12/04/2026
Baie dankie aan die Vryburger Omgeemense van Ceres en hul borge wat ons Saterdag bederf het tydens hulle jaarlikse Tamaaibraai! Die inwoners het die heerlike worsrolletjie en sosaties baie waardeer. Dankie ook aan (Ronel en haar span) vir hul bydrae.