗶𝗲 𝗻𝘂𝘄𝗲 𝗼𝗻𝘁𝘄𝗶𝗸𝗸𝗲𝗹𝗶𝗻𝗴 | 𝗙𝗮𝘀𝗲 𝟲 𝗠𝗶𝗱𝘀𝗼𝗿𝗴-𝗘𝗲𝗻𝗵𝗲𝗱𝗲 🚧Opwindende vordering word tans gemaak by die nuwe ontwikk...
14/05/2026

🚧 𝗩𝗼𝗿𝗱𝗲𝗿𝗶𝗻𝗴 𝗯𝘆 𝗱𝗶𝗲 𝗻𝘂𝘄𝗲 𝗼𝗻𝘁𝘄𝗶𝗸𝗸𝗲𝗹𝗶𝗻𝗴 | 𝗙𝗮𝘀𝗲 𝟲 𝗠𝗶𝗱𝘀𝗼𝗿𝗴-𝗘𝗲𝗻𝗵𝗲𝗱𝗲 🚧

Opwindende vordering word tans gemaak by die nuwe ontwikkeling se Fase 6 midsorg-eenhede by Die Oog Aftree-Landgoed.

Die waterpype is reeds afgelewer en installasie begin volgende week. Daarna volg die elektrisiteit en vesel (fiber) infrastruktuur.

Jan, die konstruksiebestuurder op die terrein, gee ook ’n mooi opsomming van die huidige vordering en volgende fases van die ontwikkeling.

🌿 𝘿𝙞𝙚 𝙊𝙤𝙜 𝘼𝙛𝙩𝙧𝙚𝙚-𝙇𝙖𝙣𝙙𝙜𝙤𝙚𝙙
Jou leefstyl in die natuur.

Address

Mineral Baths Road R520
Mookgopong
0560

Website

https://www.youtube.com/@DieOogAftree-Landgoed-x5v

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Oog Aftree-Landgoed posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Die Oog Aftree-Landgoed:

Share