Immergroen Tuis versorging / Home-based care

Immergroen Tuis versorging / Home-based care Immergroen
Sorg met Liefde en deernis
Care with love and compassion

05/08/2025
Ons is almal pelgrims op ‘n heilige reis – ‘n terugkeer na ons oorsprong, na ons ware self. Elke traan, elke wond, elke ...
15/05/2025

Ons is almal pelgrims op ‘n heilige reis – ‘n terugkeer na ons oorsprong, na ons ware self. Elke traan, elke wond, elke tree is nie verniet nie; dit bind ons aan mekaar, want pyn word lig wanneer dit gedeel word.

Niemand is gemaak om alleen deur die lewe te gaan nie. In elke mens leef ‘n stukkie van God se droom. En wanneer ons mekaar eer, luister, dra – dan leef ons Sy droom voluit.

Om een van Sy drome te ignoreer, is om die klank van lewe self te verswak. So vat Sy hand – en mekaar s’n – want in ons saamwees is God teenwoordig.

Babsie Botha

Immergroen Tuisversorging & VersorgingshuisVan Vleesbaai tot Jeffreysbaai bring Immergroen liefdevolle, meevoelende sorg...
02/05/2025

Immergroen Tuisversorging & Versorgingshuis

Van Vleesbaai tot Jeffreysbaai bring Immergroen liefdevolle, meevoelende sorg reg tot by jou huis.

NUUT: ’n Toegewydes Immergroen-versorgingshuis maak binnekort in Mosselbaai oop – die ideale oplossing vir mense wie se omstandighede nie meer tuisversorging moontlik maak nie.

Kom ons beweeg saam na liefde, deernis en nabyheid.
Of jy tuisversorging of ’n veilige, sorgsame plek vir jou geliefde nodig het – ons is hier om te help.

Skakel Babsie vandag by 068 738 8484 vir sorg gevul met liefde.

🌿❤️

Groot Nuus van Immergroen Tuisversorging!ONS OPEN ONS EERSTE SORG HUIS OP 1 JUNIE!24-uur versorging, maaltye en wassery ...
27/04/2025

Groot Nuus van Immergroen Tuisversorging!

ONS OPEN ONS EERSTE SORG HUIS OP 1 JUNIE!

24-uur versorging, maaltye en wassery is ingesluit.
'n Warm, veilige huis waar jy 'n goeie kwaliteit lewe kan geniet, met mediese, fisiese en emosionele ondersteuning altyd beskikbaar.

Kontak , Babsie, by 068 738 8484 – Ons sien uit daarna om jou te help.

❤️🌿

Immergroen Tuis versorging / Home-based care

Koester die kosbare oomblikke saam met geliefdesBy Immergroen bring ons persoonlike, liefdevolle versorging na jou huis ...
23/04/2025

Koester die kosbare oomblikke saam met geliefdes

By Immergroen bring ons persoonlike, liefdevolle versorging na jou huis sodat jy en jou familie elke oomblik saam kan geniet. Ons toegewyde versorgers bied hoëgehalte tuisversorging, wat jou geliefdes gemaklik en veilig hou – met respek, warmte en deernis.

Laat ons jou help om die mooie oomblikke te bewaar.
Immergroen – Vir sorg wat die hart raak.

Kontak ons vandag.

Babsie

068 738 8484

Laat liefde en sorg jou lei.In tye van nood en verandering, het ons almal soms net iemand nodig wat raak sien, luister e...
20/04/2025

Laat liefde en sorg jou lei.

In tye van nood en verandering, het ons almal soms net iemand nodig wat raak sien, luister en opreg omgee.

Elke mens, elke huis, en elke behoefte is uniek. Daarom verdien elke geliefde , en jy ook , ‘n sorgplan wat met wysheid en liefde geskep is.

By Immergroen glo ons nie in ‘n een-grootte-pas-almal-benadering nie. My hart is om sáám met jou te sit, te luister, en ‘n plan te vorm wat eerlik, bekostigbaar en vol omgee is.

Ons dienste strek vanaf Vleesbaai tot en met Jeffreysbaai , en sluit ook kleiner, afgeleë gemeenskappe in.

Skakel ons vandag ,en laat ons daar wees, vir jou en vir dié wat jy liefhet.

Babsie Botha

068 738 8484

In die Stil Ure van die LeweDaar kom ’n tyd wanneer die gejaag bedaar, en die wêreld stiller word. Dit is nie die einde ...
14/04/2025

In die Stil Ure van die Lewe

Daar kom ’n tyd wanneer die gejaag bedaar, en die wêreld stiller word. Dit is nie die einde nie, maar ’n nuwe ruimte—waar die gees dieper kyk en die hart rustiger klop. Hierdie tyd is nie leeg nie; dit is heilig. Jy dra nie net herinneringe nie, maar betekenis. Jy het geleer om te luister na wat nie gesê word nie, om te sien wat verby haas lê.

Nou is jou teenwoordigheid ’n anker. Jou woorde, al is dit min, dra die gewig van ondervinding. Jy hoef nie te bewys nie—jy ís genoeg. In jou bestaan lê daar ’n stille krag wat jonger harte wysheid gee.

Mag jy hierdie seisoen met waardigheid ontvang, met oë wat steeds verwonder, en ’n siel wat weet: jy is nog altyd op pad na iets groters binne jouself.

Babsie Botha
Immergroen Tuis versorging / Home-based care

By Immergroen glo ons:Ons siel word wyser, maar ons word nie oud nie.Ons poog om ons liefde, tyd en energie só te gebrui...
09/04/2025

By Immergroen glo ons:
Ons siel word wyser, maar ons word nie oud nie.

Ons poog om ons liefde, tyd en energie só te gebruik dat almal – jonk van hart en gees – immergroen bly. Of dit nou gaan oor daaglikse versorging, emosionele ondersteuning of net ’n liefdevolle teenwoordigheid – ons is daar.

Skakel Babsie by 068 738 8484
vir sorgsame begeleiding met die versorging van ’n geliefde.
Immergroen – Waar liefde jou dra.

04/04/2025
Die Vrees vir Jou Ouers se OuderdomDaar kom 'n dag wanneer jy die ouer van jou ouer word.Jou pa, eens sterk, beweeg stad...
04/04/2025

Die Vrees vir Jou Ouers se Ouderdom

Daar kom 'n dag wanneer jy die ouer van jou ouer word.

Jou pa, eens sterk, beweeg stadig en sukkel om op te staan. Jou ma, wat jou beskerm het, wil nie meer alleen wees nie. Hulle vergeet hul medisyne, sukkel met eenvoudige dinge, en jy besef: nou is dit jou b***t om vir hulle te sorg.

Elke kind is die ouer van hul ouer se einde. Dit is ons laaste kans om die liefde en sorg wat ons ontvang het, terug te gee.

Soos ons vir ons kinders sorg, moet ons nou vir ons ouers sorg. Handvatsels in die badkamer, relings langs die mure. Hul swakheid vra ons krag.

Gelukkig is die kind wat daar is, wat sê: "Ek is hier, Pa."

Tuisversorging


❤️

Address

Mosselbaai

Telephone

+27687388484

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Immergroen Tuis versorging / Home-based care posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Immergroen Tuis versorging / Home-based care:

Share