Jacques Louw Kliniese Sielkundige Mosselbaai

Jacques Louw Kliniese Sielkundige Mosselbaai In my werk fokus ek spesifiek op volwassenes wat persoonlike- of verhoudings probleme ondervind.

Do you retreat behind the safety of silence, hoping for anxiety to pass on its own? Then you may recognise yourself in a...
15/07/2025

Do you retreat behind the safety of silence, hoping for anxiety to pass on its own?

Then you may recognise yourself in a coping strategy that a client of mine followed for a long time. Here is Vincent's story...

In a quiet house by the sea, Vincent kept a guest room always locked. He never entered it. Never spoke of it. And when asked, he’d simply say, “It’s better that way.”

But anxiety came anyway.

Not through the front door, but in creaks and drafts, in sleepless nights and silent stares. Vincent felt the room without touching it. And in time, the locked door became louder than the worry itself.

One evening, he unlocked it.
Inside: no chaos, no monster — just a modest space. Familiar. There was a chair. A window. And light.

Vincent didn’t try to fix anxiety.
Or argue with it.
Or chase it out.

He gave it a seat.

Sometimes, it paced. Sometimes, it sulked. And sometimes, it simply sat beside him while he figured things out.

He stopped fighting it.

And the house grew quieter.

The guest room stayed open. And discomfort — when welcomed — asked less of him than denial ever did.

If you do want to try Vincents new strategy, then a safe therapeutic context could be an ideal place to "give your anxiety a seat" and start a conversation.

"Ek is nie goed genoeg nie".Jou denke beïnvloed hoe jy in verhoudings optree.  Selfs al voel ‘n gedagte na die waarheid ...
11/07/2025

"Ek is nie goed genoeg nie".

Jou denke beïnvloed hoe jy in verhoudings optree. Selfs al voel ‘n gedagte na die waarheid kan 'n gedagte nie die maatstaf word waarmee jy, jou geluk, bepaal nie.

Hier is ‘n paar stappe wat jy kan gebruik om jou gedagtes sagkens vas te hou sonder dat die jou lewe beheer.

Stap 1: Sien gedagtes as verbygaande gebeure nie as absolute waarhede.

In plaas daarvan om te sê “Ek is nie goed genoeg nie…” sê jy: “Ek het die gedagte dat ek nie goed genoeg is nie.” Dis ’n klein verskuiwing—maar dit verander alles. Jy is nie meer binne-in die gedagte nie. Jy kyk na die gedagte. Jy het net genoeg afstand geskep om vasgevang te wees nie.

Stap 2: Sien die gedagte as deel van ‘n radio-kanaal.

Jou brein is soos ’n radio.
En op sommige dae land dit op die “Ek is nie goed genoeg”- gedagte stasie.
Dan speel dit dieselfde stel boodskappe oor en oor.
Jy hoef nie met die radio te stry nie.

Jy hoef dit nie stil te maak nie.
Jy kan net sê:
“Aha, die Nie-goed-genoeg-Kanaal speel weer.”

Stap 3: Besluit wat vir jou belangrik is?

Wanneer daardie gedagte opkom—“Ek is nie goed genoeg nie”—vra jouself: “As ek op hierdie gedagte reageer, wat verloor ek?”

“Watter tipe verhouding met myself, en ander wil ek eerder kies—selfs al is die gedagte nog daar?”

Die doel is nie om die gedagte stil te maak nie. Die doel is om ’n lewe te leef op meer is as net ‘n gedagte.

Terapie kan jou help om ’n nuwe verhouding met jou eie denke te bou—een wat minder veroordelend, vryer, en meer in lyn is met wat vir jou regtig saak maak.

Imagine a suitcase which you have carried for a long time holds pieces of your past—Memories, beliefs, fears…Some of the...
09/07/2025

Imagine a suitcase which you have
carried for a long time holds pieces of your past—

Memories, beliefs, fears…
Some of them are yours.
Some were handed to you.
Some you packed without even knowing.

You bend down, slowly, and open the case.
Inside, you see familiar things:
A moment of pain.
A voice that told you that you weren’t enough.
A memory that still stings.

You don’t need to fix or fight what you find.
Just notice.

Now gently ask yourself:
“What am I still carrying that no longer serves me?”
“What can I set down, even just for now?”

Maybe it’s a story you’ve outgrown.
A fear that’s kept you small.
A belief that was never really yours.

You begin to unpack—
Not to erase the past,
But to carry it differently.
You fold what still matters.
You thank what once protected you.
And you let go of what weighs you down.

Now, close the suitcase.
It’s lighter.
You’re lighter.
You take a breath.

And when you’re ready, you begin to walk forward—
Not dragging the past,
But walking with it, gently, wisely, on your own terms.

