15/04/2026
During the month of April we celebrate children that see and experience the world a little differently. Children that teach us that not everything has to be perfect to actually be perfect. So often, children on the Autism Spectrum remind us to take a step back and look beyond the ordinary. Beyond the typical way of communicating or taking part in activities. They remind us to find joy and beauty in the small victories. And isn’t that what we all need to do sometimes? Pause, reflect and really see a person. What makes them happy, what upsets them, or what is that one thing that just makes them tick?
That is what the families of these children do every day. They continue to find the silver lining between the shadows. They keep showing up.
To all the siblings, the parents, the extended family - we see you. Thank you for showing us what true love, patience and dedication is.
Ons deel graag ‘n kort stukkie uit die pen van ‘n mamma baie na aan ons hart. Marisa, dankie vir die voorreg om hierdie pad saam met julle te stap. Die band tussen al die lede in jou gesin is tasbaar en so mooi voorbeeld vir ons almal. Mag God julle ryklik seën en aanhou vorm soos sigbaar was die laaste paar jaar.
Uit die hart van ’n mamma met ’n kind op die spektrum:
Lank voordat ons ’n diagnose ontvang het, het ek diep in my hart geweet hierdie kind se doel op aarde is anders. God het hom vir ons gestuur, en hy pas perfek in ons lewe. Ons leer elke dag soveel by hom. Hy is nie soos ander nie, en dit is juis wat hom so spesiaal maak.
Hy is liefdevol en eerlik op ’n manier wat die wêreld van vergeet het — sonder pretensie, sonder voorgee. Hy vind geluk in die klein dingetjies, en herinner my elke dag daaraan om ook die mooi in die eenvoud raak te sien.
Oogkontak is vir hom soms ongemaklik, en ander kere laat hy my ongemaklik voel wanneer hy my met daardie diep, intense kyk reg in die oë vasvang. Vir ander mag dit vreemd lyk wanneer hy nie oogkontak maak nie, dit mag selfs lyk asof hy nie luister of omgee nie. Maar hy hoor alles, en hy gee baie om.
Sy lag is aansteeklik, en wanneer iemand seerkry, ontferm hy hom oor hulle met ’n sagtheid wat my hart laat smelt.
Hy het my geleer dat hoendervleisies in verskillende vorme — strippies, nuggets of balletjies — ook ’n volledige maaltyd kan wees. 🤭
Ons vier elke mylpaal, groot en klein.
Sy gedagtes is gevul met wonderlike dinge. Hy sien detail raak wat ander maklik miskyk, en hy onthou dinge op ’n manier wat net bewys dat alle soorte breine nodig is.
Hy leer my van die menslike liggaam — soms moet ek selfs gaan opsoek en feite nagaan net om seker te maak die man praat die waarheid. Van die klein brein en die groot brein tot die doel van die "pineal gland". 🫣
Hy leer my van dinosourusse, verskillende insekte, reptiele en planete.
Dit is nie altyd maklik nie. Daar is uitdagings, misverstande en dae wat swaar voel. Maar selfs in dit alles is daar altyd ’n silwer randjie, altyd hoop, liefde en verwondering.
En aan almal wat bereid is om hierdie pad saam met ons te stap: Dankie. Julle liefde, geduld en ondersteuning beteken meer as wat woorde ooit kan sê.❤️