Ons Spesiale Storie

Ons Spesiale Storie 🧩 Ons deel ons pad met Outisme.
✝️ Stories en bewusmaking vir ouers, families en vriende.
💛 Elke storie is uniek.

Jy raak vir ’n oomblik besig…en hy is weg.Dis hoe vinnig dit met Pieter kan gebeur. Hy is nuuskierig, hy beweeg vinnig, ...
20/04/2026

Jy raak vir ’n oomblik besig…en hy is weg.

Dis hoe vinnig dit met Pieter kan gebeur. Hy is nuuskierig, hy beweeg vinnig, en soms besef hy nie eers hy is nie meer by ons nie.
Op vakansie by die see het dit een keer by ons woonstelblok gebeur… daardie paar minute waar jy jou kind nie kan kry nie, voel soos ’n leeftyd.

Dis juis hoekom ek hierdie pamflet ontwerp het.
Met ’n dubbele doel 💛
👉 Om mense meer bewus te maak van outisme.
👉 En om vinnig belangrike inligting oor die kind met ander te kan deel.

Baie van ons kinders op die outismespektrum dwaal rond.
En dan is dit so belangrik dat mense rondom hulle verstaan wat aangaan.

🙏 ’n Paar besighede het ingestem om vir April (outisme maand) spesiale pryse op A5 kleur pamflette te doen as enige mamma ook so iets vir haar kind wil laat druk.

"Click" op die Google Drive link hieronder om die pamflet af te laai.

https://drive.google.com/file/d/15WwjTQOj6ieCjbNnw2_ixI68C-J25Brq/view?usp=sharing

Postlink
Nelson Mandela & Parys Ave
Baillie Park
Potchefstroom
2531
Tel: 050 021 6533

Trendy Me
22 De Ridder St
Brits
0250
Tel: 072 566 0453

Print Unlimited by Hanro
27 Dr Nelson Mandela Dr
Lichtenburg
2740
Tel: 071 280 6075

10/04/2026

🐻 Elke kind se sensoriese profiel is uniek

Deur die lens van Winnie the Pooh kan ons begin sien hoe verskillend elke kind se ervaring van die wêreld is — en hoekom hulle reageer soos hulle doen.

Wanneer ons dit raaksien, verander alles:
van frustrasie… na begrip 💛

✨ Hierdie is weer ’n kort uittreksel uit ’n langer video oor sensoriese regulering.
📌 Die volle video is reeds op my blad beskikbaar — gaan kyk gerus!

📚 Erkenning:
Cook, R.A. (2015). Winnie the Pooh & the Characters in the Hundred Acre Wood as a Tool for Self-Reflection. SAISI Newsletter, 25(1).

09/04/2026

🪣 Hoe vol is jou kind se “emmer”?

Party dae lyk alles okay…
maar die emmer is eintlik al amper vol.

En dan vat dit net één klein dingetjie
vir dit om oor te loop 💧

Wanneer ons begin verstaan hoe vol ons kind se “emmer” is, kan ons hulle beter ondersteun — voordat dit te veel raak 🤍

✨ Hierdie is ’n kort uittreksel uit ’n langer video oor sensoriese regulering.
📌 Die volle video is reeds op my blad beskikbaar — gaan kyk gerus!

08/04/2026

🚦 Wat sê jou kind se “verkeerslig”?

Jou kind wissel heeldag tussen groen 💚, geel 💛 en rooi ❤️ — en dit beïnvloed hoe hulle die wêreld ervaar.

Wanneer ons leer om hierdie seine raak te sien, begin ons ons kinders soveel beter verstaan 🤍

✨ Hierdie is ’n kort uittreksel uit ’n langer video oor sensoriese regulering.
📌 Die volle video is reeds op my blad beskikbaar — gaan kyk gerus!

08/04/2026

🌿 Sensoriese regulering begin by verstaan

Elke kind se wêreld voel anders… en soms wys hulle dit vir ons sonder woorde.

In hierdie video verduidelik Susann drie eenvoudige, maar kragtige maniere om jou kind beter te verstaan:
🚦 Jou kind se “verkeerslig”
🪣 Hoe vol jou kind se “sensoriese emmer” is
✨ Jou kind se unieke sensoriese profiel

Wanneer ons begin raaksien wat agter gedrag lê, kan ons met meer geduld en begrip reageer 🤍

📌 Baie dankie aan Susann vir hierdie waardevolle boodskap.

📚 Erkenning: Die gebruik van Winnie the Pooh en karakters as hulpmiddel vir self-refleksie is gebaseer op die werk van:
Cook, R.A. (2015). Winnie the Pooh & the Characters in the Hundred Acre Wood as a Tool for Self-Reflection. SAISI Newsletter, 25(1).

As jy outisme beter wil verstaan — kyk hierdie video💙Dankie APPEL - Dit is platforms soos hierdie wat help om werklik ’n...
07/04/2026

As jy outisme beter wil verstaan — kyk hierdie video💙
Dankie APPEL - Dit is platforms soos hierdie wat help om werklik ’n verskil te maak.

In hierdie episode van Die Appelkas gesels ek met Leryke Kleynhans, Nasionale Opleidingskoördineerder van Autism South Africa, ’n organisasie wat regoor Suid Afrika werk aan meer bewustheid, aanvaarding, opleiding, ondersteuning en voorspraak rondom outisme. 

Ons praat eerlik oor wat outisme werklik is, hoekom soveel mense dit nog verkeerd verstaan, en hoe families dikwels in stilte moet baklei teen stigma, oordeel en onkunde. Hierdie is nie net ’n gesprek vir ouers van outistiese kinders nie. Dit is ook vir onderwysers, familie, vriende en enigeen wat beter wil verstaan hoe die wêreld vir iemand op die spektrum kan voel.

As jy al ooit gewonder het hoe ons as mense meer geduldig, meer ingelig en meer menslik kan wees teenoor outistiese kinders en volwassenes, dan is hierdie gesprek vir jou. Minder geraas. Minder aannames. Meer waarheid. Meer begrip.

https://youtu.be/YbYBSqrHqO4?si=bbd5g4LYcqWJLa5u

fans

02/04/2026

💙Wêreld Outisme Dag 💙

Ek het hierdie ongelooflike mamma by een van haar kampe ontmoet…
en toe besef ons – ons stap dieselfde pad.

Ons het albei kinders op die outisme spektrum.

Daar is iets besonders aan daardie oomblik van “jy verstaan”.
Geen verduidelikings nodig nie. Net begrip.

Dankie vir jou boodskap

Kom ons hou aan om bewustheid te bou – maar nog meer, aanvaarding.

Sy het die wêreld anders gesien… en dit het alles verander.Dr. Temple Grandin is self op die outisme spektrum – en juis ...
29/03/2026

Sy het die wêreld anders gesien… en dit het alles verander.

Dr. Temple Grandin is self op die outisme spektrum – en juis dít het haar gehelp om diere beter te verstaan as baie ander mense.

Waar ander chaos sien, sien sy patrone en detail.

Haar werk het nie net diere se lewens verbeter nie – dit het ook die wêreld se begrip van outisme verander.

25/03/2026
Ek verstaan dit so goed. Elke storie soos hierdie help om begrip te bou vir kinders met spesiale behoeftes.🤍
16/12/2025

Ek verstaan dit so goed. Elke storie soos hierdie help om begrip te bou vir kinders met spesiale behoeftes.🤍

Address

Potchefstroom

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Spesiale Storie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share