Reddersrus SVB

Reddersrus SVB We provide a loving home for independent seniors and 24 hour care for semi and dependent seniors

Ondersteun ons fondsinsameling deur ons jaarlikse kermis by te woon op 9 November of 'n skenking te maak aan Reddersrus ...
21/10/2024

Ondersteun ons fondsinsameling deur ons jaarlikse kermis by te woon op 9 November of 'n skenking te maak aan Reddersrus Sentrum Vir Bejaardes.
Indien u enige skenking wil maak kontak: Lizelle 065 729 2386 of Maruska 082 4054628.
Aangeheg is 'n lys van benodighede, kontant skeking is ook baie welkom.

Ondersteun Reddersrus Sentrum Vir Bejaardes met Engo se Projek van Hoop 2024 en staan 'n kans om 'n Renault KWID LIFE te...
02/10/2024

Ondersteun Reddersrus Sentrum Vir Bejaardes met Engo se Projek van Hoop 2024 en staan 'n kans om 'n Renault KWID LIFE ter waarde van R196 999 te wen.
Minimum Donasie van R30 per kaartjie.
EFT is moontlik en kaartjies sal per epos of WhatsApp gestuur word indien nie woonagtig te Reddersburg. Skenkers landswyd kan ons ondersteun.
Sluitingsdatum: 15 November 2024
Aankondiging van Wenner: 13 Desember 2024

16/09/2022

REDDERSRUS SENTRUM VIR BEJAARDES

Beskik tans oor die volgende vakature:

GEREGISTREERDE VERPLEEGKUNDIGE

Posvereistes:

• Applikante moet oor die nodige kwalifikasie en/of ondervinding beskik
• Minimum 5 jaar verpleeging ondervinding
• Geregistreerd wees by SARV
• Ondervinding in Bejaardesorg sal voordelig wees.
• ‘n Geldige rybewys en PDP
• Moet Afrikaans en Engels magtig wees
• Uitstekende kommunikasie-, administratiewe- en rekenaar vaardighede
• Goeie menslikheidsverhouding
• Christelike Geloofsoortuiging
• Primêre gesondheidsorg kwalifikasie sal voordeel geniet

Kontakbesonderhede van vorige werkgewer/s
Pligte :

• Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir die hoë kwaliteit omvattende versorgingsdienste aan die verswakte bejaardes,
• Toesig oor versorgers en
• Die admininstrasie van medikasie.

Diensvoordele:

• Salaris onderhandelbaar
• Diensbonus
• Pensioenfonds
• Dertiende Tjek
• Verlof

Sluitingsdatum: 31 Oktober 2022
Aansoekvorms:

• Aansoeke met ‘n volledige CV, afskrif van identiteitsdokument en afskrif van SANC kan ge epos word na reddersrus2@zipplink.co.za
• Navrae: Mev Lizelle Nel
Telefoonnommer: 051 553 0004 / 065 729 2386
Die werkgewer behou die reg om nie die vakature te vul nie. Suksesvolle kandidate sal binne vier weke in kennis gestel word of die aansoek suksesvol was al dan nie. Indien geen terugvoer ontvang is in die vier weke tydperk nie moet aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.

Op Dinsdag, 6 September het Renier en sy span wat die  van Klerksdorp na Oos-Londen doen, by ons inwoners kom kuier.  Hu...
15/09/2022

Op Dinsdag, 6 September het Renier en sy span wat die van Klerksdorp na Oos-Londen doen, by ons inwoners kom kuier. Hulle het ongelooflike getuienisse gedeel en ek glo dat almal wat dit bygewoon het, het daardie dag uitgestap met harte vol nuwe moed en groter liefde vir God se Genade.

Ons het Lentedag gevier met ‘n heerlike oggend waar die Graad 7 Spreekkoor van Hendrik Potgieter Skool, ons inwoners kom...
15/09/2022

Ons het Lentedag gevier met ‘n heerlike oggend waar die Graad 7 Spreekkoor van Hendrik Potgieter Skool, ons inwoners kom verras het met ‘n gedig, hulle was uitstekend.
Ons het die verrigtinge afgesluit met ‘n heerlike stuk koek, tee en koffie.
Baie dankie aan Juffrou Anri Coetzee en haar Graad 7 Spreekkoor vir die lieflike seën, asook geluk met die A+ uitslae wat julle ontvang het.
Engo Free State LandboU SkooL HendriK poTgieTer..

Klub Herfsblare se sop-en-sjerrie-aand was ‘n groot sukses op Vrydag, 26 Augustus. Die inwoners en gaste het die karaoke...
15/09/2022

Klub Herfsblare se sop-en-sjerrie-aand was ‘n groot sukses op Vrydag, 26 Augustus.
Die inwoners en gaste het die karaoke saam met Jaco geniet en baie pret gehad. Dankie aan almal wat ‘n bydrae gemaak het asook Jaco wat dit reg gekry het om die lewensopwinding terug te sit in die harte van ons inwoners en gaste.

Engo Free State / Medi-Kliniek BloemfonteinOns wil u opreg bedank vir die 4 –Hospitaal beddens wat ons sentrum as donasi...
15/09/2022

Engo Free State / Medi-Kliniek Bloemfontein
Ons wil u opreg bedank vir die 4 –Hospitaal beddens wat ons sentrum as donasie van Medi-Kliniek ontvang het.
Die inwoners wat die beddens gebruik is ongelooflike dankbaar, so ook ons personeel.
Die beddens stel ons personeel in staat om beter met ons inwoners te werk en hulle makliker te hanteer.
Skenkers, soos julle, maak dit vir ons sentrum moontlik om die beste sorg vir ons inwoners te bied asook vir ons om voort te bestaan.
Mag ons Vader u seën.

  Help ons Sentrum om 'n verskil te maak vir ons inwoners.  Dankie aan die skenings wat ons tot dusver ontvang het! Ons ...
15/09/2022

Help ons Sentrum om 'n verskil te maak vir ons inwoners. Dankie aan die skenings wat ons tot dusver ontvang het! Ons waardeer elke

11/05/2022

Nog meer rede om ons Engo stalletjie te besoek by Bloemskou !!! Engo het die wisseltrofee vir die uitstaller wat homself die beste bemark gewen 🏆🏆🏆

Ondersteun ons Fondsinsameling!!!
23/11/2021

Ondersteun ons Fondsinsameling!!!

If you do what you love, you'll never work a day in your life. Marc Anthony
14/08/2021

If you do what you love, you'll never work a day in your life.
Marc Anthony

Dit is n ongelooflike voorreg om deel te wees van die groep mense dankie       🙏
07/08/2021

Dit is n ongelooflike voorreg om deel te wees van die groep mense dankie 🙏

ENGO SKEP MOED

Ons grootste waardering en dank aan Bloemcare Psychiatric Hospital en Diana Nel vir die aanbied van die COVID-19 ontlading-sessie aan ons Bejaardesorg bestuurders.

Die bestuurders het dit bitter nodig gehad en het baie ondersteuningsmeganismes geleer wat hulle kan toepas in hulle alledaagse lewe tot voordeel van hulself, die inwoners en personeel van hul Sentrums gedurende hierdie uitdagende tye.

Ons bestuurders is ongelooflik spesiaal vir Engo en ons is verskiriklik trots op hulle!

Hou aan met die uitmuntende werk.

Address

55 Van Der Haer Street
Reddersburg
9904

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Reddersrus SVB posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Reddersrus SVB:

Share