GGSA Noordwestak

GGSA Noordwestak Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA), Noordwestak Die Tak is gesetel in Potchefstroom en bedien hoofsaaklik die Noordwes Provinsie. Toegang is gratis.

Die Noordwestak is 'n dinamiese tak waar beide beginners, asook meer ervare genealoë tuis voel om hul passie vir familiegeskiedenis uit te leef en met mekaar te deel. Sedert die Tak se stigting op 6 Junie 2004 het die ledetal vanaf 12 tot meer as 60 gegroei. Lede en belangstellendes kom maandeliks met die uitsondering van Januarie, Julie en Desember, by die Potchefstroomse Museum (hoek van Wolmaransstraat en Sol Plaatjielaan) byeen. Die doel van die Tak is om sy lede in staat te stel om familienavorsing te doen. Om hierdie rede word kundiges vanoor die land betrek om oor 'n wye verskeidenheid van onderwerpe van genealogiese belang te kom gesels. Om nuwelinge touwys te maak in die gebruik van genealogiese bronne, word uitstappies na argiewe en die LDS-sentrum onderneem en beginnerkursusse aangebied. Taklede ontvang nie net nie, maar lewer ook 'n bydrae tot genealogie deur begraafplase te fotografeer en die data beskikbaar te stel. Die Tak se biblioteek kon nie 'n meer geskikte tuiste vind as die Potchefstroomse Museum nie. Hier word die Tak se versameling van meer as 150 familieregisters en ongeveer 5000 begrafnisbriewe gerugsteun deur die Museum se versameling van historiese dokumente, plaaslike koerante van so vroeg as 1905, ou foto's, kaarte en gepubliseerde bronne oor o.a. die Groot Trek en Anglo-Boereoorlog. Genealogiese Bronne: Potchefstroom Museum

Die Takbiblioteek in die Potchefstroomse Museum is weeksdae vanaf 9:00 tot 13:00 en vanaf 14:00 tot 16:30 oop. Die Takbiblioteek ontvang daagliks genealogiese navrae wat deur kundige museumpersoneellede en of taklede beantwoord word. Die Tak se lekkerlees nuusbrief, die Famnea verskyn kwartaalliks (Februarie, Mei, Augustus en November). In die nuusbrief kry lede die geleentheid om artikels oor hul familiegeskiedenisnavorsing en of interessante gebeure te skryf. Artikels met 'n Noordwes-strekking kry voorkeur. Die jongste uitgawe van Famnea kan by hierdie skakel afgelaai word:
https://genza.org.za/index.php/af/nw-kwartaalblad

‼️ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS‼️Beste Noordwestaklede en VriendeDie jaar is op sy rug en ons jaar afsluiting klop aan die d...
15/11/2025

‼️ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS‼️
Beste Noordwestaklede en Vriende

Die jaar is op sy rug en ons jaar afsluiting klop aan die deur.
Vir die jaarafsluiting nooi ons u en u metgesel uit om saam met ons piekniek te kom hou op die President se grasperk op die 22ste November om 10:00. (Neem kennis dat die datum geskuif het van die 8ste na die 22ste November.) Johan Wolfaardt gaan 'n lesing gee en ook 'n begeleide toer doen van die President Pretorius Museum. Bring asb. jou eie piekniek mandjie en 'n stoel of kombers om op te sit.

Ter wille van logistiek vra ons wel dat julle RSVP by ggsanw.info@gmail.com teen 19 November 2025 as julle die byeenkoms gaan bywoon.

Ons hoop om julle almal vir oulaas vir die jaar by die jaarafsluiting te sien.

Genealogiese groete
Takbestuur
--------------------------------------------------------------------------
Dear Northwest Branch Members and Friends

The year is over, and our year-end get-together is knocking on the door.

For the year-end, we invite you and your companion to join us for a picnic on the President's lawn on the 22nd of November at 10:00. (Please note that the date has moved from the 8th to the 22nd of November.) Johan Wolfaardt will be giving a lecture and a guided tour of the President Pretorius Museum. Please bring your own picnic basket and a chair or blanket to sit on.

For logistical reasons, please RSVP to ggsanw.info@gmail.com by 19 November 2025 if you will be attending the event.

We hope to see you all one last time this year at our year-end get-together.

Genealogical greetings
Branch Management

‼️ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS‼️Het jy al jou swart-en-wit foto fotoverhaal vir ons Venster op gister fotoverhaal kompetisi...
14/11/2025

‼️ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS‼️
Het jy al jou swart-en-wit foto fotoverhaal vir ons Venster op gister fotoverhaal kompetisie in geskryf? Moenie jou kans mis nie—stuur jou fotoverhaal in en laat die tydlose krag van swart en wit jou familie se stem laat voortleef. Inskrywings besonderhede is beskikbaar by die volgende skakel: https://forms.gle/XWAtW3cCnrrQcdUi7

Hier is 'n goeie voorbeeld van 'n fotoverhaal vanaf ons eerste inskrywing deur Elmarie Weyers as jy nog 'n idee kort.

Titel: As 'n foto net kon praat
Teen my gangmuur hang die enigste foto van my oupa aan moederskant, Hendrik Jacobus GRIESSEL. Bittermin is oor hom bekend en dit laat my met soveel onbeantwoorde vrae. As hierdie foto maar net kon praat!

Daar is twee redes waarom daar so min inligting oor hom bestaan. My ma, Hester Aletta SLABBER (néé GRIESSEL) (*Molteno 1931.02.05 +Potchefstroom 2023.09.24) was maar ses maande toe haar 38-jarige pa op 13 Augustus 1931 te Burgersdorp aan ʼn niersiekte oorlede is. My ouma, Elizabeth Margaretha GRIESSEL (néé) VAN HEERDEN (*Cradock? 1887.02.09 +Hartebeesfontein 1983.06.06) het ook nie graag oor haar verlede gepraat nie. Al wat sy aan my ma genoem het, was dat haar pa op 27 November 1891 gebore is, dat sy ouers vroeg oorlede is en dat hy by ʼn familielid grootgeword het.

Om ons Griessel-voorgeslagtelyn te bepaal, het ek na my oupa se doopinskrywing gaan soek. In die NGK Barrydale-doopregister, gedateer 1 Februarie 1892, ontdek ek die volgende inskrywing :
“Onecht Kind
Kind – Hendrik Jacobus Griessel geb. 27 Nov 1891
Moeder – Sara Susanna van Zijl”

Die woord “onecht” en die feit dat geen vader genoem word nie, het by my ʼn lig laat opgaan. Was die stigma wat in die 1800’s aan buite-egtelike kinders gekleef het moontlik die rede waarom my stigtelike ouma oor haar eggenoot se herkoms geswyg het? Die doopregister het my met bykomende vrae gelaat. Waarom doop die moeder haar kind GRIESSEL en gebruik sy nie haar VAN ZYL-nooiensvan as van nie? Ten spyte van ʼn deurtastende ondersoek, loop die spoor na my Griessel-voorgeslagte egter net daar dood.

My ouma se huweliksertifikaat gedateer 19 Junie 1929 in die NGK Molteno het tot verdere verwarring gelei. Sy trou op die ouderdom van 42-jaar vir die eerste keer. Op die huweliksertifikaat word haar ouderdom as 39 aangedui. Was die feit dat sy met ʼn heelwat jonger man getrou en sensitief oor haar ouderdom was, die rede vir die foutiewe inskrywing? Die ironie is dat dié verkeerde inligting daartoe gelei het dat verkeerde koppelinge op die familieboom op die webblad: https://familysearch.org gemaak is.

Nie eers Hendrik se sterfkennisgewing (gedateer 21 September 1931) wat deur my ouma onderteken is, het enige leidrade oor sy ouers gegee nie. Hulle word slegs as onbekend aangedui.

Intussen hang die foto steeds sonder antwoorde in my gang.


--------------------------------------------------------------------------
Have you submitted your black-and-white photo story for our Window on Yesterday photo story competition yet? Don’t miss your chance — send in your photo story and let the timeless power of black and white help your family’s voice live on. Entry details are available at the following link: https://forms.gle/fVARHkKG5Ppma22q6

Here is a good example of a photo story from our first entry by Elmarie Weyers, if you still need some inspiration.

On my hallway wall hangs the only photo of my maternal grandfather, Hendrik Jacobus GRIESSEL. Very little is known about him, and it leaves me with so many unanswered questions. If only this photo could speak!

There are two reasons why so little information about him exists. My mother, Hester Aletta SLABBER (née GRIESSEL) (*born Molteno 1931.02.05, +Potchefstroom 2023.09.24) was only six months old when her 38-year-old father passed away from a kidney disease on 13 August 1931 in Burgersdorp. My grandmother, Elizabeth Margaretha GRIESSEL (née VAN HEERDEN) (*born Cradock? 1887.02.09, +Hartebeesfontein 1983.06.06) also did not like to speak about her past. All she ever told my mother was that her father was born on 27 November 1891, that his parents died young, and that he was raised by a relative.

To determine our Griessel ancestral line, I went searching for my grandfather’s baptism record. In the NGK Barrydale baptism register, dated 1 February 1892, I discovered the following entry:
“Onecht Kind
Kind – Hendrik Jacobus Griessel geb. 27 Nov 1891
Moeder – Sara Susanna van Zijl”

The word “onecht” and the fact that no father was named made something click for me. Could the stigma attached to children born out of wedlock in the 1800s have been the reason why my very proper grandmother kept silent about her husband’s origins? The baptism register left me with further questions. Why did the mother baptise her child as GRIESSEL, and not use her maiden name VAN ZIJL as his surname? Despite thorough research, the trail of my Griessel ancestors goes cold at this point.

My grandmother’s marriage certificate, dated 19 June 1929 in the NGK Molteno, added to the confusion. She married for the first time at the age of 42. Yet on the marriage certificate her age is recorded as 39. Was the incorrect entry perhaps because she married a significantly younger man and felt sensitive about her age? The irony is that this incorrect information resulted in wrong connections being made on the family tree on the website https://familysearch.org.

Not even Hendrik’s death notice (dated 21 September 1931), signed by my grandmother, provided any clues about his parents. They are simply listed as unknown.

Meanwhile, the photo still hangs in my hallway — without answers.

‼️ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS‼️🌿 VENSTER OP GISTER 🌿’n Foto. ’n Verhaal. ’n Familie-erfenis.Die Genealogiese Genootskap va...
30/10/2025

‼️ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS‼️

🌿 VENSTER OP GISTER 🌿
’n Foto. ’n Verhaal. ’n Familie-erfenis.

Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika se Noordwestak nooi u uit om deel te neem aan ons Fotoverhaal-kompetisie: Venster op Gister!

📷 Grawe ’n swart-en-wit of sepia-foto uit jou herinneringsboks en vertel die genealogiese storie van die mense, plek of items daarin. Jou foto én storie vorm saam ’n waardevolle venster op jou familie se verlede.

✨ Hoekom deelneem?
• Staan ’n kans om een van die top drie pryse te wen!
• Jou fotoverhaal word bewaar op die Genza-platform, sodat toekomstige geslagte dit kan lees en waardeer.
• Jy help om Suid-Afrika se ryk familie-erfenis lewendig te hou.

🖋️ Belangrike besonderhede:
• Enigeen kan deelneem, en jy kan soveel inskrywings instuur as jy wil.
• Inskrywingsfooi: R50 per inskrywing
• Sluitingsdatum: 30 November 2025
• Wenners word vroeg in 2026 aangekondig.

💌 Vrae of navrae?
Stuur ’n e-pos aan: ggsanw.info@gmail.com
👉 Klik hier om in te skryf: https://forms.gle/XWAtW3cCnrrQcdUi7

Krap daai foto’s uit, skryf jou storie neer – en wys vir ons jou venster op gister. 🌿

-----------------------------------------------------------------------
🌿 WINDOW ON YESTERDAY 🌿
A photo. A story. A family legacy.

The Genealogical Society of South Africa's North West Branch proudly invites you to take part in our photo story competition: Window on Yesterday!

📷 Dig out a black and white or sepia photo from your memory box and tell the genealogical story of the people, place or items in it. Your photo and story together form a precious glimpse into your family’s past.

✨ Why participate?
• Stand a chance to win one of the top three prizes!
• Your photo story will be preserved on the Genza platform so that future generations can discover and appreciate it.
• You’ll help keep South Africa’s rich family heritage alive.

🖋️ Competition details:
• Anyone may enter — and you can submit as many entries as you like.
• Entry fee: R50 per submission
• Closing date: 30 November 2025
• Winners will be announced early in 2026.

💌 Questions or queries?
Email: ggsanw.info@gmail.com
👉 Enter here: https://forms.gle/fVARHkKG5Ppma22q6

Dust off those photos, write down those stories, and show us your window into yesterday. 🌿

‼️ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS‼️Beste Noordwestaklede en VriendeDie jaar is op sy rug en ons jaar afsluiting klop aan die d...
30/10/2025

‼️ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS‼️

Beste Noordwestaklede en Vriende

Die jaar is op sy rug en ons jaar afsluiting klop aan die deur.
Vir die jaarafsluiting nooi ons u en u metgesel uit om saam met ons piekniek te kom hou op die President se grasperk op die 22ste November om 10:00. (Neem kennis dat die datum geskuif het van die 8ste na die 22ste November.) Johan Wolfaardt gaan 'n lesing gee en ook 'n begeleide toer doen van die President Pretorius Museum. Bring asb. jou eie piekniek mandjie en 'n stoel of kombers om op te sit.

Ons hoop om julle almal vir oulaas vir die jaar by die jaarafsluiting te sien.

Genealogiese groete
Takbestuur
--------------------------------------------------------------------------
Dear Northwest Branch Members and Friends

The year is over, and our year-end get-together is knocking on the door.

For the year-end, we invite you and your companion to join us for a picnic on the President's lawn on the 22nd of November at 10:00. (Please note that the date has moved from the 8th to the 22nd of November.) Johan Wolfaardt will be giving a lecture and a guided tour of the President Pretorius Museum. Please bring your own picnic basket and a chair or blanket to sit on.

We hope to see you all one last time this year at our year-end get-together.

Genealogical greetings
Branch Management

15/10/2025

ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS
🌿 VENSTER OP GISTER 🌿
’n Foto. ’n Verhaal. ’n Familie-erfenis.

Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika se Noordwestak nooi u uit om deel te neem aan ons Fotoverhaal-kompetisie: Venster op Gister!

📷 Neem ’n swart-en-wit of sepia-foto en vertel die genealogiese storie agter die beeld — die mense, plek of items daarin. Jou foto én storie vorm saam ’n waardevolle venster op jou familie se verlede.

✨ Hoekom deelneem?
• Staan ’n kans om een van die top drie pryse te wen!
• Jou fotoverhaal word bewaar op die Genza-platform, sodat toekomstige geslagte dit kan lees en waardeer.
• Jy help om Suid-Afrika se ryk familie-erfenis lewendig te hou.

🖋️ Belangrike besonderhede:
• Enigeen kan deelneem, en jy kan soveel inskrywings instuur as jy wil.
• Inskrywingsfooi: R50 per inskrywing
• Sluitingsdatum: 30 November 2025
• Wenners word vroeg in 2026 aangekondig.

💌 Vrae of navrae?
Stuur ’n e-pos aan: ggsanw.info@gmail.com

👉 Klik hier om in te skryf: https://forms.gle/XWAtW3cCnrrQcdUi7
🎞️ Kyk ook na ons inspirasievideo hieronder – dalk lê jou wenfoto reeds in daardie ou foto-album!

Krap daai foto’s uit, skryf jou storie neer – en wys vir ons jou venster op gister. 🌿



-----------------------------------------------------------------------
🌿 WINDOW ON YESTERDAY 🌿
A photo. A story. A family legacy.

The Genealogical Society of South Africa's North West Branch proudly invites you to take part in our photo story competition: Window on Yesterday!

📷 Take a black-and-white or sepia photo and tell the genealogical story behind the image — the people, the place, or the objects captured in time. Your photo and story together form a precious glimpse into your family’s past.

✨ Why participate?
• Stand a chance to win one of the top three prizes!
• Your photo story will be preserved on the Genza platform so that future generations can discover and appreciate it.
• You’ll help keep South Africa’s rich family heritage alive.

🖋️ Competition details:
• Anyone may enter — and you can submit as many entries as you like.
• Entry fee: R50 per submission
• Closing date: 30 November 2025
• Winners will be announced early in 2026.

💌 Questions or queries?
Email: ggsanw.info@gmail.com

👉 Enter here: https://forms.gle/fVARHkKG5Ppma22q6
🎞️ Watch the inspiration video below — maybe your winning photo is already hiding in that old album!

Dust off those photos, write down those stories, and show us your window into yesterday. 🌿

ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANSBeste GGSA Noordwestaklid en VriendeHiermee versoek ons graag dat u die meningspeiling vorm hie...
16/09/2025

ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS

Beste GGSA Noordwestaklid en Vriende

Hiermee versoek ons graag dat u die meningspeiling vorm hier onder voltooi voor of op 16 September 2025. Die voltooi van die vorm is vrywillig en u kan dit annoniem ook doen. Ons sal dit egter waardeer as u u naam en kontak besonderhede ook voltooi sodat ons met u kan opvolg as u enige kommentare of idees het waarop ons moet opvolg. Die doel van hierdie opname is om die behoeftes van die GGSA Noordwestaklede te bepaal en om die resultaat in die beplanning van die toekomstige jaarprogram van die Tak te gebruik. Vir enige navrae kan u 'n epos stuur aan ggsanw.info@gmail.com

Dankie vir u bereidwilligheid om die meningspeiling te voltooi en saam met ons die tak voorentoe neem.

Genealogiese groete

GGSA Noordwestakbestuur
Skakel vir Afrikaanse vorm: https://forms.gle/eSyFjvkwBjFPFgkU6
--------------------------------------------------------------------------
Dear GSSA North West Branch Members and Friends

We hereby kindly request that you complete the survey form below on or before 16 September 2025. Completing the form is voluntary and you can do so anonymously. However, we would appreciate it if you also complete your name and contact details so that we can follow up with you if you have any comments or ideas that we should follow up on. The purpose of this survey is to determine the needs of the GSSA North West Branch members and to use the results in planning the future annual program of the Branch. For any inquiries, you can send an email to ggsanw.info@gmail.com

Thank you for your willingness to complete the survey and take the branch forward with us.

Genealogical greetings

GGSA North West Branch Management
Link for English form: https://forms.gle/rt1ghgGugUczruWT8

Dear GSSA North West Branch Members and Friends We hereby kindly request that you complete the survey form below on or before 16 September 2025. Completing the form is voluntary and you can do so anonymously. However, we would appreciate it if you also complete your name and contact details so that....

13/09/2025

ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS

Beste GGSA Noordwestaklid en Vriende

Hiermee versoek ons graag dat u die meningspeiling vorm hier onder voltooi voor of op 16 September 2025. Die voltooi van die vorm is vrywillig en u kan dit annoniem ook doen. Ons sal dit egter waardeer as u u naam en kontak besonderhede ook voltooi sodat ons met u kan opvolg as u enige kommentare of idees het waarop ons moet opvolg. Die doel van hierdie opname is om die behoeftes van die GGSA Noordwestaklede te bepaal en om die resultaat in die beplanning van die toekomstige jaarprogram van die Tak te gebruik. Vir enige navrae kan u 'n epos stuur aan ggsanw.info@gmail.com

Dankie vir u bereidwilligheid om die meningspeiling te voltooi en saam met ons die tak voorentoe neem.

Genealogiese groete

GGSA Noordwestakbestuur

Skakel vir Afrikaanse vorm: https://forms.gle/eSyFjvkwBjFPFgkU6

--------------------------------------------------------------------------

Dear GSSA North West Branch Members and Friends

We hereby kindly request that you complete the survey form below on or before 16 September 2025. Completing the form is voluntary and you can do so anonymously. However, we would appreciate it if you also complete your name and contact details so that we can follow up with you if you have any comments or ideas that we should follow up on. The purpose of this survey is to determine the needs of the GSSA North West Branch members and to use the results in planning the future annual program of the Branch. For any inquiries, you can send an email to ggsanw.info@gmail.com

Thank you for your willingness to complete the survey and take the branch forward with us.

Genealogical greetings

GGSA North West Branch Management

Link for English form: https://forms.gle/rt1ghgGugUczruWT8

Beste Taklede en VriendeU word hiermee vriendelik uitgenooi na ons volgende takbyeenkoms wat sal plaasvind op Saterdag, ...
08/09/2025

Beste Taklede en Vriende

U word hiermee vriendelik uitgenooi na ons volgende takbyeenkoms wat sal plaasvind op Saterdag, 13 September 2025 om 10:00 by Langenhovenstraat 26, Heilige Akker, Potchefstroom. Die byeenkoms vind plaas in die "hybrid" formaat.

Hier is die Zoom skakel vir diegene wat dit nie in persoon sal kan bywoon nie.
Join Zoom Meeting
https://us06web.zoom.us/j/2373529796?omn=85844929921
Meeting ID: 237 352 9796

Ons spreker vir die oggend is prof. John Botha, 'n kundige op die gebied van kunsgeskiedenis. Ter wille van logistiek vra ons wel dat julle RSVP by ggsanw.info@gmail.com voor of op 11 September 2025 as julle die byeenkoms gaan bywoon. Dui ook asb. aan as jy die byeenkoms in persoon of aanlyn gaan bywoon.

08/09/2025

September is Heritage Month and we are delighted to share that there is a 25% discount on selected products. Please visit the eGGSA online shop to take advantage of the offer.
Prices in the shop already reflect the discount.
The offer is available to both members and non-members.

Make use of the following links to
To download the list of products (PDF)
https://genza.org.za/index.php/af/?option=com_edocman&task=document.download&id=957&Itemid=0
To visit the eGGSA online shop
https://www.eggsa.org/sales/eshop_e_dc.htm

‼️NEEM KENNIS‼️Weens te min mense wat geantwoord het dat hulle die praatjie sal bywoon, het die takbestuur besluit om ee...
12/08/2025

‼️NEEM KENNIS‼️
Weens te min mense wat geantwoord het dat hulle die praatjie sal bywoon, het die takbestuur besluit om eerder die 16de Augustus se praatjie te kanselleer. Die spreker het bevestig dat hy wel later 'n opname sal maak van die lesing wat ons dan aan ons lede kan versprei.

--------------------------------------------------------------------------
Beste Taklede en Vriende

U word hiermee vriendelik uitgenooi na ons volgende takbyeenkoms wat sal plaasvind op Saterdag, 16 Augustus 2025 om 10:00 in die Potchefstroom Museum (h.v. Sol Plaatjielaan en Wolmaransstraat). Die byeenkoms vind plaas in die "hybrid" formaat.

Hier is die Zoom skakel vir diegene wat dit nie in persoon sal kan bywoon nie.
Join Zoom Meeting
https://us06web.zoom.us/j/2373529796?omn=85844929921
Meeting ID: 237 352 9796

Ons spreker vir die oggend is Johan Wolfaardt, kurator van die Potchefstroom Museum.
Ter wille van logistiek vra ons wel dat julle RSVP by ggsanw.info@gmail.com voor of op 14 Augustus 2025 as julle die byeenkoms gaan bywoon. Dui ook asb. aan as jy die byeenkoms in persoon of aanlyn gaan bywoon.

PS, die Potchefstroom Museum se genealogie naslaansentrum sal ook vanaf 09:00 oop wees vir diegene wat daar ‘n draai wil maak voor ons 10:00 begin met die lesing.

Address

C/o Sol Plaatjie Avenue, Wolmarans St
Potchefstroom
2531

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when GGSA Noordwestak posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram

Category