11/03/2026
Katarak chirurgie gee jou visie weer die hupstoot wat JY nodig het om die wêreld in FOKUS te sien!
Meeste mense rondom die ouderdom van 50 jaar en ouer ontwikkel ‘n katarak…hoewel die toestand enige ouderdomsgroep kan affekteer.
Voor katarak chirurgie is dit belangrik om die beste toepaslike intra-okulêre lens vir jou daaglikse lewe en persoonlikheid te kies.
Ons help ons pasiënte graag met die volgende lens keuses:
1. Enkel visie korreksie met die klem op afstand visie.
2. Enkel visie korreksie met die klem op naby visie.
3. Monovisie korreksie
a. Hoewel die konsep aanvanklik vreemd mag wees vir sommiges, beteken dit dat die dominante oog se visie vir afstand gefokus word, terwyl die non-dominante oog se fokus vir naby visie ingestel word.
b. Alvorens so ‘n aanpassing gedoen word, word die konsep vooraf behoorlik getoets om seker te maak dat dit vir die persoon sal werk.
4. Multifokale korreksie
a. Beide oë ontvang ‘n sogenaamde “premium” lens wat naby, intermediêre- en afstandsvisie korrigeer.
Aanvullend tot die voorafgaande is dit moontlik om gelyktydig astigmatisme te korrigeer, wat impliseer dat die pasiënt na die prosedure minder afhanklik van ‘n bril gaan wees.
Kontak ons gerus vir ‘n volledige katarak evaluasie!
012 333 1111 / info@lasik.co.za