Moot Kinderkinetika

Moot Kinderkinetika Kinderkinetika is 'n wetenskaplike grootmotoriese program vir kinders. Ons werk voorkomend, stimule Wat is Kinderkinetika? Dit word geleentheidsvensters genoem.

Kinderkinetika is ‘n spesialiseringsrigting wat fokus op die groot motoriese ontwikkeling van kinders vanaf geboorte tot 13 jaar . Die term Kinetika (Kineses), wat beweging beteken, verwys na die verbetering, ontwikkeling, stimulering en regstelling van kinderbeweging in die ouderdomskategorie 0-13 jaar. Dus werk ʼn Kinderkinetikus ontwikkelend en stimulerend asook remediërend met kinders. Kinderkinetika fokus op bewegingsaktiwiteite tydens kritieke periodes van neurale ontwikkeling in die kind se lewe. Elke kind is vatbaar vir sekere stimulasie en inligting tydens 'n sekere tyd van sy/haar lewe (0-7 jaar). Dit is baie belangrik dat die noodsaaklike ontwikkeling en stimulasie plaasvind wanneer die spesifieke “venster” daarvoor oop is aangesien hierdie geleentheidsvensters wel op 'n sekere ouderdom toemaak en dan is dit vir die kind baie moeilik om 'n vaardigheid aan te leer. Tydens hierdie tydperk is die kleuter die ontvanklikste is vir die aanleer en vestiging van nuwe vaardighede. Dit beteken nie dat ‘n persoon nie nuwe vaardighede na hierdie tydperk kan aanleer nie, maar dat die samestelling van die brein en neurologiese ontwikkeling meer intensief in hierdie tydperk ontwikkel en sodoende word vaardighede makliker aangeleer. 'n Kinderkinetikus bied ouderdomspesifieke ontwikkelingsprogramme aan wat gegrond is op wetenskaplike evaluasies. Dus word elke kind individueel wetenskaplik geëvalueer en die lessies word dan volgens die kind se vaardigheidsvlak en ouderdom aangebied. Die lesse word nie vooraf uitgewerkt en dan net aangebied nie. Die lesse word spesifiek vir die kinders in die groepie of vir die individuele kind geskryf en aangepas om die kind se behoeftes te akkommodeer. Navorsing oor motoriese ontwikkeling
Navorsing bewys dat die kind wel met neurone gebore word, maar dat die stimulasie en ontdekking deur te doen en te beweeg die neuron-verbindings van die brein optimaal stimuleer. Deur dus te beweeg, word neurologiese bane / netwerke ontwikkel en sodoende ontwikkel die kind ʼn beter persepsie van die wêreld om hom. Neurologiese stimulasie kan ontwikkel word deur beweging en deur te beweeg word alle sintuie, sowel as verborge sintuie ontwikkel om die brein ʼn beter persepsie en verstaanbaarheid van die omgewing te gee. Sodoende word veral perseptuele vaardighede gevestig en sluit direk aan by skoolgereedheid. Daar bestaan ‘n groot verband tussen grootmotoriese ontwikkeling en perseptuele vaardighede en daarom is een van die hoof fokusse van Kinderkinetika om 'n kind skoolgereed te kry spesifiek op 'n motoriese vlak. Babas en kleuters
Dit is ook belangrik dat babas hulle mylpale bereik om te sorg dat die ontwikkeling vir die res van hulle kinderjare reg geskied. Almal het al gehoor dat 'n kind moet kruip of nie te veel in 'n loopring of karstoeltjie moet wees nie. Hierdie is nie net bangmaakstories nie. Daar steek verseker waarheid in hierdie aannames aangesien dit so maklik is om 'n kind se bewegings te beperk. Indien 'n kind se bewegings beperk word asook die ontdekking van hoe sy/haar lyfie op 'n motoriese vlak werk, kan dit 'n nadelige uitwerking op die kind se ontwikkeling hê. Daarmee word daar nie gesê dat 'n kind die bogenoemde glad nie moet doen nie, die belangrikheid van beweging word net daarmee beklemtoon. Ouer kinders
Kinderkinetika dra nie net by tot die totale ontwikkeling van 0 – 7 jaar nie, maar dra by tot die welstand van leerders 8 – 13 deur aktiewe bewegingsprogramme. As gevolg van ons huidige lewenstyl bewys navorsing ook dat leerders in hierdie tydperk veel meer tegnologies ingestel is as ooit tevore. Dus is hulle nie so fisiek aktief soos wat hulle behoort te wees nie. Dit kan verskeie gesondheidsprobleme veroorsaak. Deur fisieke programme (gimnasium programme, swemprogramme, dansprogramme, gimnastiek, ens) daar te stel, word leerders se onaktiwiteit beperk en sodoende verminder dit siektes en obesiteit. Alhoewel Kinderkinetika hoofsaaklik fokus op motoriese ontwikkeling, dien beweging as vertrekpunt om op die einde die totaliteitsontwikkeling van die kind te verseker. Dus word kognitiewe, emosionele, sosiale en fisieke fiksheidsvaardighede ook aangespreek in elke les. Vanuit ʼn gesondheidsperspektief word gelukkige, gesonde en goed ontwikkelde kinders as die einddoel nagestreef. Oor watter opleiding beskik 'n Kinderkinetikus? Vir ʼn Kinderkinetikus om te kan praktiseer, moet hy/sy ʼn drie-jaar graad in Menslike Bewegingskunde hê, asook 'n honneursgraad in Kinderkinetika. 'n Kinderkinetikus moet ook geregistreer wees by die Suid-Afrikaanse Professionele Instituut vir Kinderkinetika (SAPIK). Die keuring vir die honneursjaar is baie streng en daar word net twaalf studente per jaar gekeur. Kinderkinetika word by die Noordwes Universiteit (Potchefstroomkampus) en die Universiteit van die Vrystaat aangebied. Kinderkinetka-intern kursusse word by Tygerberg, Centurion Akademie en die Universiteit van Zululand aangebied. Tydens die studiejare word daar van 'n Kinderkinetika-student vereis om verskeie sportafrigtingskursusse te doen asook baie praktiese ervaring met kinders. Watter tipe programme kan 'n Kinderkinetikus aanbied? Babastimulasie en –massering - vir babas 0-2 jaar
Kleuterbewegingsontwikkeling – 3-6 jaar
Perseptueel-motoriese program – 6-8 jaar
Kleutergimnastiek – 4-6 jaar
Sportvaardigheids-/welstandsprogram - 8-13 jaar
Obesiteitsprogram - 4-13 jaar
Remediërende / aangepaste / individuele program - 0 -13 jaar
Program vir gestremdes – 0-13 jaar
Swemprogram - 18 maande -6 jaar

Optimale ontwikkeling van kinders
Die optimale ontwikkeling van kinders kan ernstig verhinder word indien daar nie voldoende hulp (in terme van genoegsame stimulasie) tydens die vroeë jare van ontwikkeling verleen word nie
Van die redes sluit ouers in wat baie lang ure werk en nie genoeg tyd het om met hul kinders te spandeer nie. Die omgewing waar kinders woon, byvoorbeeld woonstelle, bied te min speelplek vir kinders om te leer fietsry of tou te spring of om sommer net rond te hardloop. Besige strate en verblyf in die middestad, beperk ook die aanleer van speel en ontdek buite in die omgewing. Tegnologie beperk beweging deurdat die kind nie aktief beweeg nie, maar passief betrokke is met selfone, tv-speletjies, internet, ens. Ander sosio-ekonomiese aspekte sluit armoede in waar ouers nie die finansies het om kinders in dagsorgsentrums te plaas nie. Bydraende faktore omsluit dagsorgsentrums wat nie voldoende personeel het met die regte kwalifikasies om kinders optimaal te stimuleer nie. As gevolg van hedendaagse kinders se onaktiewe lewenstyl blyk daar baie motoriese probleme te wees wat swak skoolprestasie kan veroorsaak
‘n Kinderkinetikus spreek al die nodige aspekte vir optimale ontwikkeling aan om sodoende te verseker dat elke kind sy volle potensiaal bereik

Vir wie is Kinderkinetika? Kinderkinetika is vir alle kinders. Omdat 'n Kinderkinetikus stimulerend en remediërend met kinders werk is dit regtig vir alle kinders. As jy net jou kind wil stimuleer om sy/haar optimale potensiaal te bereik of as jou kind 'n leer/lees/aandag/motoriese probleem het of selfs 'n gestremdheid of geremdheid het, is Kinderkinetika ideaal vir jou kind. Op 'n baie lekker en spelender wyse sorg ons dat kinders hulle optimale potensiaal bereik. Waarom Kinderkinetika vir jou kind? Kinderkinetika verbeter veral die grootspier ontwikkeling van kinders. Dit is belangrik dat die grootspiervaardighede van 'n kind eers ontwikkel voordat die fyner spiervaardighede optimaal bemeester kan word. Die ontwikkeling van 'n kind se motoriese vaardighede kan ook skoolprestasie verbeer en leer- en leesprobleme voorkom/verbeter. As kinders motoriese gestimuleer word kan hulle ook beter aandag gee in 'n klas situasie en makliker konsentreer aangesien 'n afname in konsentrasie 'n gevolg van onvoldoende motoriese vaardigheidsuitvoering kan wees. Kinderkinetika ontwikkel die kind in totaliteit. Waar kry ek 'n Kinderkinetikus? Daar is 'n hele aantal Kinderkinetici landswyd (en selfs oorsee ook). Onthou dat alle Kinderkinetici nie noodwendig al die programme aanbied nie. Vra dus 'n Kinderkinetikus in jou omgewing uit oor die programme wat hy/sy aanbied. U kan vir KarynaKinetika kontak, info.karynakinetika@gmail.com skakel vir meer inligting.

31/10/2025

1. Ruimtelike bewustheid
• Jy leer om binne ’n beperkte ruimte te beweeg en die bal daarbinne te hou.
2. Beheer en akkuraatheid
• Jy moet die krag en rigting van die hop aanpas sodat die bal binne die blokkie bly.
3. Selfdissipline en regulering
• Dit vra beheer oor jou beweging en geduld om nie te hard of te vinnig te speel nie.

EN motoriese beplanning!

Kontak ons gerus om jou kind te help!

22/10/2025

Kinderkinetika! Waar beweging leer plesierig maak!

By kinderkinetika leer maats deur pret en ontwikkel hulle belangrike spiere en vaardighede ,sonder dat hulle dit eers besef!

Kontak ons gerus

13/10/2025

Wil jy weet hoe ons kinders laat floreer? Kom kyk agter die skerms!
Agter elke glimlag en elke nuwe vaardigheid lê ’n plan, tegniek en passie. ✨ Ons werk stap-vir-stap met kinders om hul balans, koördinasie en fokus te ontwikkel , alles deur speelse en kreatiewe bewegings.

Ons gebruik:
Speeltoestelle en materiale wat motoriese vaardighede stimuleer .
Wetenskaplik-ondersteunde oefenprogram.
Persoonlike aandag vir elke kind
Elke sessie is meer as net speeltyd – dit is ’n geleentheid vir kinders om selfvertroue, sosiale vaardighede en intellektuele groei te bou.

Kontak ons gerus sodat ons JOU kind kan help :

064 680 0809
info.kkinetika@gmail.com

Voel jy so as ouer?Jou kind is dalk onhandig of sukkel met sekere bewegingsKonsentrasie en fokus by leer is soms ‘n uitd...
22/09/2025

Voel jy so as ouer?

Jou kind is dalk onhandig of sukkel met sekere bewegings
Konsentrasie en fokus by leer is soms ‘n uitdaging
Jy weet nie altyd watter aktiwiteite hul ontwikkeling regtig help nie.

Ons verstaan jou!
Kinderkinetika is nie net speeltyd nie , dit is ’n program wat balans, koördinasie, fokus én selfvertroue bou.

Elke sessie is ontwerp om jou kind se fisiese, kognitiewe en sosiale vaardighede gelyktydig te ontwikkel.

064 680 0809
info.kkinetika@gmail.com

Die grootste wanpersepsie oor Kinderkinetika is dat dit net "speeltyd" of "ekstra sport" is.Dit is misleidend omdat mens...
12/09/2025

Die grootste wanpersepsie oor Kinderkinetika is dat dit net "speeltyd" of "ekstra sport" is.

Dit is misleidend omdat mense d**k die kinders doen sommer net oefeninge of bewegings vir pret, sonder ’n dieper doel.

Wat mense eerder moet verstaan, is dat Kinderkinetika ’n wetenskaplik-ondersteunde program is wat die ontwikkeling van groot- en fynmotoriese vaardighede, koördinasie, balans, konsentrasie en selfs leerprestasie ondersteun.

Dit gaan nie net oor fisieke aktiwiteit nie, maar oor die opbou van die fondamentele bewegingspatrone wat ’n kind se algehele ontwikkeling beïnvloed , van akademiese gereedheid tot selfvertroue en sosiale vaardighede.

064 680 0809
info.kkinetika@gmail.com

Ons programme:Babakinetika 0-12 maande, Voorskoolse program 1 - 5 jariges, Welstand 6 + jariges, Perseptueel-motories6 -...
20/08/2025

Ons programme:

Babakinetika 0-12 maande, Voorskoolse program 1 - 5 jariges, Welstand 6 + jariges, Perseptueel-motories
6 - 9 jariges

Kontak ons gerus sodat ons JOU kind kan help :

064 680 0809
info.kkinetika@gmail.com

06/08/2025

Hoe om die vestibulêre stelsel te stimuleer:

Swaai op 'n swaai.
Rol op die vloer of op 'n oefenbal.Draai in sirkelbewegings.
Spring op 'n trampolien.
Klim en balanseer (bv. op 'n klimraam of balansstraal).

Kontak ons gerus sodat ons JOU kind kan help : 064 680 0809.
info.kkinetika@gmail.com

Leer ons personeel wat met jou kind werk, beter ken!Mauresmo is ‘n jong, energieke dame wat daarvan hou om vir haarself ...
05/08/2025

Leer ons personeel wat met jou kind werk, beter ken!

Mauresmo is ‘n jong, energieke dame wat daarvan hou om vir haarself nuwe uitdagings te stel. Sy het haar liefde vir kinders ontdek tydens haar studies, terwyl sy as praktiese ure ‘n 0/6 netbal spannetjie afgerig het.
Sy het daarna onmiddelik geweet sy wil graag kinders op ‘n meer spesifieke manier help om hulle volle potensiaal te berreik.

Sy het haar studies voltooi by Centurion Akademie en 'n diploma in sportbestuur verwerf.

Tekens van 'n swak vestibulêre stelsel by 'n kind:Val maklik of struikel dikwels.Sukkel met aktiwiteite soos fietsry, sw...
30/07/2025

Tekens van 'n swak vestibulêre stelsel by 'n kind:

Val maklik of struikel dikwels.
Sukkel met aktiwiteite soos fietsry, swaai of spring.
Word maklik naar of duiselig.
Soek voortdurend beweging (wil altyd spring, draai of klim).
Of – vermy beweging (hou nie van swaai, glybane of spin nie).

Kontak ons gerus sodat ons JOU kind kan help :

064 680 0809
info.kkinetika@gmail.com

Die vestibulêre stelsel is die deel van 'n kind (en volwassene) se liggaam wat verantwoordelik is vir balans, beweging e...
23/07/2025

Die vestibulêre stelsel is die deel van 'n kind (en volwassene) se liggaam wat verantwoordelik is vir balans, beweging en ruimtelike oriëntasie. Dis ’n belangrike deel van die senuweestelsel, geleë in die binne-oor.

Wat doen die vestibulêre stelsel?
Help jou kind weet waar hul lyf is in die ruimte (staan ek regop? hang ek onderstebo?).
Help met balans en koördinasie (soos om te loop sonder om te val).
Reguleer oogbewegings (sodat hulle hul oë op iets kan hou, selfs al beweeg hulle).
Speel 'n rol in liggaamsbewustheid en selfregulering.

Kontak ons gerus sodat ons JOU kind kan help :

064 680 0809
info.kkinetika@gmail.com

08/07/2025

Bollemakiesies is meer as net pret! Dit ontwikkel kernspiere, balans en ruimtelike bewustheid!
Kinders wat hierdie vaardigheid baasraak, verbeter ook selfvertroue en liggaamsbewustheid.

In hierdie video wys Lize-Marie jou hoe om vir jou kleuter of baba ondersteuning te bied totdat hulle die sommer self kan doen!
Wanneer laas het jou kind ‘n bollemakiesie gemaak?

Wat is Kinderkinetika?​Kinderkinetika is ‘n wetenskaplik-gegronde neuro-motoriese bewegingsprogram wat fokus op die opti...
01/07/2025

Wat is Kinderkinetika?

Kinderkinetika is ‘n wetenskaplik-gegronde neuro-motoriese bewegingsprogram wat fokus op die optimale ontwikkeling van kinders. Hierdie program word terapeuties, voorkomend en/of bevorderend aangebied om by die spesifieke behoeftes van u kind aan te pas soos vasgestel deur wetenskaplike evaluasies.

Address

1212 Walter Avenue, Waverley
Pretoria
0186

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:30 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Moot Kinderkinetika posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Moot Kinderkinetika:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram