Dokter Wessel Vermeulen Praktyk

Dokter Wessel Vermeulen Praktyk Dr Wessel Vermeulen Praktyk inligtingsblad

CJ Langehoven: Jy moet die swaarkry met lekkerkry klaarkry!Mens verwag nie eintlik as dokters eerbetone nie, dis so half...
08/10/2025

CJ Langehoven: Jy moet die swaarkry met lekkerkry klaarkry!

Mens verwag nie eintlik as dokters eerbetone nie, dis so half uit ons aard, maar ons kan nie anders as om weereens nederig geëerd en dankbaar oor die gebaar van die Oudtshoorn Courant en sy lesers te voel nie.
Enige praktyk het 3 ewe belangrike pilare waarop sukses gebou kan word nl Pasiënte, Personeel en Dokters.
Ons is geseënd met uiters bekwame en effektiewe, dinamiese personeel wat al baie lank saam met ons werk, hulle totale diensjare saam met dr Vermeulen is ver oor die 100 jaar! Sonder hulle absolute perfekte koördinasie van take en daaglikse toewyding is ons niks.
Goeie pasiënt/ doktersverhouding is gebaseer op wedersydse respek, wedersydse waardering sowel as wedersydse opofferende en erkennende lojaliteit. Elke pasiënt kry die dokters wat hy verdien en elke dokter kry die pasiënte wat hy ook verdien!! Ons is gelukkig dat die drie vennote soveel in gemeen tov opleiding, visie, werksingesteldheid, hardwerkendheid, geloof en menslikheid met empatie het. 'n Suksesvolle praktyk verg daaglikse paraatheid, beplanning en bly altyd 'n spanpoging.
Dankie dus aan almal vir ure se genotvolle saamwerk!

Dr Wessel Vermeulen, Dr Jakes Maritz, Dr Kobus Venter en personeel.

06/08/2025

Mnr Herman Saayman: Dis met groot hartseer dat ons verneem het van die skielike afsterwe van een van die mees geliefde oud- onderwysers van Wesbank. Herman was vir meer as 30 jaar intens betrokke by ons skool en het met sy rustige vriendelike geaardheid diep in die harte van duisende leerders gekruip. Hy was sekerlik vir dekades een van die mees suksesvolle afrigters van die eerste spanne van rugby, tennis en krieket en het honderde kinders tot provinsiale kleure afgerig. Hy was onverbiddelik lojaal teenoor die skool en het tientalle sporttoere landswyd gereel en onderneem. Dit was vir ons as ouers so aangenaam om hom op die toere en wedstryde te vergesel. Groot skole in die land het jaarliks onder sy uitstekende rugbyafrigting deurgeloop. Herman self was sedert sy studentejare tot 65 n gereelde lid van provinsiale tennisspanne. Deur alles is hy getrou en liefdevol deur sy eggenote, Leonie, bemoedig en ondersteun. Opvoeders bly die argitekte van ons samelewing en die derduisende kinders wat deur sy hande geloop het, is vandag lewende monumente van sy liefdesroeping as onderwyser. Die kunstenaar is weg, maar sy handewerk leef elke dag voort! Alle simpatie aan Leonie en hulle seun ,Nico.
Dr. Wessel Vermeulen

11 jaar !!!!Op 1 Mei 2025 het die praktyk   ons elfde (11) onafhanklikheid by Surval gevier.Baie dankie aan my spesiale ...
02/05/2025

11 jaar !!!!

Op 1 Mei 2025 het die praktyk ons elfde (11) onafhanklikheid by Surval gevier.

Baie dankie aan my spesiale uitgesoekte personeel - vanaf die oorspronklike doelgerigte A-team tot die huidige absoluut Dream team! Vir beter, meer toegewyde en lojale mense kan geen baas vra nie. Die personeel wat dit nie saam met ons kon deel nie, julle teenwoordigheid was gemis.

04/09/2024

Sekretaresse dag! Belangrikste mense in ñ spreekkamer is die ontvangsdames en administrasie personeel, wat as skans, buffer, slaansak en skietbaan tussen dokters, mediese fondse, pasiënte en die staat dien.
Baie dankie aan al ons voetsoldate en die kanonvoer daar voor!!

Dr Wessel Vermeulen Praktyk inligtingsblad

Mens verwag nie eintlik as dokters eerbetone nie, dis so half uit ons aard maar ons kan nie anders as om nederig geeerd ...
23/08/2024

Mens verwag nie eintlik as dokters eerbetone nie, dis so half uit ons aard maar ons kan nie anders as om nederig geeerd en dankbaar oor die gebaar van die Oudtshoorn Courant en sy lesers te voel nie. Enige praktyk het 3 ewe belangrike pilare waarop sukses gebou kan word nl Pasiente, Personeel en Dokters. Ons is geseend met uiters bekwame en effektiewe , dinamiese personeel wat al baie lank saam met ons werk, hulle totale diensjare saam met dr Vermeulen is ver oor die 100 jaar!. Sonder hulle absolute perfekte koordinasie van take en daaglikse toewyding is ons niks. Goeie pasient/ doktersverhouding is gebaseer op wedersydse respek, wedersydse waardering sowel as wedersydse opofferende en erkennende lojaliteit. Elke pasient kry die dokters wat hy verdien en elke dokter kry die pasiente wat hy ook verdien!! Ons is gelukkig dat die drie vennote soveel in gemeen tov opleiding, visie, werksingesteldheid, hardwerkendheid , geloof en menslikheid met empatie het. 'n Suksesvolle praktyk verg daaglikse paraatheid , beplanning en bly altyd n spanpoging. Dankie dus aan almal vir ure se genotvolle saamwerk. Langehoven: Jy moet die swaarkry met lekkerkry klaarkry!

Goeie more, iemand se  bril wat verlore geraak het by Dr Wessel se kamers, kan dit kom afhaal.
18/03/2024

Goeie more, iemand se bril wat verlore geraak het by Dr Wessel se kamers, kan dit kom afhaal.

Die praktyk neem vandag afskeid van dr Johan Lotter wat aftree. Johan het die afgelope 9 jaar 'n groot rol in die sukses...
28/02/2024

Die praktyk neem vandag afskeid van dr Johan Lotter wat aftree. Johan het die afgelope 9 jaar 'n groot rol in die sukses en uitnemendheid van die praktyk gespeel.Ons sal sy rustige, vriendelike en altyd behulpsame teenwoordigheid mis. Hy is een van die opregste, eerlikste mense wat ek ken, altyd lojaal aan sy vriende en kollegas, met 'n onkreukbare karakter en integriteit. Ons ken mekaar al sedert 1971 vanuit Boekenhout koshuis by Tukkies waar hy 'n sterke derduiwel op die rugbyveld was. Hy en Petro gaan later verhuis na Milleniumpark. Nogmaals baie dankie, dr Lotter vir jou wonderlike bydrae tot ons personeel, pasiente en die praktyk.
HAMBA KAHLE ! MORENA !

08/02/2024
NUWE VENNOOT BY DR WESSEL VERMEULEN PRAKTYKOns is baie opgewonde en trots om aan te kondig dat die Praktyk gedurende FEB...
22/01/2024

NUWE VENNOOT BY DR WESSEL VERMEULEN PRAKTYK
Ons is baie opgewonde en trots om aan te kondig dat die Praktyk gedurende FEBRUARIE 2024 ‘n
voltydse derde vennoot gaan inneem.
Die stap is nodig om meer stabiliteit en sekuriteit aan die praktyk en ons pasiente te verskaf. Die nuweling bring ook ‘n magdom ekstra kennis en ervaring wat beslis waarde tot
uitnemendheid en beskikbaarheid van ons diens sal voeg.
Dr KOBUS VENTER MBChB ( UV ), MPrax.MED ( US ) , DA. FCFP. ( SA)
het grootgeword in ALBERTON, waarna hy sy mediese studies by Kovsies voltooi het. Daarna het hy sy
internskap en gemeenskapsjaar by die Pietermaritzburg kampuskompleks voltooi. Hy verwerf terselfdertyd
ook sy nagraadse Diploma in Anaestesiologie (Narkose) waarna hy vir 2 jaar voltyds narkose gee.
Dr Kobus het toe na Oudtshoorn verhuis en as Senior Mediese Beampte by die Provinsiale
Hospitaal gewerk en voltyds Huisartskunde (4 jaar) studeer. Aan die einde van 2023 verwerf hy sy M.Prax.Med aan die Universiteit van Stellenbosch.
Ons is oortuig dat die jong dokter ten volle toegerus en bewapen is om ‘n reusesukses van sy mediese loopbaan te maak.
Kobus is getroud met Vivo wat self nie skaam vir akademiese studies is nie, sy verwerf haar B.Sc aan Kovsies
(waar hulle mekaar ontmoet het) en behaal ook ‘n Honneurs in Omgewingsgeografie. Sy het toe vir 2 jaar voltyds aan die Universiteit van Antwerpen in België gaan studeer en haar Meestersgraad M.Sc
( Biologiese diversiteitsbewaring) verwerf. Sy hou tans by Struisies skool en het intussen ook haar Onderwyssertifikaat verwerf.
Desondanks al die geleerdery het die begaafde paartjie tog tyd gevind om twee pragtige kinders,
Francois( 4 ) en Anna-May ( 2 ) in die wêreld te bring!
Dr Kobus beskryf hulle leefstyl en gesinsetiek as volg:
“Ons is ‘n hegte, gelowige gesin wat hou daarvan om saam tyd te spandeer. Ons geniet dit om op
reistogte en avonture te gaan. In die agt jaar wat ek en Vivo getroud is, het ons verskeie avonture
beleef, beide binne ons eie land en oorsee. Tans is ons grootste avontuur die van ons twee kinders.
Ons is amateur "foodies" en probeer graag verskillende soorte groente en vrugte in ons tuin groei.
Ons is lief vir die natuur en geniet die af en toe se kamp, visvang, jag, en staptogte, alhoewel
tussen die studies en die kinders het ons die laaste 4 jaar min daarby uitgekom. Nie een van ons sal juis
vrywillig gaan draf nie! Die laaste vier jaar het ons verlief geraak op Oudtshoorn
gemeenskap, waar ons hegte vriendskappe gevorm en ons kinders wil grootmaak"
Ek is seker dat ons pasiënte hierdie dokter en sy gesin met ope arms sal verwelkom. Hy voldoen,
benewens sy uitstekende kwalifikasies, aan al die persoonlike vereistes wat ons aan vennote stel nl
goeie opvoeding, ouwêreldse maniere, hardwerkendheid , nederigheid, empatie ,
opregte en intense belangstelling met die vaste geloof en vertroue in ons Hemelse Vader sonder wie ons nie ons roeping as geneeshere kan volvoer nie.
Die praktyk is gebaseer op die wedersydse respek, lojaliteit , onverbiddelike ondersteuning , eerlikheid en vertroue tussen geneeshere en pasiënte ons sien uit om die Venters as deel van ons familie te verwelkom.

06/01/2024

Wikus en gesin in Mauritius vanaf NZ. Ons sou saam na amper 4 jr gaan kuier het maar knieoperasie en komplikasies saboteer toe ons planne

01/12/2023
28/11/2023

Jammer dat ek so bietjie uit aksie is agv n knievervanging en net toe ek begin werk teen " doctors orders" kry ek n diep veneuse trombose. Ek gaan more liggies begin om soggens te vat en hoop om daarna vinnig weer voldag te loop. Baie dankie aan dr Maritz, Lotter, Moller en Rene Smith vir die vasvat en instaan asook aan my personeel se vasbyt en hulp. Mans is maar ongeduldige moeilike pasiente,veral as hulle op rug moet le en luister na raad....so gee maar vir my vrou, Marlene, n drukkie want sy het al haar dae met my by die huis!

Address

Medi-Clinic Oudtshoorn, Kerkstraat 185
Oudtshoorn
6625

Telephone

+27442791090

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dokter Wessel Vermeulen Praktyk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Dokter Wessel Vermeulen Praktyk:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram

Category