
28/06/2025
My Pa, Vandag 3 jaar terug het jy weggeraak. Mammie se boodskap het gelees Pa is weg. Hoe in die lewe is jy weg? Jy moes net hospitaal toe, toe is jy vir ewig weg. Onse Hemelse Vader het jou nodig gehad, maar ons loop elke dag na jou en soek. Wonder hoe jy ons net so met die gemors kon los. Weet eendag sal die rekenskap daar bo Groot wees. Dan sal ons gesels my Pa , tot dan doen ek wat jy my gevra het aan tafel ek pas Mammie op. Dis my laaste belofte aan jou gewees en ek sal dit doen . Trane is daar baie en die hartseer wat aan haar gedoen word het jy nie geweet nie. Jy het verkeerde persoon vertrou maar nou sien jy dit daar van bo. Lief jou tot ons weer saam kuier my Pa.