Aylah Botha

Aylah Botha Aylah moet n hart operasie kry omdat Sy 2 gaatjies van 0.5cm elk in haar hartjie het. (ASD & VSD)

En so was dit vandag Aylah se eerste Atletiekdag! Sussie het dit omtrent geniet! Hulle het soveel moeite gedoen! 🥹❤️ Sy ...
01/11/2025

En so was dit vandag Aylah se eerste Atletiekdag! Sussie het dit omtrent geniet! Hulle het soveel moeite gedoen! 🥹❤️ Sy word nou heeltemal te vinnig groot! Sy sê nog net heeldag, "lekker gehardloop", so duidelik was dit n groot hoogtepunt. 💪🔥

Ons is so geseënd met Aylah wat floreer en gesond is! Ons is so so dankbaar! 🙏👑❤️

4 Generasies...Wat 'n voorreg! 🙏👑❤️Vier dogters, deur God se hand geweef,in liefde en genade leef hul, elkeen geheg en o...
30/07/2025

4 Generasies...Wat 'n voorreg! 🙏👑❤️

Vier dogters, deur God se hand geweef,
in liefde en genade leef hul, elkeen geheg en omgewe.
Ouma se gebede, fluister in die wind,
’n nalatenskap van geloof, vir kind na kind.

Ma wandel stil op die pad van trou,
met geloof in haar hart, en God as haar hou.
Sy dra die wysheid van jare se stryd,
en vertrou op die Here in donker en in tyd.

Die dogter groei onder die kruis se lig,
met Christus as anker, en hoop in haar gesig.
Sy dra die mantel van vrouwees met eer,
en leef tot Sy glorie, al verstaan sy nie altyd meer.

Kleindogtertjie lag soos ’n sonstraal sag,
’n nuwe skepping, aan God oorgedrag.
’n Belofte van toekoms, van lig en van rus,
’n lewe bestem vir die voetspoor van Jesus.

Vier generasies – deur geloof verbind,
’n goue draad wat deur eeue vind:
Dat vroue wat buig voor die Heer se stem,
sal sien Sy hand in elkeen van hulle.

❤️❤️❤️

Dankie vriendin Chante Van Deventer vir die pragtige fotos! Jy is maar net Amazing! Dankie dankie dankie!!!🥹❤️

N volle 18 maandjies jonk🤭❤️In die afgelope 6 maande het Aylah só gegroei! Nie net het sy weg gespring met haar lengte n...
12/07/2025

N volle 18 maandjies jonk🤭❤️

In die afgelope 6 maande het Aylah só gegroei!

Nie net het sy weg gespring met haar lengte nie maar haar persoonlikheid en woordeskat vat defnetief die koek! 🥹
Sy is rerig die definisie van n happy child... Sy LOVEEEEEE mense EN DIERE!❤️
Sy wil net vir almal halo sê selfs elke dier wat sy verby loop kry n halo en n drukkie.👋
Sy gesels aanmekaar en word by die dag slimmer.🩷
Sy klim en klouter asof sy geen vrees in haar het nie en sy pak alles met oorgawe aan. 🙏
Sy floreer by die skool en kan nie wag om elke dag haar maatjies en Juffrou te sien nie. 😊
Met eet het sy defnetief nie n probleem nie, veral die woord sweeeetie het nou vasgesteek... 🙌🙈

Ons is só geseënd en dankbaar vir elke oomblik wat ons saam met haar het. Sy maak ons lewens vol en sy raak nogsteeds elke dag mense se harte aan! Ons hou vas aan die groot roeping wat daar op haar lewe is en koester elke dag! ❤️

En met dit alles saam, word Aylah Ousus❗️ Sy kan nie wag vir haar maatjie nie. Sy kom gereeld na my toe en sê "mamma maatjie" en wys na my magie. 🥹 Ons word geseën met nog n lyfie en kan nie wag vir wat die Here vir ons beplan nie!

Dankie vir almal se oneindige liefde en ondersteuning!🙏

Baie liefde❤️

Vandag 19 April is Sussie se 1ste Heartaversary❤️Vandag kyk ons terug na die afgelope jaar en ons staan in verwondering ...
19/04/2025

Vandag 19 April is Sussie se 1ste Heartaversary❤️

Vandag kyk ons terug na die afgelope jaar en ons staan in verwondering oor hoe Amazing die Here is! Sy genade in ons lewens is onbeskryflik.

Ons is so so dankbaar dit is al n jaar terug wat sussie geopereer is. Mens vergeet so vinnig die hartseer en die pyn, en dan kyk mens terug na die fotos en dan wonder mens hoe ons dit gemaak het tot vandag toe... En dit is net genade!

Aylah bekkie, jy is en sal Altyd ons grootste Wonderwerkie wees! Jy het ons lewe heeltemal kom verander en ons oë vir soveel meer kom oopmaak!

Ons is ongelooflik lief vir jou lyfie❤️❤️❤️

13 Maandjies🤩 Die tyd staan beslis nie stil nie.  Ons het baie Eerstes gehad die laaste 2 maande.🥹 Haar 1ste Skooldaggie...
19/02/2025

13 Maandjies🤩

Die tyd staan beslis nie stil nie. Ons het baie Eerstes gehad die laaste 2 maande.🥹

Haar 1ste Skooldaggie.🎒
Sy het dit geloveeeeee! Sy was nie eers bly om my te sien toe ek haar die middag gaan haal het nie...Sy raak super excited elke oggend sodra ons by die skool stop. Dit doen haar só goed. 🙏

Haar 1ste Swemles.🐟
Sy is n natural, en sy geniet elke oomblik. En mamma ook. 🥹

Haar tannies van België af ontmoet vir die eerste keer. 💜
Sy het hulle op gespeel en heeltyd op hulle tone gehou. Hulle het haar omtrent bederf! Dankie vir die baie lekker kuier Karin Van Wyk . Ons mis julle alklaar!!

N jaar terug het ons nie gedink ons gaan wees waar ons vandag is nie lyfie... Jy is ons grootste geskenk en ons grootste wonderwerkie! Dankie dat jy n ligdraertjie van Jesus se liefde is! Ons is ongelooflik lief vir jou! ❤️❤️❤️

Hi julle❤️ Ons besige bytjie se eerste partytjie🐝Ons wil net baie dankie sê aan almal wat gehelp het en wat die spesiale...
18/02/2025

Hi julle❤️

Ons besige bytjie se eerste partytjie🐝

Ons wil net baie dankie sê aan almal wat gehelp het en wat die spesiale dag saam met ons kom deel het! Ons is so ongelooflik geseënd met mense wat ons lief het en ons ondersteun in elke oomblik!🙏

Dankie Mammie Petro’s cup’cakes vir die pragtige Koek, cupcakes en spesiale koekies wat Mamma gemaak het! Dit was nie net pragtig nie maak vreeslik lekker ook! Dankie vir al mamma se moeite en hulp ons waardeer dit so baie!❤️

Dankie vir al julle liefde, gebede en ondersteuning!!!❤️❤️❤️

Hi julle❤️Aylah was die 3de Desember 11 maandjies oud! 😱Dit was omtrent n besige maand wat verby is...Sussie het n volle...
05/12/2024

Hi julle❤️

Aylah was die 3de Desember 11 maandjies oud! 😱

Dit was omtrent n besige maand wat verby is...

Sussie het n volle 4 tandjies en sy is besig om nóg 4 te sny🦷🦷🦷🦷 Sy loveeeeee enige kossies en sy wil eet wat ons eet nie haar eie kossies nie.

Sy geniet dit om buite te wees en natuurlik water, water en nog water! Al beteken dit Tekiela se waterbak. 🤭

Sy het skaars gekruip toe besluit sy dit gaan te stadig nou loop ons... Die loop het vinnig ontaard in hardloop! Nou hou sy vir ons goed besig!!!🙌

Haar gunsteling liedjies is Oom Olifant en dan Hop Hop Spinnekop van oom Kurt... As enige musiek speel dan dans ons lyfie! 😍

Sy praat al vlot Chinese... Of so klink dit.😂 Sy het begin om haar stem vir ons dik te maak en sy gesels graag saam.

Sy was by haar eerste Dikololo familie naweek en sy het dit vreeslik geniet. Sy is omtrent bederf deur al die ooms en tannies!! Sy het haar verkyk aan al die diere en sy het selfs die Koedoes gevoer.🥹

Ons kan nie glo ons wonderwerkie is al amper 'n hele jaar oud nie! Tyd staan nie stil nie en sy ook nie!

Ons is waarlik so dankbaar en geseënd!! 🙏

Baie dankie vir almal se liefde, omgee en ondersteuning!!!!

Baie baie liefde,
Jua, JJ & Aylah ♥️

Hi julle, askies ek is bietjie laat...3 November = 10 volle maandjies oud! Ons liefste lyfie groeie elke dag! Sy word el...
05/11/2024

Hi julle, askies ek is bietjie laat...

3 November = 10 volle maandjies oud!

Ons liefste lyfie groeie elke dag!
Sy word elke dag sterker, slimmer en mooier.😍

Sy het n volle 2 tandjies wat reeds gesny het en dan is die 2 boonste tandjies besig om te sny. Die eerste rondte het ons dit baie maklik gehad, nie n doek van n dag oud nie. Maar die laaste 2 weke het opgemaak vir die eerste rondte. 🙌

Sy geniet dit vreeslik om saam met haar pappa te stort. En in die hitte is sy permanent in die water.
Sy het n nuwe woef gekry. Haar naam is Tekiela en hulle geniet mekaar vreeslik. Ons weet nie wie raak meer opgewonde Aylah of Tekiela nie.🤭

Nadat sy vir amper n week gekruip het, het sy besluit dit gaan te stadig na haar sin sy loop eerder hande viervoet. En as sy nie dit doen nie dan staan sy self teen alles op met of sonder hulp.

Dit is só n groot voorreg om haar elke dag te sien groei en ontwikkel. Sy maak ons harte en lewens vol! 🙌♥️

Dankie vir almal se gebede, ondersteuning, bemoediging en oneindige liefde!

Ons dien n God van Wonderwerke en Aylah is ons getuienis! 🙏

Baie liefde
Jua & JJ & Aylah ♥️♥️♥️

Hi julle♥️ Ek is bietjie laat...Aylah was Woensdag die 3de Oktober n volle 9 maandjies oud❗️❗️❗️My babbel bekkie jy is o...
06/10/2024

Hi julle♥️

Ek is bietjie laat...

Aylah was Woensdag die 3de Oktober n volle 9 maandjies oud❗️❗️❗️

My babbel bekkie jy is ons grootste seën!!! Jy het so gegroei die laaste maand dit is vreeslik erg. Ek wens party dae dat die tyd net kan stil staan sodat ons die oomblik bietjie langer kan geniet.

Sy het haar 2de tandjie gesny.
Sy het begin kruip.
Sy staan teen ALLES op.
Sy wil net beweeg.
Sy klap handjies en gee Hi-5's.
Handjies klap is haar gunsteling liedjie.
Sy eet al self haar kossies met net n klein bietjie hulp.
Sy wil net vleis, vleis, vleis hê!
Sy het defnetief n wil van haar eie maar sy bly die vriendelikste baba.
Badtyd word al hoe langer want sy wil net speel, as sy water sien dan begin sy al te skop.
As sy n boekie sien dan freak sy uit. Sy LOVE lees!

Sy is n regte droom baba.❤️🙏

Sy is geseënd met goeie gesondheid, baie vriendelikheid, n baie sterk lyfie en ongelooflik baie mense wat vir haar lief is! 👑👑👑 N regte Konings-Kind❤️

Ons wil net baie dankie sê vir almal se hulp, liefde, ondersteuning, geduld, trane af vee, drukkies gee, omgee en AL die gebede! Ons is só dankbaar!

Baie baie liefde'
JJ, Jua & Aylah ❤️❤️❤️

AGT MAANDE!!!Waar is die tyd heen? My baba ons is so ongelooflik trots op jou! ♥️Loop is binne kruip afstand...🙌 Aylah h...
04/09/2024

AGT MAANDE!!!

Waar is die tyd heen? My baba ons is so ongelooflik trots op jou! ♥️

Loop is binne kruip afstand...🙌 Aylah het haar 1ste tandjie gesny en droëwors is haar nuutste beste maatjie. Sy wil alles proe en sy geniet haar kossies vreeslik! Water water water!!! Sy loveeee dit! Tuin nat maak saam met pappa is haar gunsteling. Sy gesels met almal en sys altyd vriendelik. Sy is n regte droom-kind.🥰

Ons is ongelooflik geseënd met die liefdevolste klein lyfie! Sy bring vreugde en hoop orals waar sy gaan. Sy doen alles in die oortreffende trap! Sy sê al baba, pappa en mamma! En dit klink of daar n 'ouuu-ma' en 'ouuu-pa' wil wil deurkom. Sy gesels graag saam en wil niks mis nie. Sy is n regte adventurer😱

Ons is só dankbaar!!!🙏

Dankie vir almal se liefde, gebede en oneindige ondersteuning!!! Ons waardeer dit! ♥️♥️♥️

Hi Julle♥️ Dit gaan baie goed met Aylah. Sy groei en verander elke dag net meer en meer! Dit is amazing om te sien hoe s...
11/08/2024

Hi Julle♥️

Dit gaan baie goed met Aylah. Sy groei en verander elke dag net meer en meer! Dit is amazing om te sien hoe sy elke dag net nog n bietjie meer as gister doen.

Ons is ongelooflik geseënd!!!🙏

Baie liefde Jua & JJ♥️

Hi julle♥️Vandag is ons prinsessie n volle 7 maandjies oud. 🥹Die tyd vlieg ongelooflik vinnig. 🙌Sy sit al mooi regop en ...
04/08/2024

Hi julle♥️

Vandag is ons prinsessie n volle 7 maandjies oud. 🥹

Die tyd vlieg ongelooflik vinnig. 🙌

Sy sit al mooi regop en wurm haarself orals heen. Haar haartjies word nou lekker lank, die mamma kan nie wag om knippies in die hairs te sit nie. Sy lief haar kossies en wil alles proe. n Koppie fasineer haar vreeslik en dan is daai bekkie reg vir n slukkie. Sy het haar voetjies ontdek en speel graag met hulle. Sy slaap al deur die nag en gesels ons wakker in die oggende. Sy lief haar teddies en drukkie hulle heeltyd. Alles, alles, alles gaan mond toe!!! Sy lief mense en is vriendelik met ALMAL!!! Sy rol al self om en probeer self regop kom.

Sy doen ongelooflik goed ons is só geseënd!!!♥️🙏

Ons was by Dr Mitchell die Kardioloog vir haat 3 maande post op opvolg. Sy is baie tevrede met Aylah se vordering. Sy weeg 7.7kg en sy is 67cm lank. Dr kan nie eers sien waar hulle die opersie gedoen het op haar hartjie nie so mooi het dit genees. Haat kleppies lek ook nie meer nie waaroor ons baie dankbaar is.🙌

Ons is vreeslik lief vir jou ons liefie lyfie Jy is ons alles!!!♥️♥️♥️

Baie dankie vir almal se liefde en ondersteuning ons waardeer dit opreg!♥️

Baie liefde!

Address

Pretoria
0186

Telephone

+27768351594

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Aylah Botha posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram