02/03/2023
In die nuutste weergawe van die Rooirose gesels ek oor "jy en jou kind en hoe kritiek 'n rol speel".
Lees gerus en deel jou gedagtes hier.
Dit is moeilik om jou kinders genoeg van reg en verkeerd te leer en terselfdetyd 'n omgewing te skep waar hulle ook 'n selfbeeld kan bou.
Ek deel van die riglyne wat ek in die artikel noem:
1. 'n Mens is nooit te oud om iets nuuts te leer nie. Doen navorsing
en toon belangstelling in die dinge waarvan jou kinders hou.
2. As jy kritiek lewer, moet dit nie uit irritasie, frustrasie of wanneer
jy kwaad is doen nie. Koel af, raak rustig en besluit waarop jy wil
kritiek lewer, hoekom en wat jy daaruit wil sien groei.
3. Wanneer jy kritiese terugvoering gee, bied ook ondersteuning
met die oplossing van die probleem. Dit is 'n geleentheid vir
kinders om gesonde vaardighede te leer en nie 'n kans om jou
mening af te dwing nie.
4. Wees bewus van jou lyftaal en stemtoon wanneer jy terugvoering
gee. Wees eg, maar sag.
5. Wanneer jy swakpunte uitwys, noem ook sterkpunte.
rooi rose