17/03/2023
LET THE BLIND SEE - Maart 2023
Die derde maand van die jaar is hier en elkeen van ons is op ʼn ander plek in ons lewe. Van ons sukkel om te sien hoe die jaar beter gaan uitdraai. Van ons sukkel om te sien hoe ek als gaan kan betaal dalk aan die einde van die maand en van die mense hier in ons dorp sukkel om die Koninkryk van God te sien.
My hart is oortuig dat as ons stil raak, die Woord oop maak en regtig stadig en met begeerte lees om Hom te kan sien, ons oë oop sal gaan vir Wie Hy in ons is en ons in Hom!
God is soveel meer as net God, hoekom sal ek sê net God? Want elkeen wat tans besig is om die te lees sien ʼn ander deel van wie Hy nou in hulle lewens is.
Vir sommige is Hy tans die Redder want hulle het onlangs tot redding gekom so hulle sien Hom as Redder of die “HERO” van hulle storie. Ander beleef Hom dalk op die tyd as die Voorsiener van finansies want hulle het dalk hulle werk verloor en Hy voorsien nou aan hulle op ʼn ander manier. Daarom is dit belangrik om konstant jou denke te vernuwe in wie Hy is. Tyd vat om in afsondering te gaan sit en bid, “ Here maak my oë oop vir wie U is, wat sien ek nog nie raak oor wie U is nie Here, help my ongeloof in die volgende area / areas en maak my oë oop vir U goedheid, krag en almag…”
Wanneer ons die Woord oopmaak nadat ons met so hart van gebed kom en die Here soek in die Woord, sien ons Hom ook anders. Beleef goed oor Hom wat ons nie ken nie en raak verlief op iets nuut van Hom wat ons nog nooit raakgesien het nie.
Die grootste tragedie van ons tyd is nie loadshedding wat huise donker laat in die aande nie, die grootste tragedie van ons tyd is donker harte, donker oë wat blind of dof is. Oë wat God se goedheid, krag en almag nie kan sien nie of nie meer duidelik kan sien nie en dan ʼn opinie vorm en deel op sosiale media oor wie en wat hulle glo oor Hom.
My hart vir elkeen van ons in die maand is dat die blindes in Kruislig en mense in Rustenburg wat nog nie heeltemal sien nie, se oë sal verlig word, duister en opinie sal vlug en mense God sal beleef met helder oë.
Baie Liefde Andre