Ons Spesiale Storie

  • Home
  • Ons Spesiale Storie

Ons Spesiale Storie 🧩 Ons deel ons pad met Outisme.
✝️ Stories en bewusmaking vir ouers, families en vriende.
💛 Elke storie is uniek.

Ek verstaan dit so goed. Elke storie soos hierdie help om begrip te bou vir kinders met spesiale behoeftes.🤍
16/12/2025

Ek verstaan dit so goed. Elke storie soos hierdie help om begrip te bou vir kinders met spesiale behoeftes.🤍

01/12/2025

🎧✨ Wat is Tomatis?
Gisela Naudé verduidelik hoe hierdie klankgebaseerde metode help om luister, fokus, taal en emosionele regulasie te verbeter. ’n Sagte, nie-indringende benadering wat groot verskil kan maak vir kinders én volwassenes.

Wanneer ’n kind se lyf sterker en meer in balans voel, verander hul hele wêreld.Fisioterapie help kinders om hul liggame...
17/11/2025

Wanneer ’n kind se lyf sterker en meer in balans voel, verander hul hele wêreld.
Fisioterapie help kinders om hul liggame beter te verstaan, te beheer en met meer selfvertroue te beweeg.

deel hoekom fisio so waardevol is vir kinders op die Outistiese spektrum. 🌟💛

So dankbaar om ons storie op OFM te sien. Ons hoop dit help ander ouers en families om te weet hul is nie alleen nie. Di...
29/10/2025

So dankbaar om ons storie op OFM te sien.
Ons hoop dit help ander ouers en families om te weet hul is nie alleen nie.

Dit is vir my ’n ware passie om mense meer te leer oor Outisme – veral in ons Afrikaanse, plattelandse gemeenskappe.
Ek glo hoe meer mense verstaan, hoe makliker dit vir ons as ouers van kinders op die spektrum word om deel te wees van die samelewing – sonder oordeel, maar met begrip en aanvaarding. 💙

Dankie OFM dat julle ons storie deel. 🙏



OFM, The Sound Of Your Life

Toe haar seuntjie na sy eie wêreld begin onttrek – oogkontak vermy, ophou praat en troos vind in spinnende wiele en lopende water – het sy aangevoel iets dieper is besig om te ontvou. Min het sy to...

19/10/2025

As mamma het ek gesien hoe fisioterapie my seuntjie help om nuwe mylpale te bereik. 🌈
In hierdie video deel Cornea Liebenberg, ’n fisioterapeut van Sannieshof, hoe fisioterapie kinders op die spektrum kan help om sterker, meer selfstandig en met meer selfvertroue te beweeg. 💪🏼💛

Elke vaardigheid wat ’n kind leer, bou ’n brug na ’n voller, ryker lewe.ABA is nie net terapie nie – dit is ’n pad na me...
08/09/2025

Elke vaardigheid wat ’n kind leer, bou ’n brug na ’n voller, ryker lewe.
ABA is nie net terapie nie – dit is ’n pad na meer moontlikhede.

29/08/2025

Met ABA-terapie het ek gesien hoe my kind se wêreld stadig opmaak. Dit was ons eerste tree in die regte rigting. Ons stap nou al amper twee jaar 'n pad met Magriet en die span van Star Academy en ek is ongelooflik dankbaar vir die groei wat ek in my kind sien.

ABA-terapie fokus op klein suksesse wat groot oorwinnings word. Ons het dit self beleef en dit beteken ongelooflik baie ...
27/08/2025

ABA-terapie fokus op klein suksesse wat groot oorwinnings word. Ons het dit self beleef en dit beteken ongelooflik baie vir ons. ✨

Tilana Kotze, ‘n arbeidsterapeut van Namibië, werk daagliks met kinders op die outisme-spektrum. Sy deel haar belangriks...
23/08/2025

Tilana Kotze, ‘n arbeidsterapeut van Namibië, werk daagliks met kinders op die outisme-spektrum. Sy deel haar belangrikste riglyne – eenvoudige, praktiese wenke wat ouers kan help om hul kinders se ontwikkeling en welstand te ondersteun. 💛

Arbeidsterapie = onafhanklikheid, selfvertroue en groei. 💛🧩
19/08/2025

Arbeidsterapie = onafhanklikheid, selfvertroue en groei. 💛🧩

16/08/2025

🧩 Arbeidsterapie & Outisme 💛
Arbeidsterapie kan ’n waardevolle hulpmiddel wees vir outistiese kinders om alledaagse vaardighede aan te leer en makliker in hul omgewing te funksioneer.

Hierdie video is net vir bewusmaking – dit is nie bedoel om iemand te oortuig om ’n spesifieke terapie te gebruik nie. Ons wil bloot wys watter moontlikhede daar is om kinders op hul unieke pad te ondersteun. ✨

’n Groot dankie aan Tilana Kotze van Liesel Scheffer Arbeidsterapie in Walvisbaai wat hierdie waardevolle video met ons gedeel het. 🌸

11/08/2025

💛 Ek glo hoe meer ons leer, hoe beter kan ons ondersteun.

Ek het vir verskeie terapeute gevra om kort video’s te maak oor die werk wat hulle doen met outistiese kinders.

In die komende weke gaan ek dit hier deel – sodat ons almal saam kan verstaan, groei en hoop gee. 🧩✨

Address


Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Spesiale Storie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

  • Want your practice to be the top-listed Clinic?

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram