10/10/2025
Vandag is Wêreld Geestesgesondheidsdag. ‘n Dag waar ons kan fokus op geestesgesondheid. Stel vandag selfondersoek in en kyk na jou geestesgesondheid. Kom ons praat met mekaar oor ons geestesgesondheid en hoe ons dit kan verbeter.
Hier is ‘n paar wenke vir goeie alledaagse geestesgesondheid:
1. Bou ʼn ondersteuningsnetwerk waarmee jy kan praat.
2. Neem tyd om jouself te koester.
3. Maak ʼn lys van dinge waarvoor jy dankbaar is
4. Geniet die lewe en voeg ‘n bietjie pret by elke dag.
5. Skakel af en ontspan.
6. Kyk na jou fisiese gesondheid.
As jou dokter wil ons nie net jou liggaam gesond maak nie, ons wil na jou geestesgesondheid ook kyk. Skakel ons vir ‘n afspraak indien jy iemand nodig het om te luister.