Pynvolle ervarings uit die verlede kan voel soos onsigbare drade—styf vasgeknoop om jou gedagtes, lyf en verhoudings. So...
08/07/2025

Pynvolle ervarings uit die verlede kan voel soos onsigbare drade—styf vasgeknoop om jou gedagtes, lyf en verhoudings.

Soms fluister hulle ou stories:
“Jy is nie veilig nie.”
“Jy is nie goed genoeg nie.”
“Dit gaan weer gebeur.”

Maar genesing beteken nie om te vergeet nie.
En dit beteken ook nie om voor te gee die verlede het nie saak gemaak nie.
Dit beteken om die greep wat daardie stories op jou hede het, losser te maak.

Dalk net om met begrip te sê:
“Ja, dit het gebeur. En tog—ek kies hoe ek vorentoe beweeg.”
Om jouself los te maak van jou pynvolle verlede is nie om dit uit te wis nie.

Dis om jou vermoë terug te neem om nou anders te reageer.
Om vanuit jou waardes te leef, nie vanuit jou wonde nie.
Om jou storie te dra—nie as ’n las nie, maar as wysheid.

Spiraaltrap-denke.  As jy geneig is om 'n probleem te oord**k  (net om dan in 'n spiraal van onsekerheid vasgevang te wo...
02/07/2025

Spiraaltrap-denke. As jy geneig is om 'n probleem te oord**k (net om dan in 'n spiraal van onsekerheid vasgevang te word) is hierdie dalk vir jou 'n nuttige uitweg:

Stel jou voor jy staan op ’n spiraaltrap binne-in ’n hoë, toring.

Jy neem ’n tree op, op soek na ‘n antwoord vir jou ongelukkigheid.

Jy d**k:
“As ek net kan uitvind hoekom ek só voel, sal ek beter voel.”
Nog ’n tree:
“Miskien is dit omdat ek onseker is.”
Nog een:
“Of dalk is dit omdat hierdie verhouding nie reg is nie.”
En nog een:
“Of dalk is ek net bang om alleen te wees.”

Jy hou aan klim gedagte ná gedagte. Dit voel soos beweging. Dit voel asof jy vorder.

Maar dan stop jy… en besef:

Jy kom nêrens nie.
Jy draai net in sirkels—miskien hoër, maar nie vryer nie.
Jy is steeds vasgevang in dieselfde toring, steeds binne-in jou kop.

Die oplossing?

Daar is nie ’n finale insig wat bo vir jou wag nie.

Geen perfekte gedagte wat uiteindelik vrede sal bring nie.
Want die trap was nooit bedoel om jou uit te lei nie—dit is gebou om jou aan die gang te hou.

Maar daar is ’n stil deurtjie aan die kant van die trap.
Dit lyk nie indrukwekkend nie. Dit belowe nie sekerheid nie.
Maar dit lei na buite—na die wêreld van aksie, verbinding en waardes.

Om daardie deur te neem, hoef jy nie die spiraal op te los nie.
Jy hoef dit net raak te sien.

“Aha, ek is weer op die spiraaltrap. My gedagtes is besig om te klim.”
“Ek hoef nie aan te hou nie. Ek kan afstap.”

En dan vra jy:

“Wat is vir my belangrik op hierdie oomblik?”
“Wat is een klein tree wat ek kan neem—nie op nie, maar uit?”

Onsekerheid in verhoudings kan moeilik wees—veral wanneer angs betrokke is.  As jy ‘n behoefte het om die impak wat angs...
27/06/2025

Onsekerheid in verhoudings kan moeilik wees—veral wanneer angs betrokke is. As jy ‘n behoefte het om die impak wat angs op jou verhoudings het beter te verstaan oorweeg ‘n terapeutiese konsultasie.

Binne so ‘n gesprek kan ons uitwerk hoe angs jou verhoudings beïnvloed. Saam ontdek ons jou verhoudings patrone, herformuleer uitgeleefde perspektiewe en ontwikkel ons praktiese stappe wat jy sou kon gebruik vir meer vervulde verhoudings.

Skakel die praktyk direk op: 0824529260 of gebruik 'n epos: psychologist@jacqueslouw.com

Kroniese (fisiese) pyn affekteer nie net die liggaam nie maar beïnvloed mense se geluk, selfwaarde en verhoudings met an...
18/06/2025

Kroniese (fisiese) pyn affekteer nie net die liggaam nie maar beïnvloed mense se geluk, selfwaarde en verhoudings met ander. Kroniese pyn bou mure. Dit verander ‘n mens se gedagte patrone.

Kroniese pyn tap ‘n mense se emosionele reserwes. Dit versteur - onder andere – jou slaap patrone wat bydra tot uitputting. Kroniese pyn laat mens met min ‘krag’ (of geduld) vir ander en hul probleme. Persone met kroniese pyn onttrek hulself dikwels van ander. Die sosiale isolasie verminder nie net die kans vir ondersteuning nie, maar kan spanning in verhoudings verhoog, veral as ander party nie besef wat fout is nie.

