Moot Health Centre

Moot Health Centre Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Moot Health Centre, Mental Health Service, 648 Bruins Laan, Roseville, Pretoria.

05/02/2020
29/09/2019

Jaarliks herinner Oktober-veldtogte wêreldwyd vroue weer daaraan dat borsversorging nie by ’n gereelde besoek eindig nie. Verhoog jou kennis oor die borskanker en verklein so jou kanse op die siekte.

Baie vrouens se grootste vrees is om ’n knoppie in jou bors te voel wat nie voorheen daar was nie. Maar dit kan dalk jou lewe red indien jy dit vroeg genoeg opspoor. Dokters beveel dit aan om ten minste een keer ’n maand ’n eenvoudige selfondersoek te doen. Só leer jy jou borste ken en sal jy agterkom wanneer daar skielik ’n verandering in die vorm of grootte van jou borste is. Daar is baie ander tekens waarvoor jy op die uitkyk kan wees behalwe knoppies.

1. PYN IN JOU RUG
Het jy gedurig pyn in jou rug of skouers? Terwyl dit maklik met seer spiere verwar kan word, moet die gevaarligte fl***er as dit nie wil weggaan nie. Soms brei dit uit na ’n diep, kloppende pyn in jou bene. Dít gebeur wanneer borskanker na jou ruggraat of ribbes versprei. Gaan sien jou dokter as jou rugpyn weier om weg te gaan selfs nadat jy gereeld rus of strekoefeninge doen.

2. Tepel se grootte verander
Een van die mees algemene plekke waar ’n gewas ontwikkel, is onder die tepel. ’n Gewas kan jou tepel anders laat lyk en voel – die tepel kan na binne inkeer, krimp of platter voel. Maak dadelik ’n afspraak met jou dokter as jou tepel abnormale vloeistof – veral bloed – afskei.

3. Die grootte van jou bors verander
Die meeste normale vroue se een bors is effens groter as die ander een. As jy skielik ’n groot verandering in die simmetrie van jou borste sien, kan dit ’n teken van borskanker wees. So ook geswelde borste of borste wat minder ferm as gewoonlik voel.

4. Jy het seer of geswelde armholtes
’n Algemene plek waar kanker eerste opgemerk word, is in die limfkliere onder die arms. ’n Knoppie onder jou arm wat nie beweeg nie en hard voel as jy daaraan raak, kan ’n teken van borskanker wees. Omdat verkoues en griep ook geswelde limfkliere kan veroorsaak, moet jy eers wag tot jy beter voel om te sien of die pyn of swelling steeds daar is.

Address

648 Bruins Laan, Roseville
Pretoria
0084

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 08:00 - 13:00

Telephone

+27823088146

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Moot Health Centre posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram