Amoré Bosch - Storie van Geloof

Amoré Bosch - Storie van Geloof In net 5 dae, het dit gegroei met 3 cm en strek tot by haar bors. OPERASIE: 27 Februarie

Amorè, 16 jaar oud, het op Woensdag 11 Februarie, uitgevind daar is 'n 17 cm x 12 cm vergroeisel op haar linkerkantste eierstok met 'n massa van ongeveer 2 LITER.

"FOR THE LORD, YOUR GOD, WILL BE WITH YOU WHEREVER YOU GO."Hierdie is vir JOU!💜💟STILTEOns is stil, maar ons sien al die ...
03/03/2026

"FOR THE LORD, YOUR GOD, WILL BE WITH YOU WHEREVER YOU GO."

Hierdie is vir JOU!💜

💟STILTE
Ons is stil, maar ons sien al die kommentaar, gebede en boodskappe wat julle vir ons as gesin los. Soms spreek stilte groot volumes!

DANKBAAR vir julle
Ons is dankbaar. Ons was een van die bitter min, maar gelukkige ouers wat met die ondersteuning van die gemeenskap, vreemdelinge en mense wat ons ken - die onkostes tot dusver tenvolle kon dek. En dit laat ons rustig slaap saans.

DANKIE!💗

Haar stryd voel nou selfs swaarder as voor die operasie, maar ons weet dat elke tree nader aan genesing is.

Ons staan vas – nie in ons eie krag nie, maar in geloof en gebed!🙌

DIE TWEEDE OPINIE🚨Dit gaan ongelukkig nie goed na Vrydag se operasie nie. Sy ondervind erge borspyn, sukkel met asemhali...
03/03/2026

DIE TWEEDE OPINIE🚨

Dit gaan ongelukkig nie goed na Vrydag se operasie nie. Sy ondervind erge borspyn, sukkel met asemhaling en verloor kort-kort bewussyn.

Amorè kan eers Donderdag 15:00 die spesialis sien - almal is vol geboek.

Dankie vir almal se ondersteuning en gebede in hierdie moeilike tyd. 🙏💜💛

Julle maak dit makliker om die klein dinge te veg waaroor ons nie post nie. 💜

24 UUR NA DIE OPERASIE💜Amoré het vanmiddag nog goed gevoel gegewe die omstandighede. Baie seer, baie moeilik om te bewee...
28/02/2026

24 UUR NA DIE OPERASIE💜

Amoré het vanmiddag nog goed gevoel gegewe die omstandighede. Baie seer, baie moeilik om te beweeg. Maar sy het wel beweeg!

Net ń paar minute gelede het haar Ma, redelik doodmoeg van die stryd die afgelope twee weke, ons laat weet dat Amoré nie so goed doen nie. Haar lyf is swak, sy het bitter seer - 20/10.

Dis moeilik om jou kind so te sien en hulpeloosheid neem oor. Maar ons gee tonne vol liefde en eindelose ondersteuning.

Soos wat julle vir ons gee!!!

Ons is totaal en al platgeslaan met die belangstelling in hierdie storie van geloof - en baie gebed. Ons volgers het oornag 400 meer geword en die kommentaar is bewyse van ń gemeenskap wat saam staan!

Ons wil SÓ graag op elke kommentaar en boodskap wat julle vir ons laat gaan reageer!! Ons harte brand!!🔥❤️‍🔥

Maar ons is net twee mense met voltydse werke en ń familie van ons eie wat saam met Mamma Tania Bosch die Page aan die gang hou.

Wees asseblief geduldig maar moet asseblief NIE stop met julle boodskappe, gebede en omgee nie!!💜💛💜💛

Vir nou, gaan ons eers ń foto weer deel met ń vers wat soos ROTS vasstaan in ons huis - elke dag!

Amoré is broos - ons sal later weer kiki’s neem!💜

Amorè was reeds 11:20 uit teater uit en in die herstel kamer. Ons het as gesin eers tyd geneem om net in te neem wat all...
27/02/2026

Amorè was reeds 11:20 uit teater uit en in die herstel kamer.

Ons het as gesin eers tyd geneem om net in te neem wat alles in die teaterkamer gebeur het en wat die volgende stappe is.

🟠WAT HET IN DIE TEATER GEBEUR?🟠
🔺Op 11 Februarie was die massa van die vloeistowwe 2 Liter - VANDAG het die span ń totale 4 Liter laat uit tap, en toe die gewas verwyder.

Dit is hoekom sy so seer gehad het, die massa het VERDUBBEL in minder as tien dae!

🔺Haar linkerkantste eierstok is verwyder. Huidiglik is die regterkantste eierstok nog gesond.

🔴WAT WAG OP ONS?🔴
🔺Daar word drie verskeie toetse gedoen om te bevestig of daar enige kanker-aktiewe selle of vergroeisels is.

🔺Toetse word gedoen om vas te stel of daar virusse of bakterieë in haar lyf is of enigsins in die massa was.

Vir nou is ons net sò dankbaar dat sy die operasie ondergaan het en die massa VERWYDER is!

Saam julle O N G E L O O F L I K E ondersteuning, omgee en die fondse wat julle as ń gemeenskap saam ingesamel het vir Amoré, was VANDAG moontlik! 💜💛💜💛

Ons gaan later vandag weer laat weet hoe Amoré voel.

Ons belofte aan julle, wat so baie van julle tyd belê in hiérdié STORIE VAN GELOOF, is om julle op hoogte te hou en soveel mense as moontlik te inspireer!💜💛

Ek d**k dis tyd…I RAISE A HALLELUYAH!🙏🙌

27/02/2026

Amorè is pas uit en in Recovery Room.

Ons hou julle op hoogte wanneer ons met die dokter gesels het 💜💜💜

Van een ouer na ’n ander 💜In die afgelope twee en ’n half weke het ons ’n ander kind leer ken. Soms bang, soms ongeloofl...
27/02/2026

Van een ouer na ’n ander 💜

In die afgelope twee en ’n half weke het ons ’n ander kind leer ken. Soms bang, soms ongelooflik dapper. Soms deurmekaar en verward, en dikwels bang vir die vrae oor wat die operasie werklik kan beteken...

Ons het haar moegheid gesien. Ons het meer ure in haar kamer deurgebring as in enige ander deel van die huis, want die afgelope vyf dae het sy net geslaap.

Ons het gesien hoe seer en ongemaklik dit vir haar is om eenvoudige take te verrig – dinge wat normaalweg vanselfsprekend gebeur.

Ons het ons kind gesien… en toe het ons ’n kind gesien wat moeg is.

Amorè se Ma Tania Bosch, haar pa Eduard Bosch en haar ouer sussie Bonita Bosch sit en wag – wag om hierdie keer ’n ander soort moegheid te sien. Nie die moegheid van pyn nie, maar die moegheid wat kom wanneer genesing begin.

0️⃣8️⃣:5️⃣5️⃣Amorè is in. Bid vir 90 sekondes 💜
27/02/2026

0️⃣8️⃣:5️⃣5️⃣

Amorè is in.

Bid vir 90 sekondes 💜

Binne die volgende paar uur stap ons by die gang af wat ons redelik bang maak. Ons weet enige operasie het risiko’s, maa...
27/02/2026

Binne die volgende paar uur stap ons by die gang af wat ons redelik bang maak. Ons weet enige operasie het risiko’s, maar vandag s’n is amper heeltemal onbekend.

Maar ons gaan nie nou daaraan d**k nie - vir nou maak ons grappies oor haar nuwe ‘outfit’ - tieners se mode is mos nou nie ń oorgroot laken wat net een kant toe maak nie! 😅

Maar ons deel nog altyd ons rou eerlikheid -
Hièrdiè hart van ń ouer breek terwyl ons hier sit en wag vir die porters.
Sy lyk so klein… so dapper…

Na alles moet ons nog wag vir die biopsie-uitslae ook.