‘n Groot persentasie van persone met kroniese pyn ervaar depressie en (of) angstigheid.

Jy hoef nie in isolasie te sit nie. In terapie kan jy, in ‘n veilige ruimte, die effek wat kroniese pyn op jou verhoudings het kom deel. Saam kan ons alternatiewe hanterings meganismes ondersoek wat jy kan gebruik om jou verhoudings te reguleer sodat jy die ondersteuning vind wat jy verdien.

Vir moeders met volwasse kinders kan hierdie dag ’n mengsel van emosies bring.  As eensaamheid, verlange of ‘n tikkie we...
11/05/2025

Vir moeders met volwasse kinders kan hierdie dag ’n mengsel van emosies bring. As eensaamheid, verlange of ‘n tikkie weemoedigheid jou op hierdie dag oorval onthou dit: ‘n moeder se liefde vervaag nie! Moederliefde - en per implikasie jy - bly vir altyd verweef in jou kinders se herinneringe. Jou liefde is die blou-druk waarop jou kinders aanhou liefde gee (en ontvang) in verhoudings met ander. In die sin bly jou liefde, alomteenwoordig. Jy word steeds gesien en gewaardeer al is jy nie (vandag) by hulle nie.

Die verskil tussen paniekaanvalle en angstigheid lê in hul aard, simptome en duur:Paniekaanvalle:(1) Dit is 'n kort epis...
31/03/2025

Die verskil tussen paniekaanvalle en angstigheid lê in hul aard, simptome en duur:

Paniekaanvalle:
(1) Dit is 'n kort episode van intense vrees of ongemak wat skielik opduik sonder waarskuwing of sonder ‘n spesifieke sneller.
(2) Simptome kan insluit hartkloppings, sweet, bewerigheid, kortasem, en 'n gevoel van dreigende gevaar.
(3) Paniekaanvalle se simptome kan binne minute tot 'n halfuur afneem.

Angstigheid:
(1) Dit is 'n aanhoudende toestand van oormatige bekommernis oor alledaagse dinge wat soms nie gekoppel is aan 'n spesifieke situasie nie.
(2) Simptome kan insluit rusteloosheid, moegheid, konsentrasie probleme, spierpyn en slaap probleme.
(3) Dit is 'n langdurige toestand wat oor maande of jare kan voortduur.

Beide paniekaanvalle en angstigheid het ‘n impak op 'n mense se daaglikse lewe wat kan lei tot probleme in die werk of binne verhoudings.

Skakel die praktyk vir meer inligting op 082 452 9260. Kantore in Danabaai en DaNova.

28/02/2025

Paniek aanvalle (en die konsekwensie daarvan) is nou verweef met die (kommunikasie-) patrone binne huwelik- en familie verhoudings. So byvoorbeeld, as die grense tussen gesinslede baie oop is, is gesinslede gewoonlik hoogs reaktief teenoor mekaar se emosies. As een maat oorbewus is van die ander se krisisse (en subtiel gedwing word om daarop te reageer) of as een maat (of, ouer) konstant inmeng (of aanhoudend voorskryf) dan kan dit ander oorweldig, en ‘n teelaarde word vir paniek aanvalle.

So ook, kan die spesifieke rol wat ‘n persoon in verhoudings vertolk (byvoorbeeld: ondersteuner/ super ma / die voorbeeldige kind) onderliggende stres/angs veroorsaak wat later oorweldigend kan raak veral as daar nie binne die verhoudings ‘n manier is om die stres te verlig nie.

Die vlak van ondersteuning (van ander) en die hanterings meganismes binne die gesin speel ‘n rol in paniek aanvalle. Soms kan ‘n ouer (as die ander ouer afwesig is, of min ondersteuning bied) ‘n kind (onbewustelik) ‘koöpteer’ (as ‘maat’) wat nie net, die grense tussen ouer ek kind vervaag nie, maar dit vir die kind onmoontlik maak om daarop te reageer (behalwe met iets soos angs en/of ‘n paniek aanval).

Paniek aanvalle is ‘n terugvoer meganisme aan jouself, of aan ander, “dat iets” in jou verhoudings nie werk nie (of dat verandering nodig is). Die fisiese ervaring van ‘n paniekaanval (dat die aanval jou fisiek oorweldig) werk gelyktydig op sielkundige vlak - as ‘n gevoel dat jy - in verhoudings met ander oorweldig word.

Skakel die praktyk as julle as egpaar (of gesin) sou belangstel om die (spesifieke) betekenisse en meganismes van paniek aanvalle in julle verhoudings te eksploreer.

In my werk fokus ek spesifiek op volwassenes wat persoonlike- of verhoudings probleme ondervind.

21/02/2025

Katastrofiese denke verwys na 'n denkpatroon waarmee 'n gebeurtenis oordrewe (of onrealisties) negatief geïnterpreteer en die ergste moontlike uitkoms verwag (of oorbeklemtoon word) word. “Niks gaan ooit weer regkom nie...”.

Katastrofiese denke spruit dikwels uit diepgewortelde vrees en angstigheid. Angs kan die brein se vermoë om gebeure realisties te oordeel, belemmer en lei tot oordrewe bekommernisse oor potensiële gevare. Sommige mense gebruik dit as 'n manier om voor te berei vir die ergste scenario, selfs al is die kans daarvoor laag.

• Persoonlike ervarings kan katastrofiese denke aanwakker. As iemand 'n traumatiese ervaring gehad het, kan hulle meer geneig wees om in die toekoms dieselfde uitkomste te verwag.

• Perfeksioniste kan ook geneig wees tot katastrofiese denke. Bekommernis oor die gevolge van klein foute en die moontlikheid van mislukking, kan tot oordrewe negatiewe gedagtes lei.

• 'n Gebrek aan beheer oor situasies kan gevoelens van hulpeloosheid en oordrewe bekommernisse veroorsaak. Deur die ergste te verwag, glo party dat hulle negatiewe uitkomste beter sal kan hanteer.

Dit is ironies dat pogings om angs, stres en onsekerheid met katastrofiese denke te probeer kontroleer juis die ervarings kan vererger. Hierdie gewoonte kan besluitneming belemmer, verhoudings versuur, en bydra tot gevoelens van hopeloosheid.

Skakel die praktyk op 082 452 9260 vir verdere ondersoek.

In my werk fokus ek spesifiek op volwassenes wat persoonlike- of verhoudings probleme ondervind.

Dit is ‘n mite dat aftrede rus en vrede in huweliksverhoudings teweegbring. Probleme wat voorheen in die huwelik teenwoo...
13/02/2025

Dit is ‘n mite dat aftrede rus en vrede in huweliksverhoudings teweegbring. Probleme wat voorheen in die huwelik teenwoordig was, het ‘n geneigdheid om na aftrede te verskerp.

Die idee dat ons baie dinge saam gaan doen bly vir baie afgetredenes ‘n ydele of kortstondige ideaal. D**k hieroor na. Voor aftrede het elke maat hul eie selfstandige roetines, ritmes, en daaglikse gewoontes gehad met beperkte tyd vir saamwees (saans en oor naweke). Na aftrede word die patroon omgedraai. Die egpaar word nou gekonfronteer met groot hoeveelhede gedeelde tyd wat (onafwendbaar) beperkings plaas op die ander maat se individuele roetines en gewoontes.

Hierdie (nuwe) interafhanklikheid van mekaar (waar die een se gewoontes inmeng met die ander sin, en albei moet aanpas) word verder bemoeilik as daar ‘n groot verskil is tussen elkeen se behoefte aan persoonlike ruimte en alleentyd. As die een maat van konstante geselskap hou en die ander maat meer alleen tyd nodig (om te herlaai) kan hierdie verskillende spanning veroorsaak. As jy gewoond was om jou eie dinge te doen (bv. te inkopies doen) en nou wil jou maat altyd saamgaan verloor jy bietjie van ‘jouself’.

Pogings om die verhouding te reguleer (in terme van saamwees en alleentyd) word dikwels bemoeilik as die egpaar hulle gevestigde sosiale netwerke verlaat (vir die huisie by die see). Dit verhoog isolasie en ‘n oor afhanklikheid van my maat. Aftrede beteken ook gewoonlik ‘n afskaal na 'n kleiner plek. In die ruimte is daar nie altyd ‘n spesifieke area in die huis waarna ‘n maat sou kon onttrek (sonder die moontlikheid dat die ander maat kan inmeng nie). Finansiële bekommernisse beperk dikwels ook die buitemuurse aktiwiteite, en as maats se spandering patrone verskil kan onderliggende spanning voortdurend in die verhouding voorkom.

Oorweeg ‘n gesprek met ‘n huweliksberader as julle na aftrede baie konflik, isolasie of stres in die huwelik ervaar. Skakel die praktyk op 0824529260 of maak gebruik van die WhatsApp skakel.

Address

16 Malva
Mosselbaai
6510

Opening Hours

Monday 09:00 - 04:30
Tuesday 09:00 - 05:00
Wednesday 09:00 - 05:00
Thursday 09:00 - 06:00
Friday 09:00 - 05:00
Saturday 09:00 - 02:00

Telephone

+27824529260

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Jacques Louw Kliniese Sielkundige Mosselbaai posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Jacques Louw Kliniese Sielkundige Mosselbaai:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram