
30/09/2024
Onthou dit is mammogram maand! Alle vroue bo 40: Moenie hierdie belangrike afspraak vergeet nie! Ons lewer n omvattende en persoonlike diens en ons pryse is uiters mededingend met groot afslag in Oktober. Anders as wat baie dames d**k, is dit n pynlose ondersoek.
Dr Myburgh diagnoseer jaarliks vroue wat vir roetine mammogramme gekom het, met geen simptome nie, met borskanker. Dit kan enige een oorkom!
Dr Myburgh het n moderne, digitale mammogrammasjien, en mammogramme is een van sy spesialis-gebiede. Hy is die enigste radioloog in die land wat self geakrediteer is om mammogramme te doen. Sy diens is omvattend met n ondersoek, mammogram asook n sonar-ondersoek. Dr Myburgh is uiters professioneel en baie geliefd onder sy pasiente. Maak nou hierdie belangrike afspraak! Skakel ons by 0231000910 en vra vir die Robertson-tak. Ons doen ook mammogramme in Bredasdorp teen dieselfde groot afslag.