Rusoord Ouetehuis

Rusoord Ouetehuis Rusoord is 'n Tehuis wat aan 176 inwoners huisvesting, 3 maaltye per dag, 'n washuis en haarsalon bied. Aansoekvorms beskikbaar

29/01/2018

2018!!! Nuwe jaar met nuwe uitdagings. Rusoord se basaar is 24 Maart. Boekstaaf dit solank en hou ons in gedagte.

02/01/2018

'n Inwoner het vandag haar loopkarretjie op 'n sypaadjie in Noorder Paarl agter gelaat en toe hulle dit wou gaan haal, was dit weg. Is daar dalk iemand wat dit gesien het.

13/10/2017

Rusoord het op 11 November 2017 'n gholfdag te Boschenmeer gholflandgoed. Dit is om fondse vir die Tehuis in te samel. Donasies en pryse word verwelkom. Spelers kan by die gholfklub self inskryf.

13/10/2017

Die Paarlse Junior Stadsraad en Rusoord hou 26 September 2017 'n konsert genoem "Kamer 183" in die Toringkerk se kerksaal. Kaartjies is by Rusoord ontvangs te koop. Skakel Erica by 021-8721982

30/05/2017

Rusoord hou op 23 Junie 2017 om 09:00 'n winterverkope. Die feestelikheid word in die Hoofeetsaal gehou. Boekstaaf die datum - plak 'n nota op die yskas en kom ondersteun ons. Indien iemand bereid is om vir ons beskuit en "cup cakes" en melktert wil bak, kontak my gerus.
Almarie du Toit

23/03/2017

Rusoord het pragtige rose wat verkoop word. Kom ondersteun ons asb R15 per bossie

Rusoord Tehuis, Paarl, hou op 25 Maart 2017 die jaarlikse feestelike basaar op die terrein.  Kom ondersteun ons en genie...
13/03/2017

Rusoord Tehuis, Paarl, hou op 25 Maart 2017 die jaarlikse feestelike basaar op die terrein. Kom ondersteun ons en geniet al die verversings en vreugde.

09/03/2017

Rusoord hou op 25 Maart 2017 om 08:30 die jaarlikse basaar op die terrein. Kom ondersteun ons asseblief.

25/11/2016

Rusoord het 'n stalletjie by die Strooidak kersmark in Paarl stadsaal. Heerlike tuisgebakte pasteie word verkoop. Ondersteun die Tehuis asseblief.

07/10/2016

Rusoord Tehuis nader vinnig die jaarlikse rolstoel- pretdag. Dit is nie net vir rolstoelmense nie, maar ook vir stootkarretjies, stappers en vele meer. Die plakkate is uit. Kontak asseblief vir Rusoord by 021-8721982 vir inskrywingsvorms.

Daar gaan ook kosstalletjies wees.

DATUM : 29 OKTOBER 2016 OM 08:30

Bertus Basson at Spice Route, Skrywers, Willem Botha, Dr Erwee en Lucinda Scholtz
19/08/2016

Bertus Basson at Spice Route, Skrywers, Willem Botha, Dr Erwee en Lucinda Scholtz

Rusoord het gister 'n baie suksesvolle LAPA boekedag gehad.  Dank word uitgespreek teenoor almal wat van die dag 'n suks...
19/08/2016

Rusoord het gister 'n baie suksesvolle LAPA boekedag gehad. Dank word uitgespreek teenoor almal wat van die dag 'n sukses gemaak het. Diegene wat Rusoord ondersteun het deur kaartjies te gekoop het - dankie ook aan julle.
Bertus Basson at Spice Route was uitstaande met 'n heerlike ontbyt en die professionele bedieners was baie vriendelik.

Address

DEVINESTRAAT 4
Paarl
7646

Telephone

021 8721982

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rusoord Ouetehuis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Rusoord Ouetehuis:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram