
26/01/2024
KONTAK ONS VIR DIE VOLGENDE:
🗣Artikulasie probleme -
Jou kind kan nog nie spesifieke klanke soos bv. /l/ , /s/ of /r/ sê nie en meeste van sy/haar ouderdom maats kan al. Jou kind word moeilik deur ander mense verstaan en sy/haar spraak is onduidelik.
🗣Taalprobleme -
Jou kind sukkel om hulself uit te druk. Hul sukkel om instruksies te volg en vrae te beantwoord. Jou kind se taalgebruik is deurmekaar en gebroke. Jou kind sukkel om taal korrek te gebruik en te verstaan.
🗣Ouditiewe prosessering -
Jou kind sukkel om begin, middel en eind klanke van woorde te identifiseer/benoem. Sukkel om woorde self te klank of om klanke bymekaar te voeg en die woord te noem. Hul sukkel om instruksies te onthou en te volg. Sukkel met luistervaardighede.
🗣Hakkel
PRETORIA • BENONI