Huis Piek

Huis Piek ʼn Liefdevolle tuiste wat ʼn huislike atmosfeer vir seniors tydens hul goue jare bied.

OoooooMENSE! Luister, sing saam, déél!!Hierdie lied is woord vir woord geskryf deur ons Piekstes sélf. Die hele atmosfee...
14/05/2026

OoooooMENSE! Luister, sing saam, déél!!

Hierdie lied is woord vir woord geskryf deur ons Piekstes sélf.
Die hele atmosfeer en vreugde in ons samesyn word hierin bymekaar gebring. Dankie aan Gertie, ons Mental Gym-terapeut vir die leiding hiermee en ook aan haar broer vir sy AI-kennis om dit te toonset.

https://suno.com/s/ZlSYtlMT6doKPsHk

www.huispiek.co.za

Listen and make your own on Suno.

Sedert 1936 ondersteun CMR Noord kwesbare kinders en gesinne deur middel van sorg, beskerming en praktiese bystand.Oor d...
06/05/2026

Sedert 1936 ondersteun CMR Noord kwesbare kinders en gesinne deur middel van sorg, beskerming en praktiese bystand.

Oor die afgelope 90 jaar het die CMR NOORD / NORTH gegroei van 'n enkele inisiatief tot 'n multi-provinsiale organisasie wat gemeenskappe regoor Gauteng, Limpopo en Noordwes bereik. Deur ‘n netwerk van maatskaplike werkers bied die CMR kinderbeskermingsdienste, versterk gesinne en ondersteun gemeenskapsontwikkeling – wat ongeveer 22 000 mense elke jaar beïnvloed.

Gefokus: "Om met deernis, professionaliteit en konsekwentheid langs diegene in nood te loop."

Huis Piek het gedeel in die 90-jaar vieringe, wat ‘n keurige aand vol musiek, stories van mense wie se lewens positief herskryf is deur die CMR en opbouende boodskappe ingesluit het. Hier is Rynette Smith, Huismoeder en Greta van Rensburg, Bestuurder. Baie geluk en seën aan elkeen wie betrokke is of was die afgelope 99 jaar. Ons by Huis Piek wens julle nog vele jare toe om die groot verskil te maak in lewens.

www.huispiek.co.za

06/05/2026

Ons is bevoorreg met ‘n hele paar talentvolle pianiste by Huis Piek! Grootste lekkerte is om verby die eetkamer te stap en hemelse klanke te hoor…



www.huispiek.co.za

Before en after - op ‘n ánder manier!Na ‘n volle VYF+ dae sonder krag, is ons weer AAN!Een kragopwekker het gehelp dat o...
23/04/2026

Before en after - op ‘n ánder manier!
Na ‘n volle VYF+ dae sonder krag, is ons weer AAN!

Een kragopwekker het gehelp dat ons yskaste hardloop en inwoners darem fone, kragbanke en flitsligte laai. En ‘n inwoner se dankiebrief maak al die ‘vure doodslaan’ die moeite werd:

“Goeiemore Greta en HP-span! Ons is só dankbaar dat ons weer krag het. Dit was 5 lange dae.
Baie dankie vir alles wat julle gedoen het om dit vir ons draaglik en doenbaar te maak:
* Die planne met sonkrag en ligte;
* die kos wat steeds smaaklik en stiptelik voorgesit is;
* smiddae se kookwater;
* elkeen van julle se opgeruimdheid en geduld;
* elke versorger en werker wat blymoedig trappe geklim het met skinkborde kos;
* die genny wat ondanks die dure petrol daagliks geloop het sodat ons fone en lampe kon leef;
* en elke Piekgenoot wat met humor en vasbyt saamgeleef en saamgebid het.

VIVA HUIS PIEK! When the going gets tough, the tough get going!”

www.huispiek.co.za

21/04/2026

In hierdie geval gaan die foto’s eers die
AFTER wys en dan die
BEFORE!

Huis Piek het ons nuwe stokperdjiekamer in gebruik geneem en dit word genoem
🥁🥁🥁🥁🥁
Piekadillie!
Ons is mos dillie oor Piek en oor handewerk!
🧶🎨 🎼🧩

www.huispiek.co.za

In hierdie geval gaan die foto’s eers die AFTER wys en dan die BEFORE!Huis Piek het ons nuwe stokperdjiekamer in gebruik...
21/04/2026

In hierdie geval gaan die foto’s eers die
AFTER wys en dan die
BEFORE!

Huis Piek het ons nuwe stokperdjiekamer in gebruik geneem en dit word genoem
🥁🥁🥁🥁🥁
Piekadillie!
Ons is mos dillie oor Piek en oor handewerk!
🧶🎨 🎼🧩

www.huispiek.co.za

Einaaaaah! OUCH! 💉 Nee. Nie regtig nie en dit was góu verby. En nou is ons gepantser teen winter se griepigheid. Dánkie ...
16/04/2026

Einaaaaah! OUCH! 💉

Nee. Nie regtig nie en dit was góu verby. En nou is ons gepantser teen winter se griepigheid.

Dánkie NGK Waterkloofrif vir die ruim skenking van die griep-inspuitings. Ons inwoners gaan werklik baat vind hierby.

www.huispiek.co.za

11/04/2026

Één woord: “BEDORWE!”

Ons Piekstes tel daagliks seëninge en vandag toe sommer nóg meer! Dánkie aan die NG Kerk Waterkloof vir die heeerlike, smaaklike, gesellige braai en samesyn. Ons gaan dié dag nog lánk onthóu.

www.huispiek.co.za

Één woord: “BEDORWE!”Ons Piekstes tel daagliks seëninge en vandag toe sommer nóg meer! Dánkie aan die NG Kerk Waterkloof...
11/04/2026

Één woord: “BEDORWE!”

Ons Piekstes tel daagliks seëninge en vandag toe sommer nóg meer! Dánkie aan die NG Kerk Waterkloof vir die heeerlike, smaaklike, gesellige braai en samesyn. Ons gaan dié dag nog lánk onthóu.

www.huispiek.co.za

Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Só is ons vry van die sonde. Nou kan ons lewe omdat God ons ve...
03/04/2026

Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Só is ons vry van die sonde. Nou kan ons lewe omdat God ons verhouding met Hom herstel het. Deur sý wonde is óns genees!
1 Petrus 2:24

Jesus Christus, Abba Vader, ons bid, maar ons het nie woorde nie. U liéfde ken geen einde nie. Dánkie vir U genade, vergifnis, en vryspraak.



www.huispiek.co.za

Huis Piek, in samewerking met NGK Waterkloofrif het vandag die Wêreldbiddag vir Vroue aangebied. Wat ‘n vreugde om saam ...
07/03/2026

Huis Piek, in samewerking met NGK Waterkloofrif het vandag die Wêreldbiddag vir Vroue aangebied. Wat ‘n vreugde om saam in te tree in gebed vir Vroue regdeur wêreld, maar veral in Nigerië.

2026 se tema is ‘Kom, Ek sal jou rus gee’. Ons skriflesing was uit Matt 11:28-30. Die lied, “Kom na My toe, álmal wat moeg en oorlaai is..” het telkens gedurende die program weerklink deur die sang van Lidia onder begeleiding van Sue Arendse.

Tydens die Wêreldbiddag vergader gelowiges van verskillende rasse, kulture en kerke, om saam te bid, ons voor God te verootmoedig en vir mekaar in te tree. Internasionaal word die Wêreldbiddag reeds vanaf 1887 gevier. Die dag word tans in meer as 170 lande op al 7 kontinente gehou. In Suid-Afrika is dit die 96ste jaar wat ons deel is hiervan. Die program word in nege van die amptelike tale in SA vertaal.

Vanjaar was ons bevoorreg om twee sleutelfigure in die kantore van Wêreldbiddag vir Vroue teenwoordig te hê, naamlik Ducsy Lekoro en Rinell Hugo. Ds Nicole Hamman-Forrest het die diens gelei.

www.huispiek.co.za

Address

Middelstraat 153, Nieuw Muckleneuk
Pretoria
0181

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huis Piek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Huis Piek:

Share