05/11/2025
𝗘𝗸𝘀𝗮𝗺𝗲𝗻 𝗶𝘀 𝗼𝗺 𝗱𝗶𝗲 𝗱𝗿𝗮𝗮𝗶 📚😬
Dis maklik om te d**k dat “meer leer” altyd die antwoord is, maar dikwels is dit die klein goedjies wat die grootste verskil maak vir fokus, energie en emosies.
😴 𝟭. 𝗚𝗼𝗲𝗶𝗲 𝘀𝗹𝗮𝗮𝗽
Slaap is die groot geheim vir beter fokus, geheue en bui.
👉 Help deur ’n rustige aandroetine te skep
🚶♀️ 𝟮. 𝗕𝗹𝘆 𝗮𝗸𝘁𝗶𝗲𝗳
Baie sport stop gedurende eksamentyd — maar moenie dat beweging heeltemal verdwyn nie. Vars lug, sonlig en beweging verhoog serotonien (jou “happy hormone”) en verbeter bloedvloei na die brein.
👉 Selfs net ’n kort stap, fietsrit of 10 minute bal skop kan wonderwerke doen.
🥦 𝟯. 𝗘𝗲𝘁 𝗴𝗲𝗯𝗮𝗹𝗮𝗻𝘀𝗲𝗲𝗿𝗱
Die brein hou van goeie brandstof!
Vermy suiker- en kafeïenpieks wat jou energie laat val soos ’n suikerval.
👉 Fokus op:
• Proteïen (hoender, eiers, tuna, jogurt)
• Goeie vette (avokado, neute, visolie)
• Kompleks koolhidrate (bruin brood, hawermout, vrugte)
• Genoeg water!
📵 𝟰. 𝗠𝗶𝗻𝗱𝗲𝗿 𝘀𝗸𝗲𝗿𝗺𝘁𝘆𝗱
Na ure se leer wil kinders gewoonlik afskakel met ’n skerm — maar dit hou hul brein aan die gang.
Blou lig uit skerms verwar die brein se “slaapsein”, en sosiale media kan stres verhoog.
👉 Stel grense vir skermtyd en moedig alternatiewe aan: luister na musiek, teken, lees of gesels.
💊 𝟱. 𝗢𝗻𝗱𝗲𝗿𝘀𝘁𝗲𝘂𝗻 𝗺𝗲𝘁 𝗯𝗲𝗹𝗮𝗻𝗴𝗿𝗶𝗸𝗲 𝗮𝗮𝗻𝘃𝘂𝗹𝗹𝗲𝗿𝘀
Soms kort die liggaam net ’n bietjie ekstra ondersteuning, veral tydens stresvolle periodes.
Die volgende aanvullings kan help:
• Magnesium: vir ontspanning en beter slaap
• Sink: vir immuniteit en breinfunksie
• Vitamien D: vir bui, energie en immuniteit
• Omega’s: vir breinontwikkeling en fokus
• Vitamien B12: vir energie en senuwee-ondersteuning
🧠 𝟲. 𝗞𝗼𝗻𝘀𝗲𝗻𝘁𝗿𝗮𝘀𝗶𝗲 𝗶𝘀 𝗻𝗶𝗲 𝗻𝗲𝘁 𝘃𝗶𝗿 𝗲𝗸𝘀𝗮𝗺𝗲𝗻𝘁𝘆𝗱 𝗻𝗶𝗲
As jou kind sukkel om te fokus, is dit belangrik om dit regdeur die jaar aan te spreek.
💙 Sterkte aan al ons slimkoppe (en hul ouers)!
Onthou, rus en balans is deel van sukses. Julle het hierdie!