17/04/2026
🎉🎂 Vandag is dit nie sommer net nóg ’n dag by die praktyk nie… dis ons Dr Schoeman se VERJAARSDAG! 🎂🎉
En wat ’n voorreg is dit nie om iemand soos sy te kan vier nie!
Liewe Dr Schoeman – vandag wil ons bietjie brag oor en met jou… 😄
Vir die dokter wat altyd daardie ekstra myl stap,
die mens met die grootste hart,
die vrou wat alles met grasie hanteer,
die mamma, vriendin én baas wat ons elke dag inspireer…
Jy is soveel meer as net ons dokter – jy is die hart van ons praktyk en ’n lig in die lewens van ons gemeenskap. ✨
Dankie vir jou omgee, jou humor, jou geduld (veral met ons 😉) en net vir wie jy is – elke liewe dag.
Ons hoop jou dag is propvol bederf, lag en alles wat jou gelukkig maak!
Ons waardeer jou BAIE en ons is sommer baie lief vir jou! 🤍
Gelukkige verjaarsdag, Dr Ada-Mari Schoeman!