Moot Med

Moot Med Multidisiplinêre mediese span in die hartjie van die Moot!

Bekostigbare sorg deur Dr Jana de Villiers 🩺Ons sorg vir jou:✓ Akute siektes 💊✓ Kroniese toestande 💉Ons bied ook:✓ Geson...
27/10/2025

Bekostigbare sorg deur Dr Jana de Villiers 🩺

Ons sorg vir jou:
✓ Akute siektes 💊
✓ Kroniese toestande 💉

Ons bied ook:
✓ Gesondheidsondersoeke 🥼
✓ Algemene ondersoeke 📝

📅 Bespreek jou afspraak.

☎️ 064 528 2510 | 064 553 2340
📍 Moot Med | 1052 Haarhoff Straat, Villieria

Nie ‘n plaasvervanger vir mediese advies nie. Praat altyd met jou dokter vir persoonlike leiding.🚫

Fisioterapie0645282510
17/09/2025

Fisioterapie

0645282510

Dr Jana de Villiers and Dr Charene Agenbach is holistic general practitioners at the Moot Med practice in the heart of V...
27/08/2025

Dr Jana de Villiers and Dr Charene Agenbach is holistic general practitioners at the Moot Med practice in the heart of Villieria. 💚

They are passionate about taking care of the whole family’s health: including treating skin conditions such as adolescent acne, colds and flu, children’s illnesses and needs, men’s and women’s health and screenings, as well as general aches and concerns.

They care for your quality of life and you can count on them to treat your acute illnesses and chronic diseases. 🩺

📞 064 528 2510 | 064 553 2340
📍 Moot Med, 1052 Haarhoff Street, Villieria

21/07/2025

03/07/2025

01/07/2025
RSV (Respiratory syncitial virus) 🦠 🤧 Wat moet ek weet?In Suid-Afrika strek die RSV-seisoen (tydperk waarin meeste infek...
22/05/2025

RSV (Respiratory syncitial virus) 🦠

🤧 Wat moet ek weet?
In Suid-Afrika strek die RSV-seisoen (tydperk waarin meeste infeksies gebeur) gewoonlik vanaf Februarie tot einde Mei.

😷 Wat is RSV?
RSV is een van die algemene virusse wat lugweginfeksies soos verkoue en bronchiolitis veroorsaak. Volwassenes ontwikkel selde ernstige simptome maar babas, kinders en bejaardes het ‘n verhoogde risiko vir ernstiger simptome en komplikasies (soos asemnood). Dit is een van die algemeenste oorsake vir hospitaal opnames onder kinders.

🥴 Diagnose
Simptome kan slegs ‘n aanduiding gee van moontlike RSV infeksie. Spesifieke diagnose word gemaak met ‘n PCR toets (deur ‘n laboratorium) op ‘n depperstokkie van die lugweg (soos ‘n COVID toets). Toetsing is selde nodig vir persone met matige simptome.

🤕 Simptome
Simptome sluit in verlies aan eetlus (babas wil nie meer drink nie), loop neus, toe neus, nies, hoes, koors, moeilike of vinnige asemhaling.
RSV infeksies kan in ‘n kort tydjie ontwikkel in asemnood.

💊 Behandeling
RSV infeksies word met simptomatiese medikasie behandel met die oog om koors te beheer en die neus en lugweg oop te hou. Suurstof en ander ondersteuning van asemhaling kan nodig wees in ernstige infeksies en lei tot opname in die hospitaal vir behandeling. Anti-biotika word nie as ‘n reël gegee nie aangesien dit nie doeltreffend is vir virusse nie.

🤒 Voorkoming
RSV is hoogs-aansteeklik (en kan veral vinnig in kleuterskole en dagsorgsentrums versprei). Om die risko te verminder: was gereeld hande, vermy kontak met siek persone en ander kinders sover moontlik, bou ‘n sterk immuunstelsel (dit verminder die risiko van komplikasies).

💪 Gevaartekens om voor uit te kyk
* ‘n Hoë koors wat nie reageer op anti-koors medikasie nie.
* Wil nie drink nie (risiko van dehidrasie en moontlike teken van asemnood)
* Asemnood: in kinders en babas kyk vir vinnige asemhaling, intrek van die borskas onder die ribbes, tussen die ribbes of in die nek, neusvleuels wat rek (vra jou dokter om vir jou te wys hoe dit lyk).

📞 064 528 2510
📧 info@mootmed.com
📍 1052 Haarhoff Straat, Villieria

‘n Blik op Influenza 🦠Die Influenza-virus is een van die algemene virusse wat verkoues en griep kan veroorsaak. Daar is ...
08/05/2025

‘n Blik op Influenza 🦠

Die Influenza-virus is een van die algemene virusse wat verkoues en griep kan veroorsaak. Daar is verskeie sub-tipes van die virus. Meeste infeksies weens die Influenza-virus gebeur in die vroeë winter en duur voort deur die res van die winterseisoen.

🤧 Simptome sluit in: hoofpyn, loop / toe neus, keel seer, oorpyn, lyfseer, koors, hoes. Meeste infeksies is nie ernstig nie (al voel mens goor) maar soms is opname in die hospitaal nodig vir gekompliseerde gevalle.

💉 Griepinentings kan help om die waarskynlikheid van ‘n Influenza-infeksie wat siekte veroorsaak te verminder (maar dit nie heeltemal elimineer nie) en kan ook die ernstigheid van die simptome verminder.

💊 Behandeling is gewoonlik daarop gemik om simptome te verlig maar Tamiflu kan help om die ernstigheid en duur van simptome te verminder indien dit binne die eerste 48-72 uur (2-3 dae) vanaf die begin van simptome gegee word. (Tamiflu is nie effektief teen meeste ander griep / verkoue virusse nie). Antibiotika is nie effektief teen virusse nie en moenie as ‘n reël gegee word nie (kan oorweeg word in moontlike sekondêre bakteriële infeksies).

📞 064 528 2510
📧 info@mootmed.com
📍 1052 Haarhoff Straat, Villieria

Address

1052 Haarhoff Street
Pretoria
0186

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Telephone

+27645282510

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Moot Med posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram