Dr Jaco Naude - Kliniese Sielkundige/Clinical Psychologist

Dr Jaco Naude - Kliniese Sielkundige/Clinical Psychologist Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Dr Jaco Naude - Kliniese Sielkundige/Clinical Psychologist, Mental Health Service, 43 Elephant Road, Monument Park, Pretoria.

20/08/2025

Life in the Womb
by Dr. Jaco Naudé
In analytical psychology, as developed by Sigmund Freud and Carl Gustav Jung, a distinction is made between the existence of the conscious and the unconscious.
The concept of the conscious refers to a large number of areas in the brain that manage logical, rational functions, such as logical thinking, communication, studying, professional practice, participation in sports, enjoying nature and music, going to church, enjoying a theater or musical performance, and shopping. The conscious, therefore, represents the parts of the brain we use to learn and engage with the world logically and in an organized way, participating in it actively and rationally.
From a psychoanalytical perspective, however, it is assumed that the conscious remembers little of our personal lives. Factual information we’ve learned—like water being wet and pure water boiling at 100 °C at sea level—is retained for life. However, personal interactions with the world are remembered far less. Let’s assume, hypothetically, that it's about 10%. For example: How did you feel when your umbilical cord was cut, and you were temporarily separated from your mother? You don’t know. The unconscious, however, knows exactly what happened at that moment.
The unconscious can be seen as the deepest parts of the human brain. Cozolino, the neurologist referenced in the first article, describes the unconscious as “the hidden layers of the brain.”
The term unconscious refers to processes in the brain that occur autonomously. This means the conscious parts have no influence on the functioning of unconscious processes but only experience their results. For instance, if you experience shock (consciously), the unconscious will immediately activate the adrenal glands through the autonomic nervous system to produce adrenaline for a fight-or-flight situation. The conscious cannot do this but experiences the results—such as an increased heart rate, accelerated breathing, and blood flowing from small muscles to larger muscles to provoke the desired reaction.
Broadly speaking, it can be assumed that the conscious operates through the central nervous system, while the unconscious operates through the autonomic nervous system.
Beyond controlling the autonomous biological functions of humans (such as heart rate, blood pressure, metabolism, pain management, blood clotting, and the immune system), the unconscious is also the great memory that remembers nearly all our interactions with the world and, most certainly, most of our forgotten traumas. Of course, memory can be incomplete or even incorrect. However, the quality of the memory is not as important to the therapist. The focus is on the content as it has been absorbed into the unconscious because it is this content that develops psychopathology.
This memory becomes active as early as the first month. Remember that, in the first article, we mentioned that the brain cells develop exponentially, very quickly, after conception and that as early as the first month after conception, 240,000 synaptic connections occur per hour. The brain houses genetic material supplied by the o**m and s***m, programming our complete development as humans. Additionally, the brain begins to absorb two other types of content: what happens to the baby before and during birth, as well as strong emotions transferred from the mother to the baby’s brain through the hormone endorphin.
Experiences the baby undergoes
Some babies get stuck in the birth canal and struggle to be born. Sometimes induction or forceps are used to ensure a safe delivery. In these cases, some babies experience anxiety, pain in the head, neck, and shoulders, or even a fear of death. In the case of a breech birth, the symptoms can be even worse. These practical biological circumstances can lead to psychopathological phenomena in some babies.
One of these is claustrophobia, which in most cases originates here. The narrow space of the birth canal, accompanied by anxiety, is transferred after birth to other narrow spaces such as elevators, tunnels, caves, and the interior of an airplane. This is how claustrophobia develops.
Treatment
I had a woman from another country in therapy for the treatment of pathological claustrophobia. The person had recently married, and in addition to her extreme fear of narrow spaces, she also experienced fear when her husband’s face came close to kiss her. In therapy, it was discovered that both she and her mother could have died during her birth. Each of them had a near-death experience. The fear of death (much worse than anxiety) that she experienced in the narrow birth canal was transferred to other confined spaces. Whenever she entered a narrow space, the fear of death overwhelmed her, and she was forced to leave—even when her husband tried to kiss her.
When she came to Pretoria for therapy, she had to take a sedative to get on the plane and sleeping pills to make the flight bearable. The therapy was successful after five sessions, and she returned to her country without medication.
Another example involved a person who, during therapy, revealed that they had experienced an electric shock at eight months of pregnancy. The person’s body visibly je**ed. The cause was that the mother, during the eighth month of pregnancy, had touched a live electric cord, which threw her (the mother) to the ground. That shock was transferred to the baby’s brain—something that, fortunately, was resolved therapeutically 26 years later.
A final example is the treatment of asthma. A student had such a severe asthma attack during their mock matric exams that they had to be taken to the hospital for treatment. The asthma symptoms had been present for a long time, but the stress of the exams worsened it. In therapy, it emerged that the person had suffocated during birth, which caused the asthma. After therapy, the asthma disappeared, and the student successfully completed their final exams without asthma

20/08/2025

Die Lewe In Die Baarmoeder
deur Dr Jaco Naude

In die analitiese sielkunde wat deur Sigmund Freud en Carl Gustav Jung ontwikkel is, word daar onderskeid gemaak tussen die bestaan van die bewuste en die onbewuste.


Die begrip bewuste verwys na 'n groot aantal areas in die brein wat logiese, rasionele funksies behartig, soos logiese denke, kommunikasie, studie, beroepsbeoefening, sportdeelname, om die natuur en musiek te geniet. om kerk toe te gaan, 'n toneel­ of musiekuitvoering te geniet en inkopies te doen. Die bewuste is dus die dele in die brein wat ons gebruik om die wereld logies en georden te leer ken en om aktief op 'n rasionele wyse daaraan deel te neem.
Vanuit die psigo-analitiese perspektief word egter aanvaar dat die bewuste min van ons persoonlike lewe onthou. Feitelike gegewens wat ons geleer het - soos water is nat en suiwer water kook by seespieel teen 100 °C - word seker lewenslank onthou. Die persoonlike interaksie met die wereld word baie minder onthou. Kom ons aanvaar dit is hipoteties ongeveer 10%. Byvoorbeeld: Hoe het jy gevoel toe jou naelstring geknip is en jy tydelik van jou ma verwyder is? Jy weet nie. Die onbewuste weet op die oomblik presies wat gebeur het.

Die onbewuste kan as die diepste dele van die mens se brein beskou word. Cozolino, die neuroloog waarna in die eerste artikel verwys is, beskryf die onbewuste as the hidden layers of the brain.
Die woord onbewuste verwys na prosesse in die brein wat outonoom verloop. Dit beteken die bewuste dele het geen invloed op die verloop van die onbewustelike prosesse nie, maar ervaar net die resultate daarvan. As jy byvoorbeeld skok (bewustelik) ervaar, sal die onbewuste dadelik deur middel van die outonome senuweestelsel die byniere aktiveer om adrenalien te vervaardig vir die veg-of-vlug-situasie. Die bewuste kan dit nie doen nie, maar beleef die resultaat daarvan. Naamlik dat die hartklop verhoog. asemhaling versnel. bloed van klein spiere na groot spiere vloei om die verlangde reaksie te ontlok.
Breedweg kan aanvaar word dat die bewuste deur middel van die sentrale senustelsel opereer, en die onbewuste deur middel van die outonome senustelsel.
Behalwe dat die onbewuste die outonome biologiese funksies van die mens beheer (byvoorbeeld hartklop, bloeddruk. metabolisme, pynbeheer, bloedingstolling en die immuunsisteem), is hy ook die groot geheue wat byna al ons interaksies met die wêreld onthou en baie beslis die meeste van ons vergete traumas. Die geheue kan natuurlik onvolledig of selfs verkeerd wees. Die kwaliteit van die geheue is egter nie vir die terapeut so belangrik nie. Daar word gewerk met die inhoud soos dit in die onbewuste opgeneem is, want dit is daardie inhoud wat die psigopatologie ontwikkel.

Hierdie geheue begin reeds in die eerste maand aktief raak. Onthou dat ons in die eerste artikel genoem het dat die brein se selle na konsepsie eksponensieël, baie vinnig, ontwikkel en dat in die eerste maand na konsepsie reeds 240 000 sinaptiese verbindings per uur plaasvind. Die brein huisves genetiese materiaal wat deur die o**m en die s***m voorsien is en ons totale ontwikkeling as mens programmeer. Daarby begin die brein twee ander inhoude absorbeer, naamlik wat met die baba voor en tydens geboorte gebeur, asook sterk emosies wat van die moeder deur die hormoon endorfien op die baba se brein oorgedra word.

lnhoude wat die baba self beleef

Sommige babas sit vas in die geboortekanaal en sukkel om gebore te word. Soms word induksie of die verlossingstang gebruik om die geboorte veilig te laat plaasvind. Sommige babas beleef hier angs, pyn in die kop, nek en skouers, selfs 'n vrees dat hulle kan sterf. By 'n stuitgeboorte kan die simptome nog erger wees. Hierdie praktiese biologiese omstandighede lei by sommige babas tot psigopatologiese verskynsels.

Een daarvan is engtevrees, dus bang wees vir nou ruimtes, in die meeste gevalle hier ontstaan. Die nou ruimte van die geboortekanaal wat gepaard gaan met angs word na geboorte na ander nou ruimtes soos hysbakke, tonnels, grotte en die binnekant van 'n vliegtuig oorgeplaas. So het die engtevrees ontwikkel.

Behandeling

Jare gelede het ek 'n dame uit 'n ander land in terapie gehad vir die behandeling van 'n patologiese engtevrees. Die persoon was pas getroud en naas die verskriklike vrees vir nou-plekke, het sy ook vrees ervaar wanneer haar man se gesig naby haar kom om haar te soen. In die terapie is ontdek dat sy en haar ma tydens geboorte albei kon sterf. Hulle het elkeen 'n amper-dood-ervaring gehad. Die doodsvrees (baie erger as angs) wat sy in die nou-geboortekanaal ervaar het, is na ander nou ruimtes oorgedra. Wanneer sy 'n nou ruimte betree het, het die doodsangs haar oorval en moes sy noodgedwonge daaruit beweeg - selfs as haar man haar sou soen.
Toe sy Pretoria toe kom vir die terapie, moes sy 'n kalmeermiddel neem om in die vliegtuig te klim en slaappille drink om die vlug vir haar moontlik te maak. Die terapie was na vyf sessies suksesvol en sy is sonder medikasie terug na haar land toe.

Nog 'n voorbeeld is waar tydens terapie blyk dat 'n persoon op agt maande swangerskap 'n elektriese skok ervaar het. Die persoon se liggaam het sigbaar geruk. Die oorsaak was dat die ma tydens die agtste maand
van swangerskap aan 'n lewendige elektriese koord geraak het wat haar (die ma) op die grond gegooi het. Daardie skok is op die baba se brein oorgedra - iets wat gelukkig 26 jaar later terapeuties opgelos kon word.

'n Laaste voorbeeld is die behandeling van asma. 'n Leerder het tydens die rekordeksamen in matriek so 'n hewige asma-aanval gehad dat die persoon hospitaal toe geneem moes word om behandeling te kry. Die asma simptome het reeds lankal voorgekom, maar die spanning van die eksamen het dit vererger. In die terapie het geblyk dat die persoon tydens geboorte versmoor het en dat dit die asma veroorsaak het. Na die terapie was die asma weg en het die leerder die eindeksamen sonder asma suksesvol afgelê.

24/07/2025

Die Dieper Ondergrond Van Die Menslike Bestaan
deur Dr Jaco Naude

Kliniese sielkunde fokus op die gedagteprosesse, emosionele prosesse, gedragspatrone en sensasies wat in die brein plaasvind.

Gedagteprosesse verwys na die gedagtes wat ons d**k, en veral die persepsies of interpretasies van wat met ons gebeur. Baie sielkundige probleme ontstaan juis hier, waar foutiewe persepsies 'n reeks prosesse in die brein ontlok wat tot verskillende simptome lei.

Die gedagteprosesse of persepsies skep emosionele prosesse wat deur areas in die brein ge-interpreteer word. Die emosionele prosesse aktiveer weer gedragspatrone waarmee ons reageer op dit wat ons waarneem en beleef.

Hierdie funksies vind in die brein plaas en beinvloed ook ons liggaamlike funksies. As die omgewing as rustig en veilig ge-interpreteer word, het hierdie omstandighede 'n kalmerende invloed op die liggaam. Bloeddruk, hartklop en asemhaling normaliseer en 'n realistiese interaksie met die omgewing word ontwikkel.

Daarteenoor, as die omgewing as gevaarlik ge-interpreteer word, wek dit onder andere angs met gedragsprobleme wat 'n vlug-of-veg-reaksie tot gevolg het. Die pupille vergroot, hartklop en asemhaling versnel, en bloeddruk styg om meer krag aan die spiere te gee vir veg of vlug om te oorleef.

Al die liggaamlike reaksies word vinnig ontketen deur die gedagte- en emosionele prosesse wat 'n verhoging van adrenalien veroorsaak. Die adrenalien voltooi uiteindelik die biologiese reaksie op die psigiese prosesse en beinvloed die gedragspatroon.

Sensasies wat deel is van die psigiese proses van die brein, verwys na die oorsprong van 'n interessante groep psigiese probleme (of psigopatologie) wat as somatoforme versteurings bekendstaan. Daar is 'n hele reeks van hulle. Een daarvan boots byvoorbeeld 'n hartaanval na (al is die persoon se hart heeltemal gesond), ander manifesteer as pyne in die liggaam waarvoor daar geen mediese oorsaak is nie. Ons sal in 'n afsonderlike artikel daaraan aandag gee.

Omdat dit gaan oor prosesse wat in die brein plaasvind, is dit waardevol om kursories van die neurologiese aspekte van die brein kennis te neem.

Neurologie van die brein

Die brein is seker die ingewikkeldste orgaan in die mens se liggaam. Neuroloë en psigiaters het diepte kennis van hierdie funksies wat op vele wyses plaasvind en wat deur middel van 'n legio elektrochemiese prosesse gebeur.

Die neurosielkundige Louis Cozolino se boek The Neuroscience Of Psychotherapy. Building And Rebuilding The Humanbrain verduidelik wat tydens psigoterapie in die brein plaasvind. Die subtitel dui reeds op Cozolino se positiewe waardering van psigoterapie. Ek gaan 'n paar insigte uit die boek weergee oor die aktiwiteite in die brein wat invloed uitoefen op ons psigiese en liggaamlike ervarings. Ek doen dit met groot waardering teenoor Cozolino - sy werk het diepte aan my psigoterapie verleen.

Amygdala

Samestelling van die brein

Net na konsepsie, nadat die s***m die o**m binnegedring het, vind seldeling vinnig en eksponensieel plaas. Dit beteken twee selle word vier selle, vier word agt, 16, 32, 64, ensovoorts. Die eerste oorgaan wat gevorm word, is die brein. In hierdie vorming word genetiese materiaal oorgedra, nie net van die moeder en vader nie, maar ook van voorgeslagte.

Die boustene van die neurologiese sisteem is mikronklein neurone. 'n Neuron se funksie is om boodskappe te dra. Tussen die neurone is daar 'n opening wat die sinaps genoem word. Die sinaps is gevul met chemiese stowwe (byvoorbeeld serotonien) wat neuro-oordragstowwe genoem word. Hulle help om die elektriese lading, wat die boodskap dra, te versterk. Boodskappe in die brein word dus elektrochemies oorgedra van een neuron na die ander.
Na beraming is daar in die volwasse brein 12,000,000,000 neurone wat elkeen tussen 10 en 100,000 verbindings skep. Die totale aantal verbindings in 'n volwasse brein is dus byna onberekenbaar. Volgens Cozolino word in die eerste maand na konsepsie ongeveer 240,000 sinaptiese verbindings per uur in die baba se brein gevorm. Dan is die brain reeds gereed om naas die genetiese materiaal wat dit bevat, ook indrukke wat met die baba gebeur, te absorbeer. Laasgenoemde sal in 'n volgende uitgawe bespreek word.

Belangrike areas

Die brein neem die wereld en wat met ons gebeur deur ons sintuie waar. Die brein gebruik ons oë om te sien, ore om te hoor, ons neus om te ruik, ons mond en tong om te proe en ons vel om te voel. Ons sintuie is dus organe van die brein om ons lewe te onderhou.

In die brein is daar areas wat as die amigdala bekendstaan. Die brein se waameming deur middel van die sintuie word na die amigdala gestuur. Die emosies kan nog in die stadium intens en rou wees, en die gedagtes ongekontroleer.

'n Tweede groep areas, die hippokampus, modelleer hierdie emosies en gedagtes. Dit beteken die materiaal word sagter en realisties met betrekking tot die waargenome gebeurtenisse. Die gemodelleerde inligting word na verskeie areas in die brein gestuur vir 'n korrekte, rasionele respons op wat waargeneem is. Hierdie proses om waargenome stimulite modelleer om die regte response te gee, word die plastisiteit van die brein genoem.

Die funksies van die hippokampus kan deur erge trauma verswak word. Dit beteken dat foutiewe persepsies en rou emosies ongetem na areas in die brein gestuur word. Dit lei tot psigiese en sekere liggaamlike simptome wat in tegniese taal psigopatologie genoem word. Dit word met psigiatriese en kliniese terapie behandel.
Van die belangrike en interessante verskynsels sal in volgende uitgawes bespreek word, onder andere die materiaal wat voor en tydens geboorte 'n groot invloed op ons lewe kan uitoefen.

24/07/2025
24/07/2025

Medical Hypnoanalysis is a brief form of psychotherapy and is conducted in three phases:

Firstly, the therapist searches to locate the first time where emotions and perceptions, which are causing the mental discomfort, occurred and implanted into the brain.

Secondly, the incident which activated the emotions and perceptions causing symptoms to appear, is determined .

Thirdly, a series of events which were strengthening the emotions and perceptions, with a result that aggravated the symptoms, are searched for and treated therapeutically.

Ego State Therapy is likewise a brief form of psychotherapy. In applying this strategy the therapist determines which fixated parts of the psyche are causing the distress and treat them therapeutically.

In the Integrative Hypnotherapy the bad habits like smoking and excessive drinking are treated. Strategies to control physical pain as well as the stop of bleeding are also been done.

** Hypnosis is a deep relaxed waking state which enables to gain access to repressed, forgotten perceptions and emotions which are the cause of our psychological symptoms and some physical discomfort. The person in hypnosis remains wide awake and in full control. **

Please take note that the explanation of the above mentioned therapies is cursory.

The underlying theories and practical applications run deeply and are properly scientifically developed.

gallery/images-img_05gallery/images-img_07gallery/images-img_08

24/07/2025

Dr Jaco Naude has been practising as a clinical psychologist since 1989 at his private practice

in Monument Park, Pretoria. He is a psychotherapist utilising Medical Hypnoanalysis, Ego State Therapy, and

Integrative Hypnotherapy to treat mental disorders.

The following are examples of Disorders and Diseases that are treated:

Depression, including Post-Natal Depression
Anxiety Disorder and Phobias
Post-traumatic Stress
Psychosomatic Diseases (Migraine, Eczema, Asthma, Tension Headaches)
Somatoform Disorders (Ongoing Somatoform Pain Disorder, Somatoform Autonomous Dysfunction)
Sexual Problems (Anorgasm, Vaginism, Male Erectile Dysfunction)
PMS en Dysmenorrhoea
Pain Therapy (Anesthetize applicable areas for operations and childbirth)
Study Problems

24/02/2025

"Kundige Psigoterapie vir Geesteswelstand – Begin jou Reis Vandag"

Hoop die inligting vind jou in goeie gesondheid. My naam is Dr. Jaco Naude, en ek is sedert 1989 'n kliniese sielkundige in private praktyk. Met meer as drie dekades van ondervinding, is ek toegewyd aan die hulp aan individue om geestesgesondheidsuitdagings te oorkom en 'n meer gebalanseerde en vervullende lewe te lei.
In my private praktyk is ek gespesialiseer in psigoterapie, en gebruik 'n kombinasie van Mediese Hipnoanalise, Ego State Terapie, en Integratiewe Hipnoterapie. Hierdie terapeutiese benaderings stel my in staat om 'n wye verskeidenheid geestesgesondheidsprobleme op 'n holistiese en effektiewe manier aan te spreek.
Sommige van die toestande wat ek behandel, sluit in:
• Depressie, insluitend Post-Natale Depressie
• Angsversteurings en Fobias
• Post-Traumatiese Stress
• Psigosomatiese Toestande (soos Migraine, Ekseem, Asma, en Spanning Hoofpyn)
• Somatoforme Versteurings (insluitend Chroniese Somatoforme Pynversteuring en Somatoforme Autonome Dysfunksie)
• PMS en Dysmenorrhea
• Pynbestuur (insluitend die verdoving van toeplike areas vir operasies en geboorte)
• Studieverwante Probleme
Ek is baie trots daarop om my benadering aan te pas om die unieke behoeftes van elke individu te ontmoet. Deur 'n veilige, medelydende omgewing te skep en gevorderde terapeutiese metodes te gebruik, is my doel om betekenisvolle en blywende verandering te fasiliteer.
As jy of iemand wat jy ken, sukkel met enige van die bogenoemde toestande, sal ek dit graag aanmoedig om my ondersteuning en kundigheid aan te bied. Voel vry om my te kontak by drjaconaude@gmail.com of [076 128 8728] om 'n afspraak te maak of te bespreek hoe ek jou kan help.

24/02/2025

Dr. Jaco Naude has been practicing as a clinical psychologist since 1989 in his private practice. He specializes in psychotherapy, using Medical Hypnoanalysis, Ego State Therapy, and Integrative Hypnotherapy to treat various mental health conditions.
Some of the disorders and conditions he treats include:
• Depression, including Post-Natal Depression
• Anxiety Disorders and Phobias
• Post-Traumatic Stress
• Psychosomatic Conditions (such as Migraine, Eczema, Asthma, Tension Headaches)
• Somatoform Disorders (including Chronic Somatoform Pain Disorder and Somatoform Autonomous Dysfunction)
• PMS and Dysmenorrhea
• Pain Management (including anesthetizing relevant areas for surgeries and childbirth)
• Study-related Issues

Ons is bly om aan te kondig dat Dr. Jaco Naudé se praktyk gedurende Desember 2024 oop sal wees.Vir enige afsprake, navra...
20/11/2024

Ons is bly om aan te kondig dat Dr. Jaco Naudé se praktyk gedurende Desember 2024 oop sal wees.

Vir enige afsprake, navrae, of hulp, kontak ons asseblief tydens ons gewone werksure.
Selfoon 076 128 8728

Dankie vir u ondersteuning, en ons sien uit daarna om u van diens te wees hierdie feestyd.

20/11/2024

We are pleased to inform you that Jaco Naude's practice will remain open throughout December 2024.

For any appointments, inquiries, or assistance during this time, please don't hesitate to contact us. Mobile 076 128 8728

Thank you for your continued support, and we look forward to serving you this holiday season.

Sincerely

Address

43 Elephant Road, Monument Park
Pretoria
0182

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 16:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dr Jaco Naude - Kliniese Sielkundige/Clinical Psychologist posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Dr Jaco Naude - Kliniese Sielkundige/Clinical Psychologist:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram