20/04/2026
Dit sal altyd vir my 'n wonderlike voorreg bly om met ander mamma's te kan gesels. Om ons lag en hartseer te kan deel (en soms die moedelose oomblikke ook!)
Hierdie week kuier ek met mamma Aranke Carstens. Sy's 'n opgeleide onderwyseres en 'n absolute meester in kleuter kreatiwiteit, om klein handjies welkom te laat voel in die kombuis (ten spyte van die gemors =) en om uitstappies in die tuin na kinderspeletjies te laat lyk!
Ek hoop julle geniet dit en vind net soveel inspirasie soos ek ###
Ek d**k dis so belangrik om te onthou dat hierdie ook net ‘n seisoen is in my lewe. Ek gaan nie altyd klein handjies hê wat myne soek, of skaduweetjies wat my oral agtervolg nie.