12/12/2025
Ons vier vandag, met groot dankbaarheid, die praktyk se 3de bestaansjaar!
Wat ñ ongelooflike reis was dit tot dusvêr - gevul met groei, leerskool en die voorreg om saam met soveel wonderlike kinders, families, skoolhoofde en personeellede te werk.
Dankie aan elke ouer wat ons vertrou het, elke kind wat ons dae kom ophelder het en elke ondersteunende stem in ons gemeenskap.
ñ Spesiale dank aan die praktyk se toegewyde span Kinderkinetici wat elke dag met kundigheid, liefde vir kinders en die ongelooflike vermoë om spel in groei te verander, werk.
Samantha, jou toegewyde insette maak ñ merkbare verskil in elke kinderhart. Dit dra by tot die hart en sukses van die praktyk.
Ons sien uit na nog ñ jaar van speel, groei en ontwikkeling! Saam skep ons ñ plek waar kinders kan floreer en elke dag ñ klein oorwinning vier.