Dr Kirsten du Toit Spelterapie / Play Therapy

Dr Kirsten du Toit Spelterapie / Play Therapy Kinderberading deur spel- en perdegesentreerde terapie. Berading vir kinders met emosionele uitdagings in hul lewe.

Counseling children through play- and horse centered therapy. Helping emotionally challenged children using play therapy and horses.

Hallo almal! Ons nooi weer alle enkel mamma's uit, jonk of oud, om Saterdag 9 Mei saam te kuier by ons kerk, Doxa Deo Br...
29/04/2026

Hallo almal! Ons nooi weer alle enkel mamma's uit, jonk of oud, om Saterdag 9 Mei saam te kuier by ons kerk, Doxa Deo Brooklyn van 10:00-13:00. Gratis bywoning. Registreer asb op die link. Toesig vir kinders onder 12 jaar oud. Kom kuier lekker saam, jou kar word gewas🚗🤗 tydens bywoning, kom leer meer oor mamma-wees, kinders en temperamente en kom ontvang Jesus se hart!!

Daar is vroue wat elke dag opstaan en die wêreld vir hul kinders dra… alleen.Vroue wat sterk moet wees wanneer niemand kyk nie.Vroue wat liefhet, bou, troos en hoop bring – selfs wanneer hulle self moeg is. Enkelmammadag is 'n dag waar ons doelbewus stilstaan by hierdie ongesiene heldinne.Op 9 ...

Wat 'n lekker week! Fin, Bronberg se  hond, word toe sommer "terapie hond" en skakel te lekker in met my terapie kinders...
17/04/2026

Wat 'n lekker week! Fin, Bronberg se hond, word toe sommer "terapie hond" en skakel te lekker in met my terapie kinders! Dit was sooo gepas en op die regte tyd met die regte kids!! Dankie Jesus!! En natuurlik die stap, natuur en die perdjies!! En toe vandag se ouerleidinggroep @ Chocolat et Cafe! Dankie vir almal se bywoning en saam gesels!! My koppie is vol!! Die volgende ouerleidinggroep is DV 15 Mei!

14/04/2026

Hallo almal!! Ek herinner net ek sien julle komende Vrydag 17 Apr 09:00☕️vir 09:30-11:30 te Chocolat et Cafe hier op die praktyk perseel. Ek gesels graag oor "Hoe om die Here te vertrou as ouer en watter vaardighede/waardes leer ek vir my kind oor die lewe". Gratis bywoning! Ons kuier dan lekker saam! Mooi week! 🤗🌺

Dankie liefste Mercia!! Jy is so dierbaar en was heerlik om mee te gesels!!! Mag Jesus julle so seën met elke boodskap o...
10/04/2026

Dankie liefste Mercia!! Jy is so dierbaar en was heerlik om mee te gesels!!! Mag Jesus julle so seën met elke boodskap op jul program!! Ai nou mis ek my Kaapse familie!! Lekker luister Kapenaars!!

🎙️ Kopskuif met Mercia Eksteen | 11 April

Dr. Kirsten du Toit, wat spesialiseer in kinderberading deur spel- en perdegesentreerde terapie, sluit by ons aan vir ’n insiggewende gesprek oor kinders se emosionele welstand.

Luister saam terwyl sy die verskil tussen algemene angstigheid en skeidingsangs by kinders verduidelik, en praktiese, waardevolle wenke deel oor hoe ouers en versorgers ’n angstige kind beter kan verstaan en ondersteun.

Hierdie gesprek bring nie net insig nie, maar ook rigting en hoop vir gesinne.

📻 Stroom aanlyn by www.capepulpit.co.za

Mag vandag ons almal herinner aan Sy liefde vir ons en dat Hy elkeen se seer en se storie dra!! Gaan sit op Sy skoot en ...
03/04/2026

Mag vandag ons almal herinner aan Sy liefde vir ons en dat Hy elkeen se seer en se storie dra!! Gaan sit op Sy skoot en Hy sal voorsien en jou bedien!! Geseënde Paastyd! ❤️✝️

Celine Dion — The Journey to the Cross (2026 Good Friday / Easter Special Gospel Redemption Song) [Music Video]"He himself bore our sins in his body on the t...

Oh wow!!! Jesus se blomme prag by die praktyk! Dis so lekker om met die kinders te stap en Sy wonderwerke te aanskou ter...
27/03/2026

Oh wow!!! Jesus se blomme prag by die praktyk! Dis so lekker om met die kinders te stap en Sy wonderwerke te aanskou terwyl kinders bewus raak van hulself, emosies en genesing!!

So 'n voorreg om my ouerleidinggroepe by hierdie "Best Cafe" te kan aanbied!! Baaie geluk Lynne en span🏆☕️🍰❤️
18/03/2026

So 'n voorreg om my ouerleidinggroepe by hierdie "Best Cafe" te kan aanbied!! Baaie geluk Lynne en span🏆☕️🍰❤️

Dit was weereens 'n heerlike oggend by Chocolate et Cafe!!! Ons het lekker gesels oor ons kinders en hantering van skool...
13/03/2026

Dit was weereens 'n heerlike oggend by Chocolate et Cafe!!! Ons het lekker gesels oor ons kinders en hantering van skool uitdagings! Ek glo elkeen van ons se harte is om in die beste belang van kinders op te tree en seker te maak dat hulle gelukkig by die skool is📚🚌!! Luister na jou kind en onderwyser se storie, bly kalm en respekteer menings en opinies. As almal regverdig optree is jy 'n super cool mamma! Hou aan om jou kind te ondersteun! Dankie Lynne vir die mooiste venue en kos (en koek🍰)! Dankie vir die getroue kelners wat altyd 'n glimlag wys!! Ons sien mekaar met die volgende Ouerleidinggroep weer DV Vry 17 April❤️Mooi naweek!

11/03/2026
Hallo julle! Ek herinner elke ouer graag aan komende Vrydag se ouerleiding groep 09:00☕️vir 09:30-11:30 te Chocolat 'et ...
11/03/2026

Hallo julle! Ek herinner elke ouer graag aan komende Vrydag se ouerleiding groep 09:00☕️vir 09:30-11:30 te Chocolat 'et Cafe ☕️🍰op die praktyk perseel! Gratis bywoning! Almal welkom! Ek gesels graag Vrydag oor om 'n Super Cool ouer te wees (geduld en liefde!) met klem op hantering van my kind se onderwyser en hantering van verskille met 'n onderwyser. Hoe hanteer ouers dit?

Dankie aan elke ouer wat vanoggend se ouerleidinggroep bygewoon het! Ons het heerlik saam gesels oor kinders in 'n gesin...
13/02/2026

Dankie aan elke ouer wat vanoggend se ouerleidinggroep bygewoon het! Ons het heerlik saam gesels oor kinders in 'n gesin se konflikhantering met mekaar en waarom kinders op sekere ouderdomme baklei. Hoe hanteer ons as ouers die sibbe baklei en wat moet ons fokus wees. Dankie Lynne vir die heerlikste Valentyns Cupcakes en natuurlik altyd die mooie venue van Chocolat et Cafe!! Ons kuier graag weer met ons volgende ouerleidinggroep DV Vry 13 Maart! Liefde❤️

Voel jy vasgevang en kinders wat heeltyd baklei🤺!! Wie se kant kies jy? Kom kuier lekker saam komende Vrydag met die vol...
10/02/2026

Voel jy vasgevang en kinders wat heeltyd baklei🤺!! Wie se kant kies jy? Kom kuier lekker saam komende Vrydag met die volgende ouerleidinggroep Vry 13 Feb 09:00☕️vir 9:30-11:30 by die nuwe Chocolat et Cafe venue op die praktyk perseel!! Gratis bywoning almal welkom!

Address

Pretoria
0081

Telephone

+27656649142

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dr Kirsten du Toit Spelterapie / Play Therapy posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Dr Kirsten du Toit Spelterapie / Play Therapy:

Share