20/11/2025
🌱Ontmoet die span | Megan Maritz
1. Wat motiveer jou op moeilike dae?
“My sussie is my grootste inspirasie. Op moeilike dae d**k ek aan haar — ek wil graag nog lank lewe om haar te sien grootword, om haar te ondersteun en saam met haar die lewe te beleef.” 💖
2. Wat is vir jou die mooiste en lekkerste deel van jou werk hier by Dr. Ada Mari Schoeman Inc?
Om ’n verskil in mense se lewens te maak. Dis daardie oomblik wanneer jy sien iemand stap hier weg met hoop, verligting en ’n ligter hart — dit maak elke dag die moeite werd."
3. Ideale afdag?
“Ek geniet my alleen tyd — luister musiek en laai my siel rustig. Of kuier by my beste vriendin, wat ek nie gereeld sien nie — daardie tyd saam is altyd kosbaar.”
4. Gunsteling plek in die Gamtoosvallei?
“Elandsrivier is my spesiale plek. Veral in Protea-seisoen, met sonsondergang en die stilte van die natuur — dis waar ek vrede vind. Dis ook die laaste plek waar ek en my mamma saam foto’s geneem het, so dit dra ’n diep betekenis vir my.” ❤
5. Min mense weet?
“Ek hou daarvan om te kook en te bak — dit is vir my ’n kreatiewe uitlaatklep. En wanneer ek my tekkies aantrek en in die natuur gaan stap, voel ek vry en verfris.”
6. Drie woorde wat jou beskryf:
Liefdevol. Mooi en sagte hart. Hardwerkend.
7. As jy ’n superkrag kon hê? 🦸
“Ek sou graag die vermoë hê om in die toekoms te sien — om te weet wat vir my wag, en om met hoop en vertroue vorentoe te beweeg.”
Megan, ons waardeer jou passie en die lig wat jy vir ons pasiente bring! 🌿💫