Langtafel

Langtafel Produkte eg aan die Boesmanland beskikbaar op ons aanlyn plaaswinkel
boesmanlandlangtafel.com

Ek was nou vir lank baie stil op die blog.  Ma-wees deurdrenk my menswees soos winterson my plaaskombuis op n koue Junie...
07/03/2025

Ek was nou vir lank baie stil op die blog. Ma-wees deurdrenk my menswees soos winterson my plaaskombuis op n koue Junie oggend.

Partydae oorweldig dit my, dan is ek moeg, oor emosioneel en eet ons sleg brood met peanutbutter. Ander dae is PROPVOL van die mooiste oomblikke met lag en speel en dans, dan eet ons saam aan n gedekte tafel (wat my 20 maande dogtertjie vir ons dek). Kompleet met n kers en servette vir “atmosfeer”.

Kos en saamkuier aan tafel sal my altyd na aan die hart le - maar vir die seisoen waarin ek nou is, is dit eers tyd om stil te wees. En in die oomblik (eerder as aanlyn!) te leef.

Boesmanland Langtafel gaan vir eers sluit.

Dalk eendag kuier ons weer saam aan my Langtafel, maar vir nou WIL ek myself verloor in ma-wees en die mooi wat dit alles inhou.

Ek sal af en toe van ons dag tot dag sommer hier deel, maar niks formeel vir nou nie.

Dankie dat julle sedert 2019 saamgelees en saamgeleef het. Mag Vader jou ook lei in die seisoen wat jy nou is en mag jy naby aan Hom leef.

Baie Boesmanlandse liefde
###

Geduld en uithouvermoe in die kombuis was nog nooit een van my sterkpunte nie. Ek was dus BAIE dapper die dag toe ek bes...
24/01/2025

Geduld en uithouvermoe in die kombuis was nog nooit een van my sterkpunte nie. Ek was dus BAIE dapper die dag toe ek besluit het ek gaan nou my eie suurdeegplantjie kweek. (Of ek was net desperaat omdat die plantjies wat jy aanlyn koop so peperduur is en ek ‘n huismamma wat nie ‘n reuse salaristjek aan die einde van elke maand kry nie =)

Kom begin saam met my jou eie suurdeegplantjie =>
https://boesmanlandlangtafel.com/n-suurdeegplantjie-vir-beginners/

|  'n Laaste Bederf  |  Dis vanoggend met 'n glimlag en 'n traan wat ons laatweet dat ons nuutste bederfboks ook ons laa...
09/09/2024

| 'n Laaste Bederf |

Dis vanoggend met 'n glimlag en 'n traan wat ons laatweet dat ons nuutste bederfboks ook ons laaste bederfboks sal wees! Gaan loer gerus aanlyn vir die inhoud en prys van die boks - https://boesmanlandlangtafel.com/
Beperkte hoeveelheid bokse beskikbaar - bestellings sal vanaf 16 September uitgestuur word.

Wat die toekoms vorentoe aanbetref vir Boesmanland Langtafel - Vader werk oortyd met my hart en my kop. My seisoen van mamma-wees is kosbaar en leer my om stadiger te leef, vrede te wees met minder. Om teenwoordig te wees.

Elke dag het sy klein vreugdes - en dit is wat eintlik die lewe die moeite werd maak. Om saam met my dogtertjie in die groentetuin te werk terwyl sy tamaties eet dat die pitjies nat teen haar kennetjie afgly. Om saam brood te bak en te sien hoe sy vuisies vol deeg vat en saampers. Om haar blink ogies te sien wanneer ons in die namiddag son op ons stoep sit en nat beskuit eet. Of wanneer ons saam met pappa boer en sy verwonderd staar na die vreugde van pasgebore tweeling lammertjies.

Tyd is die kosbaarste kommoditeit - en ons vergeet dit. Ons is voltydse verbruikers wat wereldse dinge najaag. Ons streef na meer geld, meer goed, meer sukses…..en op die ou einde het ons minder tyd, minder geduld en minder onthou oomblikke.

My droom vir my en my gesin en ook elkeen van my lesers is ‘n stadiger, meer volhoubare lewe met meer onthou oomblikke.

So die toekoms van Langtafel is ‘n stadiger, meer volhoubare leefwyse. Ons gaan terug na die “basics”. Stadige kos met basiese bestanddele. Oomblikke van asemhaal elke dag.

Tot ons weer gesels.

###
Met liefde uit ‘n ysige en winderige Boesmanland

Ons vier die aanbreek van die soetseisoen met ‘n boks vol bederflekkertes uit die huise en kombuise van boervroue (en ‘n...
03/09/2024

Ons vier die aanbreek van die soetseisoen met ‘n boks vol bederflekkertes uit die huise en kombuise van boervroue (en ‘n man!) van regoor Suid-Afrika. Ons hart agter die boks is dat dit jou sal laat stilraak. Asemhaal. En die soet van saamwees en stadiger leef sal laat proe.

Inhoud:

580ml Ingelegde Makataan Stukke
212ml Heuning & Heuningkoek
Hout heuning Dipper
Carmien Floral Berry Tea
Tuisgemaakte Amandel & Lemoen Biscotti
Cranberry & Amandel Nougat
Willie Strauss Brooddoek 65cm x 45cm
Mosbrood Pre-Mix (Kan ook skuinskoek daarmee maak)
Namakwaland Daisy Blomsaad uit die Boesmanland

Bestel jou boks op ons aanlyn plaaswinkel of via whatsapp by 078 320 2272

Alle bokse sal vanaf 16 September uitgestuur word.

25/08/2024

Die soetseisoen is amper hier en ons vier dit met n splinternuwe Boesmanland Langtafel bederfboks! Hou ons blad dop vir meer hieroor - bestellings maak binnekort oop en beperkte hoeveelheid bederfbokse beskikbaar 🌼

Ons almal kort 'n resepteboek met onthoukos, bederfkos, trooskos, huiskos!  Brood & Botter is 'n MOET in elke kombuis.  ...
24/07/2024

Ons almal kort 'n resepteboek met onthoukos, bederfkos, trooskos, huiskos!

Brood & Botter is 'n MOET in elke kombuis. Dit is ‘n A5 “keepsake” resepteboekie saamgestel uit:

- 13 Basiese, moet-hê resepte vir elke kombuis
- 9 Bladsye met prettige geillustreerde resepte in kleur
- Kombuiswenke en plaasvervangers
- Deurlopende bybelverse vir motivering as die dagtaak van mamma en vrou-wees ‘n uitdaging raak
- 162 Bladsye waarop jy resepte en herinneringe uit hartsmense se kombuise kan neerpen

Kry nou jou boekie aanlyn op ons webtuiste (Ons koerier landwyd)

https://boesmanlandlangtafel.com/product/brood-botter-resepteboek/

Vanoggend trek die Boesmanland se mistige winterskombers oor…
19/07/2024

Vanoggend trek die Boesmanland se mistige winterskombers oor…

Ek vat bietjie van n sosiale media breek en hou my besig met lekkerder dinge 🤭😉Fromage Frais aan die kom - dankie aan my...
10/07/2024

Ek vat bietjie van n sosiale media breek en hou my besig met lekkerder dinge 🤭😉

Fromage Frais aan die kom - dankie aan my buurvrou Rebekka Maass vir lekker vars plaasmelk!

As ek besluit het my “isolasie” tyd is verby sal ek lekker gesels oor die winter op die plaas (en in my binneste!). n Breuk so nou en dan is n wonderlike idee - veral as dit jou help om weer te “reconnect” met dit wat saak maak!

| Pofadder Langtafel |Junie 2024Hierdie was my eerste amptelike “Langtafel” wat ek saam met Anel Marais van Kokkedoor Vu...
23/06/2024

| Pofadder Langtafel |

Junie 2024

Hierdie was my eerste amptelike “Langtafel” wat ek saam met Anel Marais van Kokkedoor Vuur & Vlam aangebied het na afloop van Pofadder Landbouvereniging se Skaapdag op 22 Junie 2024.

Dankie aan Pofadder Lanbouvereniging vir julle saal & geriewe.

Dankie Riebeeck Cellars vir ons lekker wyne.

Dankie RENT Company vir die mooi glase en servette.

Dankie aan ons vriendelike Foodzone waiters: Wayne, Abigail & Christie!

En n groot, groot dankie aan Anel Marais vir voortreflike kos op die kole.

En natuurlik dankie aan elkeen wat kom saam kuier het om ons Langtafel. Dis n voorreg om sulke lekker mense te ken!

Fotos: Verskeie. Dankie aan elkeen wat die aand se mooi vasgevang het en met ons gedeel het!

BAIE geluk aan ons moedersdag kompetisie wenner - Mariska Slabber!  Mag ons Brood & Botter boekie vir jou die geleenthei...
14/05/2024

BAIE geluk aan ons moedersdag kompetisie wenner - Mariska Slabber!

Mag ons Brood & Botter boekie vir jou die geleentheid bied om elke spesiale herinnering en resep ook weer te kan oordra aan jou kinders.

Tyd vir n lekker moedersdag kompetisie! Deel van jou gunsteling onthou oomblikke saam met jou ma in die kombuis met ons ...
29/04/2024

Tyd vir n lekker moedersdag kompetisie!

Deel van jou gunsteling onthou oomblikke saam met jou ma in die kombuis met ons 👩🏼‍🍳🫶🏻. Enige onthou - hoe eenvoudig ookal. En as jy n foto kan bysit, soveel beter! Gesels in die comments hieronder saam.

Op Moedersdag sal ons die gelukkige wenner se naam en onthou deel op ons blad - en natuurlik jou boekie koerier om alle mooi vir ewig vas te vang xx

Address

Namies
Pofadder
8890

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Langtafel posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Langtafel:

Share