Dit voel oorweldigend.

Ons plaas vir Amoré in God se hande en vertrou elke dokter, elke verpleegster en elke besluit wat vandag geneem word.

Asseblief, dra haar vandag in julle gebede. 🙏

Bid vir wysheid.
Bid vir beskerming.
Bid vir ’n suksesvolle operasie en ’n vinnige herstel.

Dankie aan elkeen wat ons ondersteun, wat boodskappe stuur en saam met ons glo. Ons voel elke gebed.

Ons dogtertjie is ongelooflik dapper… maar vandag het sy al ons krag nodig 💜💛💜

In liefde en hoop -
die Bosch-gesin

4 uur vanoggend is die Bosch-gesin al in die kar en oppad! 27 Februarie het uiteindelik aangebreek!Ons is veilig by die ...
27/02/2026

4 uur vanoggend is die Bosch-gesin al in die kar en oppad!

27 Februarie het uiteindelik aangebreek!

Ons is veilig by die hospitaal, Amorè voel sterk en reg vir die dag!

Ons hou julle op hoogte van die dag se dinge. Maar ons staan vas in geloof in goedheid, guns en gesondheid!💜💛

Amorè pak vanaand. Sy pak soveel meer as net pantoffels, die gunsteling-kussing en ń japon. Sy pak hoop, moed en julle a...
26/02/2026

Amorè pak vanaand.

Sy pak soveel meer as net pantoffels, die gunsteling-kussing en ń japon.
Sy pak hoop, moed en julle almal se gebede saam!

Ons is totaal en al toegegooi met almal se liefde en omgee vir Amorè se storie! Ons voel weer die sonskyn na die storm!! 🌥️

Terwyl môre ń uitdagende dag vir ons gesin gaan wees, gaan ons dit aanpak met dieselfde gemoed as wat ons almal saam geskep het op hierdie Page!!💜💛💜

Ons hou julle op hoogte - dit was ons belofte van die begin af, en so sal dit wees. 🙏💜

Kan jy vanaand, of vroeg môre-oggend jou gunsteling “Ek stap in Geloof” tipe vers met ons deel in die comments?⬇️✨

vir julle!

To our dearest English Followers: THE WAITING PERIOD‼️  In less than 24 hours, we’ll take the early morning road to Rose...
26/02/2026

To our dearest English Followers:

THE WAITING PERIOD‼️
In less than 24 hours, we’ll take the early morning road to Rosebank Clinic, where Amorè will finally be admitted for her emergency surgery!

We say “finally” – as if we’ve been waiting for months like so many others must. But in truth, we have been incredibly blessed: to meet the gynecologist we did, and to have the unconditional support of our followers, donors, family, and friends who continue to stand with us EVERY SINGLE DAY! 💜

Without you, and without the Power of the amazing God we serve, none of this would have been possible in just thirteen days!

I RAISE A HALLELUYAH!!! 🙌

HOW IS AMORÈ DOING?
She sleeps a lot – which is good in this season, giving her body the rest it needs and limiting her movement. But she is in a lot of pain. She feels very uncomfortable, especially because the mass on her o***y continues to grow – as confirmed again last week. It is visibly noticeable too. Naturally, we are anxious about her stomach being so hard, but with faith as small as a mustard seed, we take a deep breath, send up a prayer for healing, and face the rest of the day with renewed hope. 🙏💛

Today, instead of sharing how fragile, fearful, and uncertain things feel, we’d rather show a joyful photo of Amorè from earlier this year when she was feeling well.

Take just today and pray with us. Pray for Amorè’s healing. Pray for the doctors – that they will act with full wisdom and skill. Pray that my child will once again be given the chance to live a normal life.

Address

Rhodes Avenue
Nigel

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Amoré Bosch - Storie van Geloof posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram