19/11/2025
Vanoggend is ek kinderlik opgewonde om hier te post na 'n lang stilte! Ons is besig met mooi en lekker dinge vir 2026 - hou gerus hierdie blad dop vir bietjie verandering en vernuwing. Elke seisoen is perfek volgens Vader se plan.....
Maar vir eers kort ek jul vrae en insette - kom ons gesels oor SKUINSKOEK.
- Ken jy dit?
- Het jy dit probeer en wat was jou ervaring?
- As dit nie uitgewerk het nie, wat was die probleem?
- En as jy ENIGE skuinskoek vrae het asb vra in die comments hieronder! Ons het 'n kenner wat ons gaan help om die PERFEKTE skuinskoeke te bak......
Ons hoor graag van julle!
Met liefde uit die Boesmanaland ###