22/04/2026
Omdat April Internasionale Kankerbeheermaand is, kom ons praat oor Velkanker en hoe jy selfondersoek kan instel.
Jy het nie X-strale of bloedtoetse nodig om velkanker vroeg te vind nie - net jou oë en 'n spieël.
Gebruik die spieël om jou liggaam van kop tot tone en van agter na voor te kontroleer. Moenie vergeet om jou kopvel en tussen jou vingers te kyk nie.
Sommige van die meer algemene maniere waarop velkanker kan voorkom, is 'n nuwe of veranderende groei-, vlek, moesie of knop op die vel.
Om velkanker vroegtydig te vind is die beste manier om te verseker dat dit behandeling suksesvol kan wees.
As jy wel enige vel onreëlmatighede vind, kom sien ons asseblief so gou as moontlik.