Huis Kweekvallei

Huis Kweekvallei Huis Kweekvallei is 'n tehuis vir bejaardes op Prins Albert. ‘n Skoon, veilige en gelukkige huislike omgewing vir elkeen van ons bejaarde inwoners.

26/09/2025
Dit bly vir ons elkeen hartseer om kosbare inwoners finaal op hierdie aarde te groet….Gedurende Augustus moes ons afskei...
11/09/2025

Dit bly vir ons elkeen hartseer om kosbare inwoners finaal op hierdie aarde te groet….

Gedurende Augustus moes ons afskeid van twee besondere mans neem…Mnr Chris Janse van Rensburg en mnr Colin Godfrey…elkeen met hul eie besondere geaardheid, lewenservarings en persoonlikheid….

Ons mis hulle reeds BAIE en sal hulle nie vergeet nie…

Ons bly d**k ook spesiaal aan dié families….🤗 Mag ons liefdevolle Vader jul elkeen vertroos…

Ons is diep dankbaar vir die reuse donasie van die Geziggies pre-primêre skool, wat hul met Mandeladag ingesamel het, te...
03/09/2025

Ons is diep dankbaar vir die reuse donasie van die Geziggies pre-primêre skool, wat hul met Mandeladag ingesamel het, ten bate van Huis Kweekvallei. Dit maak ‘n reuse verskil aan ons voedsel voorrade! Baie dankie, Aletta Laing en span! Ons het groot waardering vir jul omgee! 🤗

18/08/2025
25/07/2025
Aansoeke word ingewag vir.versorgers en/of assistant verpleegsters
15/07/2025

Aansoeke word ingewag vir.versorgers en/of assistant verpleegsters

15/07/2025

Huis Kweekvallei se kombuis is dringend op soek na die koffiesakke, wat binne in koffiepotte vir moerkoffie gebruik word, as enigiemand ons asb met ‘n kontak kan help? Baie dankie!

Ons liefste tannie Marieta is vannag skielik na haar Hemelse tuiste…hoe mis ons almal haar nie reeds nie!! Daar was nie ...
15/05/2025

Ons liefste tannie Marieta is vannag skielik na haar Hemelse tuiste…hoe mis ons almal haar nie reeds nie!! Daar was nie eens tyd vir groet nie…

Ten spyte van haar gesondheidsuitdagings het sy altyd net gekyk wat sy vir iemand anders kan doen….of dit ‘n pakkie besluit, of iets kreatief met ‘n fotoraam is, of ‘n lekker geselsie met haar bure….haar hart so wyd soos die Karoovlaktes. ❤️ Dié grappies was altyd ruim!!

Tannie Marieta se liefde vir haar gesin - kinders, kleinkinders, agterkleinkinders- het geen grense geken nie!! Sy het daagliks geweet hoe dit met elkeen gaan.

Ons gaan haar baie mis en haar inspirerende voorbeeld probeer ná volg…

Ons diepste medleys met haar geliefde familie - kinders, kleinkinders en agterkleinkinders 🥰

Ons ander skof kleur net so mooi in en blom saam in Huis Kweekvallei, nie net op Internasionale Verpleegstersdag nie, ma...
14/05/2025

Ons ander skof kleur net so mooi in en blom saam in Huis Kweekvallei, nie net op Internasionale Verpleegstersdag nie, maar ook elke ander dag! Ons waardeer julle!! ❤️

13/05/2025

Gelukkige Internasionale Verpleegstersdag aan elke verpleegster en versorger by Huis Kweekvallei!! Ons waardering kan nooit genoeg in ‘n klein bederf betoon word nie! Baie baie Dankie vir elke dag se lang ure en toegewyde, kosbare sorg aan elke inwoner.

Ons waardeer julle en dit was heerlik om vanmiddag saam met julle te koffie-en-muffin en kreatief te raak!! Hier is hope talent!!! ❤️

Gelukkige Internasionale Verpleegstersdag aan elke verpleegster en versorger by Huis Kweekvallei!! Ons waardering kan no...
12/05/2025

Gelukkige Internasionale Verpleegstersdag aan elke verpleegster en versorger by Huis Kweekvallei!! Ons waardering kan nooit genoeg in ‘n klein bederf betoon word nie! Baie baie Dankie vir elke dag se lang ure en toegewyde, kosbare sorg aan elke inwoner.

Ons waardeer julle en dit was heerlik om vanmiddag saam met julle te koffie-en-muffin en kreatief te raak!! Hier is hope talent!!! ❤️

12/05/2025

Baie dankbaar aan die Prins Albert Kamerkoor vir jul pragtige liedkeuse en lieflike stemme en harte, wat julle op Moedersdag met ons kom deel het! 🎶❤️

Address

Pastorie Street
Prince Albert
6930

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huis Kweekvallei posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Huis Kweekvallei:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram