01/12/2020
Liewe pasiënt
Baie dankie vir u ondersteuning by Pierneef Med Mediese praktyk oor die afgelope jare. Dit is met ‘n swaar hart dat ons u egter in kennis moet stel dat Pierneef Med op 15 Desember 2020 permanent gaan toe maak.
Ons wil u graag aanmoedig om u fisiese leêr by die praktyk te kom afhaal voor 15 Desember 2020.
Indien u nie kan nie, moet u asseblief voor 15 Desember reëlings tref in verband met u leêr.
Dr Stefanie van der Merwe beplan om van 4 Januarie 2021 ‘n praktyk te begin op dieselfde perseel.
Pierneef Med groete