Amelia Nasorgsentrum

Amelia Nasorgsentrum Sentrum (NPO) in Potchefstroom vir volwassenes met intellektuele gestremdhede. Amelia Nasorgsentrum (ANS) is op 11 Mei 1976 gestig.

Die hoofdoel was om voorsiening te maak vir volwassenes met intellektuele gestremdhede nadat hulle die ouderdom van agtien jaar bereik het en om 'n veilige omgewing te bied vir hierdie mense wat nie in die normale arbeidsmark te kan funksioneer nie en wat nie na hulself kan omsien nie. In die begin was Amelia in 'n ou plaashuis in die Vyfhoek-kleinhoewes geleë. Amelia Nasorgsentrum is vernoem na die eerste kliënt genaamd Amelia (Poppie) van Wyk. Die beheerliggaam het alles in hul vermoë gedoen om behuising en werkswinkels vir die inwoners te verskaf. ’n Stuk grond is langs ES Le Grange Skool gekoop en die eerste twee chalets vir die inwoners is in 1991 voltooi. Aan die einde van 1992 is agt chalets voltooi asook volledig toegeruste werkswinkels, ‘n wassery, ‘n kombuis, ‘n dagkliniek en ‘n administrasiegebou. Die beheerliggaam het Amelia as 'n NPO geregistreer. Die sentrum is geregistreer vir 130 inwoners en 30 dag kliënte. Die geboue en fasiliteite is 'n ideale omgewing vir werk, verblyf, ontspanning en dra by tot 'n beter lewenskwaliteit en sosiale ontwikkeling van diegene met spesiale behoeftes en beskerming van die mees kwesbares.

Prysuitdeling 2025 🏆Wat ’n vreugdevolle en trots gevulde dag by Amelia Nasorgsentrum se jaarlikse prysuitdeling! 🌟Elke i...
19/11/2025

Prysuitdeling 2025 🏆

Wat ’n vreugdevolle en trots gevulde dag by Amelia Nasorgsentrum se jaarlikse prysuitdeling! 🌟

Elke inwoner wat hierdie dag ’n sertifikaat ontvang het, het dit met harde werk, positiewe gedrag en volgehoue toewyding verdien. Julle groei, deursettingsvermoë en mooi gesindhede hierdie jaar maak ons ongelooflik trots.

Ons sportsterre het ook helder uitgeskyn met hul uitstekende prestasies — julle entoesiasme, spanwerk en vasbyt is ’n inspirasie vir ons almal. 🏅

Baie geluk aan elkeen! Mag hierdie prestasies julle aanmoedig om volgende jaar nóg hoër te mik. By Amelia glo ons dat elke mylpaal, groot of klein, gevier moet word — en vandag het ons dit beslis gedoen. 🌼

Baie dankie aan die Brotherhood Motorfiets Klub wat weer hierdie jaar hul spesiale besoek by Amelia Nasorgsentrum kom af...
19/11/2025

Baie dankie aan die Brotherhood Motorfiets Klub wat weer hierdie jaar hul spesiale besoek by Amelia Nasorgsentrum kom aflê het. Die heerlike lekkergoed en die ruim kontantdonasie vir Kersfees word met groot dankbaarheid en waardering ontvang.🎄

Dankie dat julle jaar na jaar jul tyd, energie en liefde met ons inwoners deel. Julle bring nie net opwinding en vreugde nie, maar ook ’n gevoel van samesyn wat ons gemeenskap verryk. 🙏🏻

Ons waardeer julle opreg—mag julle rit altyd veilig wees en jul harte altyd so vol bly soos hierdie dag. 🧡

Ons wil vandag 'n spesiale dank kom gee aan die Potch Dorp Rugbyklub  vir die moeite wat hul gedoen het om vir Amelia Na...
17/11/2025

Ons wil vandag 'n spesiale dank kom gee aan die Potch Dorp Rugbyklub vir die moeite wat hul gedoen het om vir Amelia Nasorgsentrum geld en kos in te samel met hulle potjiekos kompetisie en biermyl wat gehou was op 1 November.

Dankie aan Ferdie Joubert en sy vrou vir al die reëlings en aan almal anders wat ondersteun het.

Sonder die gemeenskap sou ons nie kon voortbestaan. Julle maak werklik 'n verskil in ons inwoners se lewens. Ons harte loop oor!

Die inwoners maak die PicknPay kaarte en Checkers minis bymekaar. 🏉🛒 Indien enige iemand ekstra het wat rond lê, bring d...
11/11/2025

Die inwoners maak die PicknPay kaarte en Checkers minis bymekaar. 🏉🛒 Indien enige iemand ekstra het wat rond lê, bring dit asseblief vir Amelia. 🤩🙏🏻 Die Terapie Werkswinkel wil 'n projek met dit begin. ⭐️

😁Kersfees op 'n Maandag in November?🥰Baie baie dankie Witrand Hospitaal vir dié vroeë kerskoekies en pragtige boekmerke....
10/11/2025

😁Kersfees op 'n Maandag in November?🥰
Baie baie dankie Witrand Hospitaal vir dié vroeë kerskoekies en pragtige boekmerke.

Naaldwerk inwoners is beloon vir hul hulp met vroetelmoue & warm mussies vroeër dié jaar! 😄🎄☃️✨

Lekker Kersfeeskoekies! 🍪👩‍🍳Bestellings: Joey 081 045 5557 📞
10/11/2025

Lekker Kersfeeskoekies! 🍪👩‍🍳
Bestellings: Joey 081 045 5557 📞

05/11/2025

Ons wil graag aan elkeen wat 'n bydrae gelewer het vir die inwoners van Amelia Nasorgsentrum wat darts speel, baie dankie sê. Dankie ook aan elke inwoner se toewyding aan hierdie sport. ###

💛 Baie dankie aan al ons wonderlike borge en donateurs 💛Julle is werklik God se engele op aarde. ✨Sonder julle voortdure...
04/11/2025

💛 Baie dankie aan al ons wonderlike borge en donateurs 💛

Julle is werklik God se engele op aarde. ✨
Sonder julle voortdurende ondersteuning en omgee sou die wiele van ons masjien nie kon bly rol nie.
By Amelia Nasorgsentrum dra elke bydrae — groot of klein — by tot hoop, liefde en ’n beter toekoms vir dié wat dit die nodigste het.

Uit die diepte van ons harte, sê ons: Dankie vir julle geloof, julle hande en julle harte wat gee. 🙏💐

In die middel van lewe se besige dae, laat ons nie vergeet dat God altyd by ons is nie. Sy leiding, sy voorsiening en sy liefde is altyd teenwoordig, selfs in die klein dingetjies. Vandag, neem 'n oomblik om stil te wees, erken sy hand in jou lewe, en wees dankbaar vir sy voortdurende teenwoordigheid. ✨

Paws Haven Potchefstroom 🐕🐈Baie dankie dat julle ons inwoners met soveel warmte en ope arms verwelkom het. 🐾As ’n sentru...
04/11/2025

Paws Haven Potchefstroom 🐕🐈

Baie dankie dat julle ons inwoners met soveel warmte en ope arms verwelkom het. 🐾

As ’n sentrum wat self dikwels donasies ontvang, is dit vir ons ’n ware voorreg en riem onder die hart om ook iets terug te kan gee. 🙏🏻

’n Opregte dankie aan almal wat hul bydraes gelewer het – elke bietjie maak ’n verskil. 💛

Al die borge en donasies vul inwoners en personeel se harte met dankbaarheid.❤️In die proses inspireer donateurs en weld...
03/11/2025

Al die borge en donasies vul inwoners en personeel se harte met dankbaarheid.❤️
In die proses inspireer donateurs en weldoeners ook ons inwoners om hard te werk vir fondse. 🙏🏻

Marlene van Jaarsveld en Ounooi J van Rensburg het elk onlangs 'n Ses-hoek Granny-Square trui gehekel & voltooi. 👏👏

🧵🧶Die Grys/Wit/Rooi trui is reeds deur 'n weldoener gereseveer om te koop terwyl Marlene besig was om dit te hekel.☺️

💚🧡Ounooi se Groen & Pumpkin trui is +- 2XL grote en nou te koop .00
☎️Kontak asb vir Annemarie by 018 290 5543 indien u belangstel.

🧵Hannelie Cronje het verlede kwartaal net so hard gewerk en 4 plekmatjies borduur. 👏Die plekmatjies het deel gevorm van 'n geskenk by die onlangse Golfdag van Amelia.

Amelia Naaldwerk is hard besig met pragtige items om teen volgende jaar te koop aan te bied. 😊

😀  We are proud to announce that AMELIA’s website is officially live! https://amelianasorgsentrum.org.za/ Our mission is...
01/11/2025

😀 We are proud to announce that AMELIA’s website is officially live!

https://amelianasorgsentrum.org.za/

Our mission is to empower adults with intellectual disabilities to live their best lives, and this new platform helps us share our work and connect with you better than ever before.

Visit our new digital hub to learn, engage, and support

Welcome to Amelia Aftercare Centre, a non-profit organisation in Potchefstroom dedicated to enriching the lives of adults with intellectual disabilities.

🎄🎅 Oud en jonk welkom. Kom geniet 'n lekker aand saam met Amelia. 🕯🔦
31/10/2025

🎄🎅 Oud en jonk welkom. Kom geniet 'n lekker aand saam met Amelia. 🕯🔦

Address

5 Richardson Street
Potchefstroom
2531

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:30
Tuesday 08:00 - 15:30
Wednesday 08:00 - 15:30
Thursday 08:00 - 15:30
Friday 08:00 - 13:00

Telephone

+27182905543

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Amelia Nasorgsentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Amelia Nasorgsentrum:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram