Dieet Dagboek

Dieet Dagboek Leer jouself ken deur jou eetgewoontes

*5 Januarie 2023*Vandag besef ek hoe belangrik dit is dat jou kop besig bly met goed wat produktief en positief is. Na e...
05/01/2023

*5 Januarie 2023*

Vandag besef ek hoe belangrik dit is dat jou kop besig bly met goed wat produktief en positief is. Na ek vanoggend opgestaan het, my peanutbutter toast broodtjie met n piesang en 4 of 5 aarbeie geëet het, het ek drukbesig geraak met my "side hustle". Dis mos nou wat die mense van vandag dit noem as jy 'n geleentheid het om geld te maak buite jou normale werksgeleentheid.

Dis amper 11 uur en ek drink gou n koppie koffie. Nou moet ek myself sielkundiglik voorberei vir my middagskof by die naskool. Om kinders besig te hou en met hulle te gesels kan mens baie vinnig dreineer, veral as jy eintlik n introvert is.

Slaai met tuna in, sonder enige s***e, vir middagete. Klink mos nou vreeslik smaaklik (D**k ek sarkasties). Ek het nou al geleer dat n Fishermans Sugar Free Mint nogal help om oor die ergste lus te kom. Let wel: Vandag het dit amper my lewe gekos toe ek hom perongeluk heel insluk.
Die water konkoksie wat ek vir myself maak help ook nogal met cravings en detox.
1.5 liter water met komkommer, lemmetjie sap en sterk getrekte groen tee.

Die middag het maar stadig verby gegaan en dit het beteken dat idees van lekker kos weer in my gedagtes rond gehardloop het. Ek het darem met die intrapslag koffie gekry by die huis. Dit help ook baie om cravings en eetlus te beheer. Die koffie het skaars in my pens gaan lê, toe is ek weer op en aan die gang met my "side hustle" voor die krag afgaan.

Stupid loadsh*tting

So het ek toe net tyd gehad om vinnig komkommer, soetrissie en rou blomkool saam met hummus te eet. Nie die lekkerste dis op aarde nie, maar my maag is tevrede. Dis eintlik gevaarlik om te lank wakker te bly in die aande. Dis seker nie net ek wat begin lus raak vir eet in die aande nie? Partykeer is dit net beter om na ete dadelik te gaan stort en jouself in die kamer toe te maak, weg van die kombuis af.

Hoekom is dit soveel moeite om gewig te kan verloor? As dit so maklik was soos gewig optel het ek seker al n supermodel se lyf gehad.

Onthou ...

"D**K DUN" 😆

*4 Januarie 2023*Ek was vanoggend alweer laat vir werk. 7 uur moet ek daar wees maar ek het net 20 min om reg te maak en...
04/01/2023

*4 Januarie 2023*

Ek was vanoggend alweer laat vir werk. 7 uur moet ek daar wees maar ek het net 20 min om reg te maak en my kos reg te kry om saam te vat. Dit was baie aanloklik om net iets anders te eet wat maklik en vinniger is as oats met peanutbutter. Ek skyf die gedagte dadelik uit my kop uit en raas met myself. So is ek toe blitsig werk toe met my ongemaakte koffie en rou oats.

Ek is baie bevoorreg om met kinders te kan werk. Dit is my passie om 'n onderwyseres te wees en ek is tans besig met my graad. Tot en met ek my graad kry, werk ek by n naskool waar ek die kinders en hulle streke baie geniet.

As n naskool onderwyseres is jy nie altyd vreeslik besig nie. Jy help met huiswerk waar jy kan en as jy op die speelgronde toesighou is dit maklik vir jou gedagtes om rond te dwaal. As jy weer sien, het jy jouself lus ged**k vir lekker goed om te eet. Jou tande water eintlik terwyl jou gedagtes n siek speletjie met jou speel. Kan 'n mens dan aan NIKS anders d**k nie?

Teen die tyd wat ek by die huis gekom het was dit 13:30 en my maag het ged**k my keel is afgesny. 'n Stukkie vis, broccoli, blomkool en bruinrys. Dit is nou wel nie altyd die vinnigste om te maak nie, maar ek d**k vandag het my oë die kos vinnig gaar gekyk. Dit was soos om 'n kind by 'n atletiek byeenkoms aan te moedig: "KOOK RYS, KOOK!"

Uiteindelik verlos van my honger, het ek die res van my middag aangepak. My kop was besig deur middel van al die takies wat ek die middag moes voltooi. My neef daag toe op vir koek en tee vir sy verjaarsdag laat die middag na almal van die werk af gekom het. Ek weet nie wie het met groter oë na mekaar gekyk nie... ek vir die koek of die koek vir my.

Nou ja... ek was swak en het n klein stukkie koffie koek geëet. Moet ek myself kruising daaroor óf moet ek nie te hard wees op myself nie? Ek het verder niks vir die aand geëet nie. Net n stukkie komkommer met n leksel hummus. Ja, daai vreemde goed wat altyd lyk of dit eerder in die asblik hoort as in jou mond.

Ek moet seker onthou dat ek nie myself straf deur gesond te eet nie. Ek is besig om my liggaam gesond te maak deur van die gif (suiker) ontslae te raak wat my lyf skade doen. Wil mens vir een oomblik lekker voel na n stukkie koek óf wil jy konstant lekker en goed voel oor jou lyf nie teen gif baklei nie?

Onthou ...

"D**K DUN" 😆

*3 Januarie 2023* Dis die vyftigste "eerste dag" van my dieetplan. Maar wat maak die pad wat ek met myself wil stap híér...
03/01/2023

*3 Januarie 2023*

Dis die vyftigste "eerste dag" van my dieetplan. Maar wat maak die pad wat ek met myself wil stap híérdie keer anders?

So bietjie agtergrond :
Ek sukkel nog altyd met my gewig. Van jongs af het ek altyd eetgoed gebruik om my emosies te hanteer en te verwerk. My ouers het nie die beste verhouding gehad nie en ek moes vinnig groot word na my ouers uit mekaar is. Kos was maar net die vinnigste en lekkerste manier om my emosies te kon onderdruk. (Ek weet darem ek is nie die enigste een wat hierdie hanteeringsmeganisme gebruik het nie.)

Depressie en 'n angsversteuring het GLAD NIE my saak gehelp nie. Dit het stelselmatig permanent deel van my lewe geword en pille kan ook net soveel doen (lag ek vir myself).

'n Cupcake kan mos nie skade doen nie ?

Sal ek nog beter voel as ek n tweede cupcake eet ?

'n Pak chips sal ook nou lekker wees want ek voel nou te soet ?

Ek is seker meeste van julle weet hoe hierdie rympie elke dag gaan.

Ek het op hoërskool omtrent 20kg verloor na ek besluit het ek het nou genoeg gehad daarvan om sleg te voel oor hoe ek lyk. Ek was op n baie goeie plek in my lewe deur middel van daardie proses. My depressie en angs het ook basies tot nuut gegaan. Ek het ook in n verhouding in gegaan en ek en my kêrel is vandag al meer as 6 jaar saam. Nou ja, ons almal weet mos wat gebeur as jy in 'n nuwe verhouding in gaan en daar word baie uitgeëet en bederf. Saam met dit het my lewensomstandighede my so depressief gemaak dat ek myself weer vergryp het aan kos en lekkergoed. So het ek toe op n punt gekom waar ek 102kg geweeg het. Die 20kg wat ek verloor het is toe weer terug op my lyf en ek is toe nog 10 kg swaarder daarby! Om alles te kroon, kon ek toe nou my gesondheidsprobleme lysie voltooi:
1. Depressie
2. Angsversteuring
3. Fibromialgie (Kroniese Pyn)
4. Hyperhidrosis (Oormatige en onbeheerbare sweet)
5. Hoë bloeddruk
6. WEEREENS OORGEWIG

Augustus 2022 het ek met 'n dieet plan begin waar ek toe 10 kg in 5 weke verloor. Die eetplan het nie lank gehou nie want verjaarsdae, 'n troue en Kersfees was op ons voorstoep en jy wil jouself mos geniet.

So hier is ek nou weer. Dis die begin van 'n nuwe jaar en ek voel nie goed oor myself nie, my gesondheid is nie wat dit moet wees nie en ek is weer vreeslik depressief. Ek MOET n verandering maak in my lewe, nie net vir myself nie maar ook vir my verhouding. Die depressie en gewig het 'n groot negatiewe invloed op my lewe as gevolg van hoe ongemaklik ek voel in my eie liggaam, van hoe teleurgesteld ek is in myself en van hoe my emosies nie op n gesonde manier verwerk word nie.

So hierdie blad is my manier om my emosies en gevoelens deur te werk. Dit is ook 'n manier vir my om te voel ek praat met iemand oor hoe ek voel, al is daar nie noodwendig iemand wat my posts lees nie. Die blad is ook 'n manier vir my om te sien hoe sterk ek kan wees in my soektog na 'n gesonder en beter 'ek'.

So hier is my motto vir die week:

"D**K DUN" 😆

Address

Pretoria

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dieet Dagboek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram