Huis Herfsblaar Aftree-Oord

Huis Herfsblaar Aftree-Oord Meenthuise, Woonstelle, Sorgeenheid,
Demensie en Alzheimer's Afdeling, Leefstylsentrum & Herfsmed Kliniek

31/10/2025
30/10/2025

80ste Verjaarsdag Funksie 22 Oktober 2025

Hierdie jaar is die tema vir Wêreld Beroertedag "Elke minuut tel".Die klem word gelê op die vinnige identifisering van b...
29/10/2025

Hierdie jaar is die tema vir Wêreld Beroertedag "Elke minuut tel".
Die klem word gelê op die vinnige identifisering van beroerte tekens en simptome en die vinnige optrede om mediese hulp te ontvang.

Die algemene tekens sluit in:
• Gesig wat hang: een kant van die gesig hang of trek skeef wanneer die persoon praat of glimlag.
• Arm swakheid: die persoon kry die een arm nie opgelig nie.
• Spraak probleme: die persoon praat onduidelik of onsamehangend

Die persoon kan van die volgende simptome ervaar:
• Deurmekaar of gedisorienteerd
• Ongebalanseerd en probleme met koördinasie
• Skielike hoofpyn en naarheid

Tydige mediese hulp is krities omdat miljoene breinselle elke minuut sterf wanneer ‘n beroerte onbehandeld bly.

27/10/2025

90ste & 100ste Verjaarsdag Funksie - 22 Oktober 2025

25/10/2025

🌟 Run 4 Rett – Join Us This Saturday! 💜

Saturday 25 October at 8:30.. lace up your shoes, wear your purple, and come out to support a cause close to our hearts!

October is Rett Syndrome Awareness Month, and we’re hosting Run 4 Rett as a way to raise awareness, show support, and fund vital research for those living with Rett Syndrome.

🏃‍♀️ No entry fee
🎗 Donations of any amount are welcome and deeply appreciated
📍Lavender Kontrei Mark, Start sign on the lawn
💜 Wear purple to show your support!
🍱 Access to the market for the day!

Whether you run, walk, or cheer from the sidelines, your presence makes a difference. Let’s come together as a community, honor the warriors living with Rett, and help bring hope for a cure.

Contact Michelle on 082 805 1277. Bring your family and friends and join this cause!

24/10/2025

Akademia is ʼn private hoëronderwysinstelling in Centurion en het tans die volgende poste beskikbaar.

Ter ondersteuning van Borskanker bewustheidsmaand het Huis Herfsblaar vandag "Pienk Vrydag" gehad.Die kelnerinne en die ...
24/10/2025

Ter ondersteuning van Borskanker bewustheidsmaand het Huis Herfsblaar vandag "Pienk Vrydag" gehad.

Die kelnerinne en die dames in die kombuis het die eetsaal opgehelder in hul pienk uitrustings.

23/10/2025

Die 80 jariges het lekker saam met Chris Coetzer gesing tydens hul funksie.
Daar was heerlik gekuier.

Baie dankie aan Bernadette van Top Chef Catering vir die heerlik eetgoed en Mona van Monaliscious Cakes vir die mooi cupcakes.

Ons plaas binne kort fotos van die geleenthede.

22/10/2025

'n Hoogtepunt op ons Sosiale Kalender is beslis die spesiale verjaarsdagvieringe. Tydens die geleentheid herdenk ons spesiale mylpale. Die geleentheid word opgedra aan al ons inwoners wat gedurende die jaar 80 en 90 jaar oud word.

Ekstra spesiaal gedurende 2025 is Dr Justin Nel wat sy 100ste lewensjaar gevier het en mev Mara Terblanche wat dv 27 Oktober dieselfde mylpaal behaal.

Dankie aan

~ Avbob wat jaarliks hierdie funksies vir ons borg;
~ Sr Luus en haar span vir al die reëlings, en
~ Chris Coetzer vir die musiek en sang

(Video geneem by die funksie van die 90jaar herdenkers. Oom Justin en tannie Mara het dié geleentheid bygewoon)

Dit word aanbeveel dat alle vroue, insluitend dié met digte borste, vanaf die ouderdom 40 met sifting begin. Behalwe vir...
20/10/2025

Dit word aanbeveel dat alle vroue, insluitend dié met digte borste, vanaf die ouderdom 40 met sifting begin. Behalwe vir selfondersoeke moet hulle ook minstens elke 2 jaar gaan vir 'n mammogram en of 'n borssonar.

Vir vroue met 'n hoë risiko, bv sterk familiegeskiedenis, kan jaarlikse mammogramme en of borssonars vanaf ouderdom 30 aanbeveel word.

15/10/2025

14/10/2025

𝐕𝐀𝐊𝐀𝐍𝐓𝐄 𝐏𝐎𝐒𝐓𝐄:
𝟏. 𝐎𝐏𝐕𝐎𝐄𝐃𝐊𝐔𝐍𝐃𝐈𝐆𝐄 𝐒𝐈𝐄𝐋𝐊𝐔𝐍𝐃𝐈𝐆𝐄
𝟐. 𝐎𝐏𝐕𝐎𝐄𝐃𝐊𝐔𝐍𝐃𝐈𝐆𝐄 𝐒𝐈𝐄𝐋𝐊𝐔𝐍𝐃𝐈𝐆𝐄 𝐒𝐓𝐔𝐃𝐄𝐍𝐓

www.tygies.co.za

Address

Webb Road Queenswood
Pretoria
0186

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 08:00 - 15:00
Wednesday 08:00 - 15:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 14:00

Telephone

+27123334481

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huis Herfsblaar Aftree-Oord posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Huis Herfsblaar Aftree-Oord:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram