22/07/2022
Kethan Jacobs
Gebore 6 May 2022 (op 31 weke)
Geboorte gewig 1.88 kg
Kethan is gediagnoseer met ARPKD (autosomal polycystic recessive kidney disease)dit is n skaars gene siekte wat sy niere afekteer, sy niere het cysts op wat vol vog is.
Hy kan n normale lewe he, gaan later in sy lewe n nier oorplanting moet kry.
Op die oomblik is ons grootste probleem sy suurstof,agv van sy niere wat groot is is daar nie baie spasie vir sy longe nie.
Hy was 3 weke op n ventilator gewees om hom te help met suurstof ,hy kon daarvan af kom en is nogsteeds op suurstof.
Hy drink goed sy bottels maar desatureer nog baie omdat hy moeg word dan kry hy buis voeding.
Kethan is al amper 3 maande in NICU in Unitas hospitaal ,gesukkel met infeksie n paar keer en apnea waar hy heeltemal ophegou het asemhaal en word blou.
Hys so sterk seuntjie en n regte vegtertjie,hy leer ons elkedag om sterker geloof te he en te vertrou dat die Here hom op pas en in sy hande dra.